JESUS VAN DIE GELOOF

Een van my gunsteling gebeure in die evangelies is toe Jesus in Markus 9 ‘n seun gesond maak. Die radelose pa gryp my aan die hart. Hierdie seun wat van kleins af waarskynlik epileptiese aanvalle kry. Niemand kon iets vir die seun doen nie, nie eers Jesus se dissipels nie. In antwoord op Jesus se vraag: “‘Hoe lank is dit al dat dit hom oorkom?’ ‘Van kleins af,’ antwoord hy,…” Dan wat vir my lyk na ‘n gebed: “As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” Jesus se antwoord: “Vir die een wat glo kan alles.” Duidelik vra Jesus na ‘n belydenis van geloof deur die pa. En dan lees ek die belydenis van geloof van hierdie pa wat al male sonder tal ook my geloofsbelydenis was: “Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is.” (Markus 9:24) Die Christen se geloof bevat onsekerhede in die sin dat die Christen deur die Woord van God gevra word om dinge te glo wat nie altyd met die redelike verstand verklaar kan word nie. Die Evangeliese Inisiatief gaan na my mening in sy diepste wese oor hierdie “geloofs-onsekerhede”. Daar is ‘n groep teoloë en uit die aard van die saak lidmate ook wat van ons verwag om net daardie dinge te glo wat sin maak. ‘n Mens kan nie dood gaan en weer lewend gemaak word om so te leef dat iemand sy vingers in die wonde kan druk nie. Jesus het nie regtig opgestaan nie, en sy opstanding is net ‘n metaforiese opstanding. Ons neem die inhoud van die Christelike geloof en ons aanvaar net dit wat vir ons “gesonde verstand” sin maak en dit word die Christelike geloof.

Die vertrekpunt is die bepalende faktor. Die vertrekpunt is die Bybel. Ek sien die Bybel as die Woord van God. Ek aanvaar dat die Heilige Gees deur mense gewerk het sodat hulle kon skryf en ons die Woord van God kon lees. Die Bybel is nie maar net mense die skrywes van mense wat hulle gedagtes oor God neergeskryf het nie. Die Bybel is die Woord van God geskryf deur mense onder die leiding van die Heilige Gees.

Helaas, daar is abie dinge in die Bybel wat ek nie kan verklaar nie en nie verstaan nie. Dan is my antwoord meestal maar aan myself en teenoor die Here: “Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is.” (Markus 9:24)

Een van daardie sake is die opstanding van Jesus Christus. Die Nuwe Testament getuig dat Jesus gesterwe het, dat Hy begrawe is en dat Hy opgestaan het en na sy opstanding aan verskeie mense verskyn het. Die opstanding van Jesus het ‘n gemeenskap mense se lewens radikaal verander. Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar omdat ek aanvaar dat die Bybel die Woord van God is en die Bybel my leer dat niks vir God onmoontlik is nie, is daar in my geloof ruimte vir Jesus wat opgestaan het uit die dood. Wanneer ek al die woelinge rondom hierdie saak hoor en die manier waarop mense met mekaar oor hierdie saak gesprek voer gadeslaan, dan betrap ek myself weer en weer dat ek in my gesprek met die Here sê: “Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is.” (Markus 9:24)

“Here, ek kies om hierdie waarheid te glo. Help my dat hierdie geloof in hierdie waarheid ‘n vaste vertroue sal word wat my lewe en die lewe van die mense rondom my tengoede sal beïnvloed.”

Dit is met hierdie gebed in my hart dat ek Saterdag se byeenkoms by Moreletapark gaan bywoon. Ek gaan met hierdie gebed: “Here, ek glo dat U ook in hierdie bitter moeilike tyd in ons kerk ‘n wonderwerk kan doen deurdat ons gaan ontdek dat ons eintlik baie naby aan mekaar was. Ek glo dit is moontlik dat ons almal dieselfde waarheid glo, maar dit net anders interpreteer. Mag dit asseblief so wees.” Maar dan betrap ek myself telkens weer dat ek in my gedagtes hierdie gebed fluister: “Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is.” (Markus 9:24) 

Advertisements

12 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Bybel, Die Christelike Lewe, Evangeliese Inisiatief, Nagedink

12 responses to “JESUS VAN DIE GELOOF

  1. Alec

    Ek dink die kern van die probleem is GELOOF. Ons wil op ‘n manier, om die geloof probleem kom sonder om te glo. Die definisie en implikasies van ‘geloof’ is nie maklik om ten volle te begryp nie. Dus soek ons maniere om as gelowiges bekend te staan sonder om te glo. As ons glo net wat ons met ons verstand kan uitwerk en wat vir ons sin maak is dit logika, geskiedenes, feite en so voorts, maar nog nie geloof nie.
    Geloof is juis dinge wat nie sin maak nie en wat ons nie kan verduidelik uit ons verwysingsraamwerk nie en dinge wat nie alledaags gebeur nie, met ander woorde die onmoontlike wat wel gebeur en ons aanvaar dit so maklik as een plus een is twee. Dan eers kwalifiseer ons om as gelowegis bekend te staan. Ek self het jare gelede besluit om elke woord in die bybel te glo en ek was nog nooit spyt oor my besluit nie, elke keer het ek maar net weer gesien die bybel was toe reg.
    Vir my is dit n besluit wat elke mens vir himself moet neem en dit begin by EK GLO IN GOD

  2. Ds Attie ek het geen idee wat in die NG Kerk aangaan in SA en ek weet nie waaroor die vergadering gaan wat in Moreletapark gaan wees nie maar ek sal vir julle bid vir leiding en vir wysheid.

