HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (7)

Geestelike groei is die gevolg van ‘n langdurige gehoorsaamheid in dieselfde rigting. Geestelike groei gebeur nie oornag nie en geestelike groei is nie beperk net tot sekere dele van ‘n mens se lewe wat op sekere tye geraak word nie. Geestelike groei behels dat ek in alle fasette van my lewe al hoe meer gehoorsaam raak. Ek bestudeer die Woord met die doel om ‘n antwoord te kry op hierdie vrae: Wie is God? Wie is ek ? Wat wil Hy het moet ek doen?

Vandag se drie vrae waarmee ons ons geestelike lewe kan evalueer is:

19. Om in Christus Jesus as die Seun van die lewende God te glo is die kern van die evangelie, en (1) Ek sien geloof as dat ek die regte dinge oor God glo; (2) Ek sien geloof as dat ek Christus Jesus as my persoonlike Verlosser aanneem; (3) Ek sien geloof as ‘n keuse wat ek maak om Christus Jesus elke dag te volg; (4) Ek sien geloof as ‘n voortgesette vertroue in God; (5) Ek sien geloof as ‘n saak vir die verstand, hart en siel.

20. Geestelike groei en vorming is net moontlik indien ek in die krag en die liefde van die Here Jesus lewe, (1) maar as gevolg van my omstandighede is dit vir my haas onmoontlik om die hele tyd in die Here se krag en liefde te lewe; (2) dit is vir my moeilik om die hele tyd in die Here se krag en liefde te lewe; (3) Dit is vir my moeilik om die hele tyd in die krag en liefde van die Here te lewe, maar ek leer en kry dit al hoe meer reg; (4) Ek beleef dit as ‘n uitdaging om op hierdie manier in die teenwoordigheid van die Here te lewe, en ek is dikwels suksesvol daarin; (5) Ek leef die hele tyd in die krag en liefde (d.w.s. die teenwoordigheid) van die Here.

21. Indien God werklik God is en indien Jesus werklik die mensgeworde Seun van God is, dan vorm ‘n lewe vir Hom en ‘n lewe in gehoorsaamheid aan sy wil, ‘n wesenlike deel van my geestelike groei en vorming. (1) Die term “lewe vir Hom” of “of gehoorsaamheid aan sy wil” is vir my aanvaarbaar;  (2) Ek weet dit is belangrik dat ek vir die Here sal lewe, maar dit bly nog steeds vir my baie moeilik; (3) Ek beleef dat dit die meeste van die kere vir my goed is om in gehoorsaamheid aan die Here wil te lewe; (4) Dit is vir my goed om my aan die wil van God vir my lewe te onderwerp, en ek is besig om daarin te groei; (5) Ek beleef dat om in volkome gehoorsaamheid aan die wil van God te lewe die mees bevrydende ding is wat ek moontlik kan doen.

19: 5 – Dankbaar om te kan sê dat ek geloof beskou as iets wat elke stukkie van my lewe raak.

20: 4 – Dit is my grootste uitdaging om 24/7 in die teenwoordigheid van die lewende Here te leef. Ek kry dit met tye reg, maar daar is nog baie werk. Ek sukkel om die effek van die tyd waarin ek groot geword het af te skud. In die tyd toe ek in my geestelike kinderskoene geloop het, is jou geestelike volwassenheid gemeet aan of jy daagliks stiltetyd hoe en elke Sondag kerk toe gaan. In die laaste tyd besef ek dat altwee daardie dinge net die stimulus is om 24/7 in die teenwoordigheid van God te lewe. Ek besef vandag dat sonder daardie twee dinge is mens se verhouding met die Here bietjie pap, maar net daardie twee dinge help nou ook nie juis om my lewe as Christen dinamies en bevredigend te maak nie. Dit is my lewensideaal om 24/7 Coram Deo – voor die aangesig van God – te lewe.

21: 4 – Ek beleef dat dit goed en uiters bevredigend is om in gehoorsaamheid aan die wil van God te lewe, en ek is besig om te groei. Ek droom van die dag dat ek sal kan sê: Ek is volkome gehoorsaam aan die wil van God – Ek is vry – 100% vry. Ek dink egter dit sal eers wees die dag wanneer ek my plek in die Vader se huis inneem, maar tot dan sal ek leef asof dit hier en nou alreeds moontlik is.

Hoe gaan dit met jou?

3 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie, Nagedink

3 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (7)

  1. Volharding

    Attie,

    Hoe kan ek net al die 7’s van “Hoe lyk jou geestelike lewe” print, sodat ek vir my man kan wys. (sonder al die comments).

    Dankie

  2. Volharding: More is die laaste drie vrae aan die orde dan sal ek een inskrywing maak waar mense al die vrae kan aflaai.

  3. Se maar net

    Hallo Attie
    Nou eers weer tyd in n basige week:
    Vraag 19: 5 Doen dit met my hele lewe
    20:3/4 Dit is vir my n moeilike besluit ussen heirdie 2
    Die uitdaging is dit beslis maar… ek vaal nog baie
    21:4 Ek groei ….ek groei… elke dag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s