OM NA GOD TE LUISTER.

In ons gemeente is ons besig met “Stephen Ministry” opleiding. Ons lei lidmate op om mense in nood geestelik te versorg. Die belangrikste “instrument” in ons “toolbox” is luister. Ons het gisteraand geleer dat ons op so ‘n manier moet luister dat die ander persoon die behoefte het om meer en meer te praat. Ons moet luister vir inhoud/feite, emosies en dan geestelike kwessies oor mens se belewenis of ervaring oor God.

Aan die einde van die aand het ons ook gesê dat ons op dieselfde manier na God moet luister. Ons het vir elkeen 7 minute op sy eie gegee. Elkeen kon een van vier skrifgedeeltes kies en dan moes hy/sy daardie skrifgedeelte gebruik om na God te luister.

Ek het Jesusa 40:25-31 gekies. So het ek gehoor:

25 Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek? vra die Heilige.
26 Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie.
27 Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”?
28 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
30 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val,
31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

INHOUD: God kan met niks of niemand vergelyk word nie; God is die Heilige; God is die Skepper; Hy weet hoe ek voel en wat ek dink (Vers 27); God word nie moeg; God raak nie uitgeput nie; God se insig is ondeurgrondelik; (Vers 28)

EMOSIE: Ek voel die Here laat my soms in die steek; Ek voel soms die Here sien my nie raak nie; Ek voel soms die Here gee nie om wat van my word en wat met my gebeur nie; (Vers 27)

ONS VERHOUDING: Hy gee my krag wanneer ek uitgeput is; Hy versterk my wanneer ek nie meer kan nie; (Vers 29)

NB!: My belewenis of ervaring van hoe God is, is nie noodwendig reg nie. Ek raak moeg en uitgeput en voel dat God nie meer omgee nie, omdat ek te veel waarde heg aan hoe ek die dinge wat met my gebeur interpreteer en verstaan. Die regte manier is om te aanvaar dat God se Woord meer gesag het as my ervaring of my verstaan van my ervaring. Ek moet eerder glo wat God se Woord oor Hom sê as wat ek my ervaring en my en ander se verstaan van my ervaring glo.

Wanneer ek kies om so oor God te dink en glo, plaas ek my vertroue in Hom en dan kom ek agter dat ek met arendsvlerke vlieg. (Vers 31)

Dit was vir my wonderlik om weereens te beleef dat ek in net sewe minute op so ‘n manier na God kon luister dat Hy weer my vir my ‘n nuwe perspektief op dinge gee. God staan inderdaad gereed om altyd na ons te luister.

5 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

5 responses to “OM NA GOD TE LUISTER.

  1. Pat Mocke

    Baie dankie vir al hierdie pragtige kop krappers. Een ding vir seker, dit laat n mens permanent self ondersoek doen [net om n bietjie nader aan Jesus te kom] wat n bargain.

    Mag ek asb vra dat julle almal vir die Kairos gevangenis
    bediening aksie sal bid oor die volgende paar dae aangesien ons die Klerksdorp gevangenis in beweeg vanaf vandag tot Sondag

  2. voetjies

    Hoe het God my nie vanoggend gelei na jou blog toe nie? Ons oudste dogter (20) het haar verhouding van 4 jr gebreek. Sy verval toe in ‘n depressie so erg dat ons haar laat opneem vir behandeling. Ek het ook vir haar hierdie verse as versterking gegee. Dankie vir die waardevolle uitleg!!! (Dit gaan na 3 dae se terapie al BAIE beter met haar !!!) Alle dank aan ONS VADER!!!

  3. Fanie

    Die “Stephen Ministry”- opleiding is vir my ‘n wonderlike ervaring.
    Ek vind dit baie vreemd om te hoor (veral by tieners) dat hulle kwaad is vir God. My pa het “respek vir ander mense” dalk te hard in my ingedril en kan nie indink dat iemand vir ‘n almagtige, alwetende en liefdevolle God kan kwaad wees nie. Dit kom seker van die absolute vertroue dat Hy in beheer is en selfs die slegste dinge wat Hy toelaat om met my te gebeur, uit goeie intensies gebore is of my eie slegte, ongehoorsame keuse is- AL VERSTAAN EK DIT NIE! Dit beteken egter dat daar ‘n hoofstuk in my notaboek is oor vrae aan my Verlosser wanneer ek Hom eendag ontmoet wat begin met: “Hoekom het U toegelaat dat…?”

  4. Se maar net

    Attie,
    Ja luister sal ek versker nog beter luister na Woensdag
    Ek het Matt.6:25-34
    Hierdie gedeelte is al lankal deel van my lewe.So ek ken dit eintlik uit my kop, maar ek leer elke keer weer iets nuuts
    Wat ek gehoor het…..
    Die voeltjies sorg Hy voor Hulle groei en word groot …Hoe wonderlik is dit ? Voeltjies het nie salarisse of inkomste nie en hulle word nie honger nie….Veldlelies groei baie mooi……hoekom wil ek my dan bekommer?????
    Wat gebeur as ek bekommerd is? …..gee dit my kos , klere of maak dit my gelukkig?
    Nee, Here dit verleng nie my lewe nie….sOOOOOO WAAROM BEKOMMER JY JOU?
    Geloof Here ek hoor U dit is die belangrikste en vertoue in U…
    U se beywer my allereers vir U
    Dankie Here ek het weer geleer om na U te luister
    Ek hoop julle sal ook leer om weer beter na jul kinders te luister….want God praat ook daaroor met my….ek leer nog steeds

  5. voetjies: Welkom by die blog. Kom kuier gerus weer. En baie sterkte met jou dogter. Kom deel hier met ons hoe gaan dit. Dit is anoniem en dra saam aan jou swaarkry.
    Fanie: Dankie vir jou inset. Ek het ook eintlik meer vrae as antwoorde.
    Sê maar net: Twwe ore en een mond. Sodat ons twee keer soveel sal luister as wat ons praat. Jy doen goed.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s