  3. laydguinevere68: Die byeenkoms in Pretoria is vir al die mense in die NG Kerk wat die Evangeliese Insiatief steun. Daar is baie onsekerheid in die NG Kerk oor waar sommige van die dosente aan ons Universiteite staan met betrekking tot die gesag van die Skrif, die opstanding van Christus, die maagdelike geboorte, die wonderwerke, ens. EK het bietjie daaroor geblog by SES DINGE WAT EK GLO. Dankie dat jy vir ons (Die kerk van die Here Jesus in Suid Afrika) sal bid.

  4. Alec: Ek dink jy is reg. Geloof is nie ‘n verstandlose aksie nie, maar juis ‘n wel deurdagte aksie waar mens met jou verstand aanvaar dat God groter is as wat ons ooit kan bid of dink. Geloof is ook om in jou denke vrede te maak met sekere onverklaarbare dinge soos dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het. Geloof is om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. EK het nog nooit iemand gesien wat uit die dood uit opgestaan het nie, maar ek lees in die Bybel dat God sy Seun uit die dood uit laat opstaan het, ek glo dit.

  5. Jak

    Indien God die Aarde gemaak het,en uiteindelik die mens met n siel daar geplaas het as die kroon van Sy skepping ,is niks vir Hom onmoontlik nie.Die opstanding ens. is nog iets bokant ons mense se begrip en verstand.

  6. Ds Attie ek verstaan nou hoe vreeslik belangrik daardie vergadering is. Ek het vir my man daarvan vertel, hy is ‘n Amerikaner en verstaan glad nie Afrikaans nie so ongelukkig kan hy nie deelneem aan die gesprek nie, ek weet hy sou dit vreeslik geniet het maar ek kan nie als vir hom vertaal wat almal se nie, dit raak moeilik. Hy het ‘n graad in Filosofie en sy professors was van die beste Bybel leraars en christin filosofieë in die wêreld. So hierdie soort gesprekke is vir hom baie baie lekker. Maar soos ek gese het, ek kan nie als sit en vertaal nie. In elk geval hy se dat die VSA in die jaar 1909 deur dieselfde probleem gegaan en dat daar ‘n dokument gepubliseer was met die naam ” The Fundamentals A Testimony to the Truth” http://www.geocities.com/Athens/Parthenon/6528/fundcont.htm
    Ds Attie ken dit seker, hulle bespreek onder andere in Chapter 33 THE CERTAINTY AND IMPORTANCE OF THE BODILY RESURRECTION OF JESUS CHRIST FROM THE DEAD. Een van sy professors Dr Gary Habermas het baie boeke al geskryf een is ‘n boek geskryf oor “Historical evidences for the resurrection” en ‘n ander een wat jy dalk baie interessant sal vind is ” Did Jesus Rise from the Dead?: The Resurrection Debate ” n May 1985, Flew, a prominent philosophical critic of theism, and Habermas, professor of Apologetics and Philosophy at Liberty University (Virginia), debated the issue of the resurrection. This book contains the transcript of the debate and related material. Flew argues from a basically Humean position that the establishment of a miracle is extremely difficult; he then attacks the specific evidence brought forward to support the claim of resurrection. Habermas relies heavily on Biblical evidence, e.g., the “eyewitness” accounts. Some interesting, though standard, issues are discussed, but the interchange is sometimes repetitive and the debaters at cross-purposes; Flew is not at his best. For larger religion collections. Richard Hogan, Philosophy Dept., Southeastern Massachusetts Univ., N. Dartmouth

  7. Ds Attie kyk ook na hierdie website http://www.johnankerberg.com jy sal dit baie interessants vind.

  8. Ladyguinevere: Baie dankie. Ek gaan beslis daar inloer. Jy kan vir jou man sê dat die debat baie ooreenkomste toon met die “Jesus Seminar” movement wat in 1980’s-90’s in die VSA gewoed het. Nomaal dankie vir jou deelname.

  9. Ek sal vir my man se, dankie dit help ons om te verstaan wat aangaan. Hy is baie trots op my kultuur en vra altyd baie vrae, veral oor die kerk in SA. Soms kan ek hom nie antwoord nie want ek weet self nie wat aangaan nie maar ek sal hom in die vervolg vra om jou te vra as jy nie omgee nie.

  10. ladyguinevere. Jy kan selfs maar namens hom ‘n vraag in engels vra. Ek dink die ouens op die blog sal dalk saamgesels, mar ek sal hom selfs in Engels antwoord ook.

  11. Se maar net

    Attie, ek stem saam met Alec. Jy weet in die moderne tye van vandag wil mense als so ingewikkeld maak as moontlik. Elkeen wil slimmer en sterker wees as die volgende een. Ek glo die probleem kom in by geloof. As ek in Jesus Christus glo…… glo ek ook met n kinderlike geloof en als wat ek het dat wat daar geskryf staan net van Hom en Hom alleen kom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s