HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (3)

Hierdie is die derde deel van ‘n stukkie self-evaluasie. Ons evalueer ons geestelike lewe en probeer dan bietjie van ‘n strategie uitwerk vir ons eie geestelike groei. Ek moet eerlik wees en sê dat ek maar weereens net besef dat Rome nie in een dag gebou is nie. Ek sukkel om sekere van die “treetjies” op hierdie pad van geestelike groei te gee, maar dit is presies die rede waarom ek evaluasie doen. Die volgende drie vrae:

7. Ek is daarvan oortuig dat iemand weer voor kan begin met God wanneer: (1) Die persoon ophou om die dinge te doen wat hom weg van God af laat dryf het. (2) Die persoon in sy/haar hart doelbewuste en egte besluite neem om op te hou om die dinge te doen wat hom/haar laat wegdryf van God af. (3) Die persoon begin om dinge te doen wat ‘n einde sal maak aan die dinge wat hom/haar laat wegdryf van God af. (4) Teenoor hom,/haarself erken dat hy/sy nodig het om ‘n einde te maak aan die dinge wat hom/haar laat wegdryf van God af. (5) Eenvoudig net met God die waarheid oor hom-/haarself praat.

8. Wat regtig die meeste vir God saakmaak is: (1) Hoe en wat my reputasie in hierdie wêreld is. (2) Hoe en wat my reputasie die meeste van die tyd is. (3) Wat ander van my dink teenoor die mens wie ek weet ek regtig is. (4) Wie ek dink ek is. (5) Wie ek in God se oë is – met ander woorde hoe God my sien.  

9. Ek verwelkom Christene van alle soorte en met verskillende lewensverhale, (1) maar sommige Christene is vir my onaanvaarbaar, (2) maar daar is ‘n paar Christen wat vir my onaanvaarbaar is, (3) maar baie Christene is vir my aanvaarbaar, (4) en die meeste Christene is wel vir my aanvaarbaar, (5) en alle Christene is vir my aanvaarbaar.

In hierdie tyd waaron ons lewe is hierdie vir my ‘n baie groot toets. Ek sal baie ernstig moet dink of ek net Christene verwelkom wat met die meeste goed met my saamstem. Ek is ook bekommerd dat ons as mense soms God se standaarde wil verlaag en daarom is dit so belangrik dat mense eers hulle lewens moet regkry voordat hulle weer voor kan begin in hulle verhouding met God.

Ek het werk.  

8 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie

8 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (3)

  1. Pat mocke

    Vrae 7:5.
    8.5. Niks wat mense van my dink of se is vir God belangrik nie maar ek wil graag he dat God trots op my moet wees in dit wat ek doen en se en en en.
    9:5 Ek dink hierdie is die hele sleutel van die liggaam van God, dat ons almal een word in Jesus. Eers dink ek moet n mens christen defineer, 70% van SA se hulle is christine? Die Christene moet weder gebore kinders van God wees. Die aanvaarding mag nie op kleur, politiek of op wat plaas vind nie. In Suid Afrika is dit die antwoord vir al die probleme.
    9

  2. Se maar net

    7.5 God moet ALTYD eerste kom in my lewe alhoewel ek nog baie faal, strewe ek na Jesus eerste
    8.5 Ek glo en hoop God sien my raak vir die klein dingetjies wat ek vir Hom doen , daar is nog baie rede vir verbeter
    9.4 Ek sou graag wou se 5 maar dan sou ek nie eerlik wees nie. Daar is party Christene wat se dinge ek nog bevraagteken SOOOOOOOO ek srewe na 5

  3. kaalvoetkind

    7. (5)
    8. (5)
    9. (4) Ek sou ook graag wou sê 5, maar uit die aard van die besigheid wat ons bedryf en die mense wat ek mee te doene kry, moet ek ongelukkig sê 4.

