HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (5)

Isaac Newton se eerste wet van beweging lees so: “Everything continues in a state of rest unless it is compelled to change by forces impressed upon it.” God die Vader het aan elkeen van sy kinders die Heilige Gees gegee. Die Heilige Gees in ons word hierdie krag wat op ons as gelowiges uitgeoefen word om deurlopend te verander en alles te word wat God die vader bedoel het ek moet wees.

Ek het onlangs weer gelees van ‘n man wat duik met die doel om skaars vissoorte vir tuis- aquariums te vang. Volgens die man is ‘n klein haaitjie een van die mees gesogte visse wat mense graag in hulle aqauriums wil hê. Hy het verduidelik dat as jy ‘n klein haaitjie van en dit inperk in ‘n klein ruimte, sal dit net so groot bly as wat hy gemaklik binne daardie aquarium kan rondbeweeg. Die groei van die haai word beperk deur die grootte van aquarium. ‘n Haai kan net 12 cm lank wees, maar tog ten volle volwasse. Maar as jy daardie haai sou loslaat in die oseaan, sou die haai groei tot sy normale grootte van 3 meter.

Dit is presies wat met sommige Christene gebeur. Ek het al die oulikste Christene gesien rondswem in “poeletjies”. Jy kan na hulle kyk en kommentaar lewer op hoe oulik hulle is. Maar indien jy daardie selfde haai sou loslaat in ‘n groter omgewing, sal jy waarskynlik baie verbaas wees oor dit waartoe die haai ontwikkel.

Ek is daarvan oortuig dat die Here bedoel het dat ons in die groter poel moet swen en alles word wat Hy bedoel het ons moet wees. Hierdie vrae is bedoel om vir ons ‘n klein bietjie insae te gee in die groter see van geleenthede waar ons kan groei.

13. As ‘n volgeling van Jesus reken ek dat (1) ek die meeste verander het net na my “bekering” en ek erken dat ek daarna nie regtig baie verander het nie; (2) Ek het ‘n klein bietjie verander na my bekering, en nog ‘n klein bietjie nie baie lank daarna nie; (3) Ek het nogal op onvoorspelbare maniere verander sedert my “bekering”; (4) Ek het deurlopend bly verander sedert my “bekering”; (5) Ek is elke dag bewus daarvan dat ek moet groei.

14. Wanneer ek nadink oor die moontlike invloed wat ek in my wêreld vir die koninkryk kan hê, (1) droom ek en dink ek daaraan om die mense by die bestuur van die stad of dorp te beïnvloed; (2) droom ek groot en probeer ek mense met invloed kontak; (3) droom ek realisties en ek kontak mense wat ek dink my dalk sou kon help; (4) droom ek realisties en ek kontak my beste vriende; (5) droom ek groot en ek wys liefde vir almal met wie ek in aanraking kom.

15. Ek ondersteun reg en geregtigheid wanneer (1) ek die wat oortreders straf onderstreun; (2) ek die verkeerdhede van die persone in magsposises regstel en uitwys; (3) ek goed doen aan alle mense; (4) ek my naaste net so liefhet as wat ek myself het; (5) ek help ander om te leer hoe hulle God meer lief kan hê as enige iets anders en ander mense net so lief as wat hule hulleself het.

Vraag 13: Ek is baie bewus daarvan dat ek geestelik moet bly groei, maar ek weet nie altyd presies wat die volgende “plek” is waarheen ek moet groei nie.

Vraag 14: Ek het nagedink oor die moontlike invloed wat ek vir die koninkryk kon hê en toe het ek hierdie “blog” begin waar ek met ander mense oor die Here se liefde en genade kan deel.

Vraag 15: Genadiglik is ek as predikant in die posisie waar ek ander kan leer om God meer lief te hê en hulle naaste soos hulleself.  

2 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie, Nagedink

2 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (5)

  1. Se maar net

    More Attie
    13:5 Ek probeer sover die Heilige Gees my lei groei al weet ek die meeste van die tyd waarheen ek nou gelei gaan word nie
    14.5 My droom is dat sonder dat ek iets se mense sal se Jesus BLY IN HAAR
    15.4 OF 3 Eks nie heeltemal seker nie Wat ek wel seker is oor ek streef na punt 5

  2. kaalvoetkind

    13. 5: Ek is bewus daarvan dat ek moet groei en dit beteken ook dat ek uit my “comfort zone” uit sal moet beweeg.
    14. 5:Dis iets waaraan ek elke dag probeer werk – partymaal maar moeilik om die ongeduld in toom te hou in die huidige situasie t.o.v. kliëntediens by maatskappye, maar ek probeer my bes.
    15. 5: Hier sou ek ook sê dat ek streef daarna.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s