DIE GOEIE WERK IN ONS (FIL.#1)

Paulus skryf die brief aan die Fillipense terwyl Hy in die tronk in Rome is. Filippi was ‘n belangrike Romeinse kolonie in die noorde van Griekeland en die gemeente in Filippi het Epafroditus met ‘n geskenk na Paulus gestuur. Dit lyk asof Paulus ten minste vier redes gehad het om hierdie brief te skryf.

Eerstens wou Paulus graag vir die gemeente in Fillippi dankie sê vir die geskenke wat hulle saam met Epafroditus gestuur het. (1:5; 4:10-19)

Tweedens wou hy hulle graag laat weet dat sy tyd in die tronk nie sy moed gebreek het nie en dat hy eintlik nog in blydskap lewe. (1:12-26; 4:10-19)

Derdens het die berigte wat Paulus gehoor het oor vals leraars wat hulle deur die dinge wat hulle gesê het groot skade aan die kerk en die gemeente aangerig het. Paulus wou die gemeente in Filippi waarsku om in hierdie baie moeilike tyd by die waarheid te bly en vas te staan. (1:27-28; 3:2-4, 18-19)

Vierdens  was Paulus baie bekommerd oor ‘n baie ernstige konflik tussen twee vroue in die gemeente omdat dit vir hom wou voorkom asof die konflik tussen die twee vroue die eenheid van die gemeente bedreig het. (4:2-3)

“1. Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus.  Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens.  

2. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

3. Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. 4. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, 5. omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. 6. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

7. Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan. 8. God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart.

9. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10. sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11. deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.”

Die Here is altyd aan die werk in elke gelowige. In vers 6 is Paulus ook dankbaar vir God wat aan die werk is in die lewe van die gelowiges in Filippi. In verse 9-11 lees ons Paulus se gebed waar hy vra dat God die goeie werk wat Hy in die mense se lewens begin het moet klaarmaak.

‘n Hele paar mense gebruik hierdie “blog” as ‘n stukkie Bybelstudie en deel van hulle stiltetyd. Ek het die ander dag ‘n e-pos gekry van iemand wat sê dat die “blog” haar manier is om die hele dag in kontak met die Here te bly. Kom ons probeer ‘n interaktiewe Bybelstudie waar ons saam dink en praat oor die waarhede. Gee jou antwoord(e) op een van of al die vrae hier onder dan kyk ons of iemand daarop reageer.

Waarmee is God besig in die lewe van die mense in Filippi?

Wat gaan in hierdie lewe die gevolg wees van dit waarmee God in hulle lewens besig is?

Wat gaan die gevolg wees van dit waarmee God besig is wanneer Christus Jesus weer kom?

Met watter “goeie werk” is God op hierdie stadium in jou lewe besig?

My antwoord op die laaste vraag: In hierdie tye waarin die NG Kerk lewe weet ek dat dit vir my as leraar baie belangrik gaan wees om die dinge wat regtig belangrik is raak te sien. Gisteraand het ons gemeente ‘n gesprek gehad oor kerkhereniging. Die emosies loop hoog en daar is werklik in baie mense se lewens en hart opregte en eerlike bekommernisse. Die Evangeliese Inisiatief se byeenkoms is Saterdag en die gesprekke op hulle webblad maak my skaam. In hierdie sake, gaan daar mense wees wat my leiding gaan vra, ek vertrou dat die Here besig is om in my lewe begrip en fyn aanvoeling te kweek, sodat ek die dinge wat regtig belangrik is sal kan onderskei en waar en wanneer nodig die regte leiding sal kan gee.

Ek hoor graag van jou.  

4 Kommentaar

Filed under Die Bybel, Die Christelike Lewe

4 responses to “DIE GOEIE WERK IN ONS (FIL.#1)

  1. Barnabas

    Ek kan nou nie juis dink aan iets spesifiek waarmee God in my lewe besig is nie. Ek ontdek egter dat ek in die laaste tyd ‘n “fyn aanvoeling” het vir wanneer mense seer kry of swaar kry. Ek wonder of dit die Here se werk in my is? Ek is egter baie opgewonde as ek besef dat Hy die goeie werk wat Hy begin het gaan klaar maak en dat wanneer Jesus weer kom gaan ek heeltemal in die regte verhouding met God wees. Dit is nogal iets om na uit te sien.

  2. Waarmee is God besig in die lewe van die mense in Filippi?

    In effective service for the Lord, we must use our intelligence and exercise discernment. Otherwise, our efforts are futile. God would that they continue in the display of Christian love, but also that their love be exercised in full knowledge and all discernment.

    Wat gaan in hierdie lewe die gevolg wees van dit waarmee God in hulle lewens besig is?

    If they have knowledge and discernment it will enable them to avoid what is questionable or wrong.

    Wat gaan die gevolg wees van dit waarmee God besig is wanneer Christus Jesus weer kom?

    They will be filled with the fruits of righteousness, and the Christian virtues that make up a righteous life. The object is the glory and praise of God.

    Met watter “goeie werk” is God op hierdie stadium in jou lewe besig?

    Een woord “Sanctification” heiligmaking! Ek groei in God se genade en word verander sodat ek meer soos Hy kan wees en minder soos die sondige mens wat ek is.

  3. Etienne

    Die Here is die laaste tyd besig met my om meer te luister, eers het ek gedink dit gaan net wees in situasies om om te gee maar die laaste tyd met dinge wat besig is in ons kerk om te gebeur. Iemand het gisteraand ook die opmerking gemaak dat ons moet weet wat om ander te antwoord as hulle ons vra. En dit gaan nie net oor die kerk hereniging of die EI nie maar ook oor persoonlike vra. Daarom is dit so belangrik dat ons leering ontvang en gesprekke soos gisteraand moet bywoon. Maar ook die Heilige Gees toelaat dat Hy in ons werk.

  4. Barnabas: Wonderlik dat die Heilige Gees mens al hoe meer sensitief maak vir ander. Dalk soos: Jou naaste liefhê soos jyself.
    Ladyguinevere: If they have knowledge and discernment it will enable them to avoid what is questionable or wrong. Ons is deesdae soms so versigtig om oor die “questionable or wrong” or wrong te praat, maar tog is dit ‘n wesenlike deel van geestelike groei.
    Ettienne: In hierdie moeilike tye in die kerk se lewe, moet ons meer luister en minder praat. Ons moet egter ook toelaat dat die Here ons deur mense verander. Daarom dink ek jy is reg om te sê dat ons ook na die liggaam moet luister. Ons is almal deel van die liggaam.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s