HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (2)

Ek het gister die eerste drie vrae gevra wat ‘n mens kan gebruik jou eie geestelike lewe van naderby te bekyk sodat ‘n mens kan weet waaraan om te werk sodat jy geestelik kan groei. Ek kon dit gister regkry om iemand te vergewe wat waarskynlik nie eers bewus was van hoe die gebeure my omgekrap het nie. In my laaste gebed gisteraand kon ek ook terugdink aan die dag en ek kon op ander se behoeftes fokus. Ek het ook mooi teruggekyk op die dag en so was ons kinders wat veilig Pretoria toe gery het, vir my ‘n teken van God se liefde. Ek gaan nou daaraan werk om hierdie drie dinge ‘n gewoonte te maak.

Nou vir die volgende drie vrae:

4. Om ander lief te hê beteken om uit te reik na mense wat normaalweg nie binne my kringe beweeg nie.  (1) Maar ek reik byna nooit uit na enige iemand buite my normale kringe nie. (2) Ek reik partykeer uit na mense buite my normale kringe. (3) Ek reik dikwels uit na iemand buite my normale kringe. (4) Ek is altyd besig om uit te reik na mense buite my normale kringe. (5) Ek werk daaraan om ander sover te kry om uit te reik na mense buite hulle gewone kringe.

5. Vir my beteken liefde: (1) Ek aanvaar altyd ander mense en hulle gedrag ten spyte van wie en wat hulle is. (2) Ek probeer altyd eers uitwerk wie iemand is en en wat hulle doen voordat ek hulle aanvaar. (3) Ek aanvaar somtdys ander mense ten spyte van wie hulle is en waar hulle vandaan kom. (4) Partykeer wil ek eers weet wie iemand is en wat hulle doen voordat ek hulle aanvaar. (5) Gewoonlik aanvaar ek ander en hulle gedrag ten spyte van wie hulle is en wat hulle doen.

6. Geestelike groei beteken vir my om te fokus op: (1) Kennis van die Bybel en alles wat die Here vir ons in die Bybel leer te gehoorsaam. (2) Om ander te dien deur iets vir hulle te beteken. (3) Dissiplines wat daarop gerig is om my verhouding met God te verbeter. (4) Om my liefde vir ander mense op konkrete maniere te wys. (5) Ek het beide God en mense op dieselfde tyd lief.

My eie strategie.  

Vraag 4: Ek is dankbaar om te kan sê dat ek in my werk deurlopend besig is om mense te kontak wat nie normaalweg del van my kring sou gewees het nie. Die Stephen Ministry opleiding waarmee ek nou besig help ander ook om uit te reik na mense in nood wat nie normaalweg deel sou wees van hulle kring nie.

Vraag 5: Ek gaan probeer om meer kontak te maak met mense van wie ek eintlik baie min weet ten einde ‘n verhouding te kweek waar ek dalk deur die dinge wat ek doen en die woorde wat ek sê uitdrukking kan gee aan die liefde van Jesus Christus vir hierdie mens.

Vraag 6: Ek gaan hard daaraan werk om die geestelike dissiplines in my eie lewe nog ‘n belangriker deel van my geestelike vorming te laat wees, maar intussen gaan ek ook daaraan werk om my liefde vir God en mense op konkrete maniere te wys.

6 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie, Nagedink

6 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (2)

  1. Vraag 4: 4
    Vraag 5: 5
    Vraag 6: 2

  2. kaalvoetkind

    Vraag 4: 2 – Daaraan kan ek nog baie harder werk.
    Vraag 5: 3 – Nog een waaraan ek sal moet werk. Ek vertrou nie maklik mense nie – kyk eers altyd die kat goed uit die boom.
    Vraag 6: 2 – Ek sal graag wou hoor dat mense eendag as ek nie meer hier op aarde is nie van my sal praat as iemand wat iets beteken het vir ander. Ek wil nie maar net deur die lewe gaan nie, ek wil graag ‘n verskil maak.

  3. Vraag 4:2
    Vraag 5:5
    Vraag 6:1

  4. Se maar net

    Hierdie vrae is so na aan my hart, want ek persoonlik sal altyd die “agterlammetjie” se part trek
    Vraag 4: (4) (5) Hierdie is al2 my sieninge en in my beroep doen ek dit elke dag
    Vraag 5; (5)Die is n belangrike punt in my geestelike lewe en ek bid dat die Here my oe sal oop hou in die geval
    Vraag6: (3)Ek stem saa met jou Attie Dissipliene in my geestelike lewe wil ek elke dag verbeter. Hierna val jou geestelike lewe in die regte pad vir Jesus

  5. platterfuss

    Jy laat my dink…. en maybe is dit baie goed!!!

    Dankie vir die blog…..

  6. Pat Mocke

    4:4.
    5:5.
    6:1,3

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s