  4. Die Bybel leer ons wie en wat God is. Die beelde wat ons as mense van God het, is maar net persepsies – heel waarskynlik nie die volledige prentjie nie. Ek wonder soms of God nie meer genadig as ons is nie.
    Pat: Ek dink: ‘n Christen is iemand wat deur geloof in die gekrusigde Verlosser Christus Jesus ‘n kind van God is.
    Sê maar net: Ek wonder: Gaan aanvaarding van ander Christene saam met goedkeuring van en saamstem met alles wat hulle sê en doen, of het aanvaarding juis te make met die aanvaarding van ons gemeenskaplike geloof in Christus Jesus, alhoewel ons oor sekere dinge gaan verskil.
    kaalvoetkind: Ek is nogal nuuskierig oor die mense met wie julle in julle besigheid te doene kry.
    Dankie vir julle deelname!

  5. kaalvoetkind

    Attie, ons verkoop tweedehandse motors en het ‘n paar huise wat ons verhuur. Eerlikheid is vir my ‘n besliste eienskap/karaktertrek van ‘n Christen. Ons kry baie keer met oneerlike mense te doen, selfs mense wat reguit vir jou sê hulle is Christene. Ek het onlangs ‘n geval gehad van mense wat vals inligting op ‘n kredietklaringvorm ingevul het. Ek het dit gelukkig agter gekom toe ek begin rondbel. Hulle het baie eerbare mense voorgekom en was selfs in hulle noppies dat hulle nader aan hulle kerk kon trek. Dit is vir my regtig ‘n GROOT probleem wat ek mee worstel. Ek WIL nie mense oordeel nie, maar mense maak dit vir my partykeer moeilik om in hulle geloofwaardigheid te glo. Ons lewe in ‘n baie gevaarlike tyd (kapings, bedrog met tjeks ens) en ek vra die Here altyd as ek op soek is na nuwe voorraad (motors) om my na die regte persoon toe te lei (verkoper) en ek vra Hom ook vir die regte koper. So het ek onlangs op my blog ook geskryf oor “hoe klein die wêreld is” en hoe “toeval” ‘n rol gespeel het toe ek by ‘n persoon ‘n voertuig gekoop het. Ek pas dieselfde beginsel toe as ek op soek is na potensiële huurders. Ek vra die Here se leiding en ek vertrou Hom, maar ek gebruik ook die verstand wat Hy vir my gegee het en Hy het my nog nooit in die steek gelaat nie.

  6. kaalvoetkind

    Ek sal graag jou mening daaroor wil hê asb?

  7. Se maar net

    Attie
    Jy laat my dink ek stem saam aanvaarding in ons in Jesus is belangriker en in my denke , wat maar gering is teen Jesus sin, is is dit seker onmoontlik dat alamal dieselfde sal voel oor Godsdiens. El dink n mens moet net in jou eie aanvaarding en geloof die meste probeer groie en nederig wees.
    Kaalvoetkind: Ja wat jy praat is waar ……mense stel nmens baie teleur maar dink jy nie indaardie geval as mense jou teleur stel moet jy dadelik vra wat sou Jesus nou doen???

  8. Kaalvoetkind: Mense misbruik Christenskap in ‘n poging om weg te kom. Ek probeer maar altyd vir myself sê dat die meerderheid Christene nie so is nie. Mens moet versigtig wees om te veralgemeen, en ek sien dit is juis waarvoor jy hier ook versigtig is, maar ervaring het jou geleer dat jy nie alles wat mense sê vir soetkoek moet opeet nie. As ‘n persoon nodig het om in enige besigheidstransaksies dit te laat deurskemer dat hy/sy ‘n Christen is, dan sal ek klaar agterdogtig raak. Ek dink ook jy is reg om te sê dat jy bid vir die Here se leiding, maar die Here lei ons ook baie keer deur gesonde verstand. Ek dink soms die Here sal nie vir ons iets doen wat ons vir ons self kan doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s