SELFBEELD

Ek praat vanaand met tieners oor SELFBEELD. Indien ‘n mens ‘n realistiese selfbeeld het, is dit vir jou maklik om jouself te aanvaar en is jy minder onder druk om tussen ander mense te doen wat almal doen – en dan dikwels keuses te maak wat met jou eie waardes en beginsels bots. Iemand met ‘n realistiese selfbeeld, is nie onder druk om die goedkeuring en aanvaarding van die mense rondom hom/haar te soek nie. 

Ek dink die volgende vyf dinge kan mens hulle om ‘n realistiese selfbeeld te ontwikkel.

1. Hou op met alle negatiewe selfgesprek. Selfgesprek is die deurlopende gesprek wat elkeen van ons met onsself het. (Hier waar ek nou sit en skryf is ek besig met ‘n selfgesprek.) Elke keer wanneer jy in hierdie selfgesprek agterkom dat jy vir jouself negatiewe goed oor jouself sê, hou dadelik op. Moenie langer toelaat dat een negatiewe dinge oor jouself in jou gedagtes vassteek nie.  Moenie mense se negatiewe woorde oor jouself in jou gedagtes laat nesmaak nie.

2. Sê elke dag positiewe dinge van jouself vir jouself. Bestudeer die Bybel en ontdek wie en wat die Bybel sê jy in God se oë is, en sê daardie dinge vir jouself. Gebruik ook die positiewe terugvoer wat jy van die mense naaste aan jou kry om positiewe dinge oor jouself te ontdek. Maak jou laaste gedagtes aan die einde van elke dag positiewe dinge oor jouself. Maak die eerste gedagtes aan die begin van elke dag positiewe dinge oor jouself. Indien jy hierdie dinge doen, sal jy verbaas wees oor hoeveel beter jy oor jouself en oor jou lewe voel. Onthou: Jy kan nie iemand anders leer om ‘n realistiese selfbeeld te hê as jy nie self een het nie.

3. Hou op om jou negatiewe bagasie op ander af te laai. Elke keer wat jy agterkom dat jy negatiewe dinge oor iemand anders vir iemand anders sê, hou dadelik op. Moenie daarvoor verantwoordelik wees om ander mense met negatiewe bagasie (rommel) te oorlaai nie. Indien jy daarin kan slaag om die vrug van die Gees (Gal. 5:22) teenoor ander mense uit te leef, sal jy ver kom met die opbou van ander se selfbeeld. 

4. Moenie jouself skuldig maak aan die afbreek van iemand anders agter sy/haar rug nie.  Een van die slegste dinge wat jy moontlik kan doen, is skinder. Skinder is om negatiewe stories van ander te vertel – daardeur misbruik jy die vertroue wat iemand anders in jou gestel het. Wanneer mense hierdie negatiewe dinge hoor wat jy van hulle gesê het (En hulle hoor dit nege uit die tien kere.) is dit meestal vernietigend vir so iemand se selfbeeld, selfs al was dit wat jy gesê het nie waar nie. Mense kies om dit te glo. 

5.  Stel ‘n voorbeeld van die regte optrede teenoor ander. Moenie net vir mense sê wat hulle moet doen nie. Wys hulle deur mense rondom jou doelbewus op te bou. Soek vir positiewe dinge wat jy vir mense kan sê deur onder andere die Bybel te gebruik. Met die verloop van tyd sal mense agterkom dat jy nie regtig daarin belangstel om deel te wees van ‘n negatiewe of afbrekende gesprek nie. ‘n Positiewe en realistiese selfbeeld sal net in ander gevorm word, wanneer jy self daaraan meewerk. Wat meer is: Niks bou jou eie selfbeeld soos om iemand anders goed oor hom-/haarself te laat dink en voel nie.

Ek wonder wat dink jy?

Advertisements

8 Kommentaar

Filed under Christen tieners., Die Christelike Lewe

8 responses to “SELFBEELD

  1. Ek sou gehou het daarvan om hierdie 5 punte op ‘n poskaart te kon laat druk en altyd saam te dra! Dankie hiervoor.

  2. Ek gaan onmiddelik begin om dit toe te pas, dankie.

  3. kaalvoetkind

    Ek het dit opgeplak op die muur voor my lessenaar sodat ek daagliks dit kan lees en probeer toepas. Dankie!

  4. Die sesde punt sou natuurlik wees: Weet hoe lyk die prentjie wat God van jou teken en oefen dan om vir jouself dieselfde prentjie van jouself te teken. Ek het vandag (Maandag 15 Oktober) daaroor geblog onder SELFBEELD VERVOLG. Kyk bietjie daar.

  5. Sonnekind

    Dankie Attie dat jy ons kinders so mooi leer
    Hierdie is iets om te onthou.
    Na kerk gisteraand het ons tienerkind vir ons n hele prediking kom gee oor Jesus het ons 2 maal “gekoop”
    n Storie wat my lank sal by bly.

  6. John afrikaner

    Ek is tans besig met n groep kinders in ons straat om elke woensdagaand bybelstudie te hou.vanaand het ons gesels oor selfbeeld en ek was verstom om uit te vind dat almal swak of geen selfwaarde besit nie.ek is bekommerd.hoe help ek hulle..ek het geen navorsing of hulp oor hierdie onderwerp nie.

  7. Ansjen

    Dankie k het dit geprint, maar sukkel met die punt oor hoe ek oor myself moet voel en glo as iets verkeerd loop in my huwelik is dit oor my. En dit is nie, vat 2 om te kan dans.

  8. cindy

    Hallo Attie
    Baie dankie vir al jou inligting. Ek begin more aand met ‘n cell groep vir Tiener meisies en ek is so bly vir jou inligting wat ek kan gebruik. Ek is baie nuut met die hele tiener meisie cell groep maar ek glo God gaan dit lei en dat dit baie goed sal gaan!
    Baie dankie

    Cindy

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s