HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (4)

Hierdie evaluasie van my geestelike lewe gee nou vir my meer “huiswerk” as wat ek verwag het. Wat egter vir my lekker is, is dat ek ook ten opsigte van my geestelike lewe vir my sekere doelwitte kan stel en doelgerig aan sekere aspekte van my verhouding met die Here kan werk. Ek verstaan net weereens dat my geestelike lewe nie beperk is tot iets wat ek in my stiltetyd of op ‘n Sondag in die kerk doen nie. Christenskap raak elke aspek van my lewe.

Vir die van julle wat ‘n bietjie laat op die evaluasie afgekom het. Die gedagte is dat jy na aanleiding van die vrae sal ontdek waar jy op hierdie stadium met elke een van hierdie sake staan en dan te vra: Wat kan ek doen om ‘n volgende tree op die pad van geestelike groei te gee.

Vandag se drie vrae is:

10. Ek dink Christene behoort deurlopend in hulle geestelike lewe te groei en daardie groei behoort sigbaar te wees en (1) ek dink gesprek met ander oor geloofsake is ‘n kragtige instrument wat mense se lewens vinnig behoort te verander; (2) ek dink die wat nie groei is waarskynlik nie regtig Christene nie; (3) ek dink die wat stadig groei is lui of het een of ander geestelike probleem; (4) dit wil vir my voorkom asof die meeste Christene groei selfs al is dit stadig; (5) ek dink geestelike groei is iets wat nooit in hierdie lewe klaar kry nie en solank as wat ons in hierdie lewe is, het ons die voorreg van geestelike groei.

11. Een eienskap of karkatertrek wat in elke Christense lewe sigbaar behoort te wees is liefde. Wanneer ek na my eie lewe kyk lyk dit vir my (1) asof ek deur die loop van die dag baie selde besig is om lief te hê; (2)  asof ek party keer dit regkry om lief te hê;. (3) asof liefhê harde werk is, maar ek is die hele tyd besig om daaraan te werk; (4) asof ek besig om al hoe beter te raak met die uitleef van my liefde teenoor ander mense; (5) asof ek feitlik die hele tyd met liefde teenoor ander mense optree.

12. Wanneer die evangelies die lewe van Jesus beskryf tref dit mens dat Jesus dikwels dinge doen wat met die woorde barmhartigheid of deernis beskryf sou kon word. As Christene behoort ons ook hierdie eienskappe van Jesus na te streef, sodat barmhartigheid en deernis ook ‘n beskrywing kan wees van ons lewens. Wanneer ek iemand in nood sien, (1) stop ek baie selde om daardie persoon te help; (2) stop ek soms om daardie persoon te help; (3) help ek dikwels sulke mense; (4) help ek hulle elke keer behalwe as ek regtig nie die tyd het nie; of (5) help ek altyd sulke mense, selfs al sou dit beteken dat ek my eie program so ‘n klein bietjie sal moet aanpas.

In my eie lewe:

Vraag 10: Ek is baie bewus daarvan dat geestelike groei iets wat nie klaar kry in hierdie lewe nie, maar ek is geneig om nie genoeg geduld te hê met mense wat teen ‘n (na my mening) te stadige pas geestelik groei. Ek kan meer geduldig wees met mense wat stadig groei.

Vraag 11: Liefhê is vir my harde werk. Ek is egter heeltemal bereid om daaraan te werk sodat dit vir my al hoe makliker raak.

Vraag 12: Ek moet eerlik wees en sê dat ek dikwels skuil agterdie gedagte dat ons gemeente geweldig baie doen vir mense in nood, so ek hoef nie te skudlig te voel as ek dit nie doen nie. Ek dink ek sal goed doen om vir ‘n begin net soms by ‘n mens in nood stil te gaan staan om te ky of ek kan help.

Hoe vaar jy met die geestelike selfevaluasie?  

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie, Nagedink

2 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (4)

  1. kaalvoetkind

    10. (5)
    11. (3)
    12. (3)

  2. Sonnekind

    Hallo Attie
    Eerstens Net as ek dink nou groei ek REGTIG mooi, dan ggoi jy die volgende vrae en my eggo le doer onner!!!!
    Vraag 10: 5
    Geestelik groei kan nooit op hou nie ek dink daarvoor is ons van te veel vlees
    Vraag 11:3
    Ai sou ek nie kon trots voel as ek kon se 5 nie
    Ek is mal oor liefde en ek is regtig lief vir mense maar in my is daar ook nog groei nodig so ek streef graag na nr 5 Liefde is DIE belangrikste ding in die lewe!!!!!
    Vraag12:5 My braag is altyd Wat doen ek , myself vir ander ……nie R50 heir vir iemand wat kos nodig het nie of daar n pak suiker nie, so daarom sal ek myself verontrief om iemand fiesies te help en nie op die GEMAKLIKE manier van help deut net gou R50 te gee nie

    Hierdie was weereens n lekker leerskool.
    Dankie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s