OORMATIGE GELOOFSEKERHEID

“Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.” (1 Johannes 5:13)

Op Scott mc Knight se “blog” is daar ‘n bespreking van Brian McClaren se nuutste boek. McClaren is een van die “goeroes” van die sogenaamde “emergent” beweging in die kerk. Ek is dankbaar vir iemand soos McKnight wat McClaren ‘n bietjie krities lees.

Volgens McClaren (Die skrywer van die boek) het die modernistiese era (wat die huidige post-modernistiese era vooraf gegaan het), ‘n ernstige probleem geskep. “Here is the problem modernity created: “excessive confidence” (36).

Op ‘n ander plek sê Scott: “Brian is striving for and seeking to articulate a gospel that is vibrant, holistic, integral, balanced — “one that offers good news for both the living and dying, that speaks of God’s grace at work both in this life and the life to come, that speaks both to individuals and to societies and to the planet as a whole” (34).

Aanvanklik het ek sterk hiermee geïdentifiseer. Een van die redes waarom ek geïdentifiseer het was omdat ek ook hierdie oormatige sekerheid met tye as erg aanstootlik beleef. Kom ek noem ‘n fiktiewe voorbeeld – eintlik ‘n samestelling van verskillende werklike gebeure: Die persoon wil te alle koste met tieners werk. Die persoon getuig van geloofsekerheid – (Geloofsekerheid: Ek weet ek gaan hemel toe as ek doodgaan omdat ek glo dat Jesus Christus my sondeskuld by God betaal het en ek het Hom in geloof as my Verlosser aangeneem.) Twee probleme: Die persoon is vir verskeie redes ‘n swak rolmodel. Sekere dinge in die persoon se lewenstyl is in direkte konflik met wat die Bybel leer en in die tweede plek aanvaar hierdie persoon geen gesag nie. Intussen is hierdie persoon redelik intelligent en het die persoon ‘n paar besondere talente. Sy intelligensie maak dat hy ‘n redelik goeie aanduiding het van wat die Bybel leer (So hy kan die waarheid met gemak so ‘n klein bietjie plooi) en sy talente maak dat hy wel in staat is om ‘n sinvolle bydra te lewer. Sy oormatige sekerheid en hierdie aspekte van sy persoonlikheid, maak hom arrogant – ‘n uiters onaangename mens om mee saam te werk.

Tog het ek verlede week ook iets anders beleef. Ons het ‘n tiener-selgroep. Daar kom ongeveer 25 tieners op ‘n Dinsdagaand. Ons as volwassenes was ernstig geskok toe ons agterkom dat geloofsekerheid geheel en al ontbreek. Daardie tieners weet nie dat dit moontlik is om seker te wees dat hulle wel die ewige lewe het nie. Hulle is daarvan oortuig dat ‘n mens maar net jou bes moet probeer en hoop dat jy die eendag in die hemel die “toets” sou slaag.

Dit lyk my ‘n mens moet maar telkens weer terugkom na die Woord toe. Die Bybel leer geloofsekerheid. (I Johannes 5:13 en Johannes 10:28) Ek verstaan dit juis so dat die Here bedoel het dat ons seker moet wees, sodat ons nie al ons energie fokus op die worsteling met die vraag: Gaan ek hemel toe? Het ek die ewige lewe? Deur die verlossingswerk van Jesus Christus kan ek seker wees, en nou op grond van daardie sekerheid maak ek met die gesindheid van die Here Jesus ‘n verskil op hierdie aarde.

Ek het toegelaat dat arrogante en selfgesentreerde mense wat van geloofsekerheid getuig, my aandag wegtrek van wat die Bybel leer – geloofsekerheid as vertrekpunt vir alles wat ons hier op aarde doen. Die antwoord is nie om die een af te skeep nie. Die antwoord is om die boodskap van Jesus Christus met oorgawe te verkondig. “Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” (Johannes 10:10)  

Ek wonder: Hoe beleef jy die balans tussen geloofsekerheid en jou roeping om in hierdie lewe ‘n verskil te wees en te maak?  

Advertisements

10 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Christen tieners., Die Christelike Lewe, Geloofsekerheid., Nagedink

10 responses to “OORMATIGE GELOOFSEKERHEID

  1. Pietertjie

    Ons moet so lewe dat dit wat in ons is oorloop na ander om ons sonder dat dit iemand anders wegstoot, eerder nader trek. EK weet waarvan ds. praat, soms voel dit dat jy ander afstoot, maar dit is nie wat ek wil doen nie. Ek weet dat ek net ‘n verskil kan maak deur nederig teenoor ander te wess en vol liefde my roeping uit te leef. Lekker dag vir ds.

  2. Alec

    Ek stem saam oor geloofsekerheid. Die problem is dat so baie mense net die regte sin antwoord omdat dit is wat hulle geleer het en dat hulle lewens nie juis daarvan getuig nie. Die opvolg vraag moet wees –wat het jy die week vir die Here gedoen om jou dankbaarheid te bevestig- As daar niks is nie dan raak jou getuienis maar baie dun.

  3. Ek het laas jaar Prof Anton van Niekerk se geloof sonder sekerhede gelees en dit taamlik baie geniet. Ek is nou eers besig om die Bybel van hoek tot kant deur te lees en geniet dit ook. I’ll report back as soon as possible 😉

  4. Pietertjie: Om nederig teenoor ander my roeping uit te leef –> Ek hou daarvan.
    Alec: Dit is juis omdat dit so maklik is om die regte sin te memoriseer dat ons soms vergeet dat dit nodig is om daaroor te praat. Mense misbruik motors, maar ons ry nog steeds met hulle. Mense misbruikdie waarheid van geloofsekerheid, ons mag nie ophou om die te verkondig nie.
    Johan: Anton van Niekerk stimuleer altyd my gedagtes. Ek dink soms my geloof het meer sekerhede nie as wat dit sekerhede het. Ek glo Here? Kom my ongeloof te hulp!”

  5. Christo

    Dalk nie heeltemal in antwoord op jou vraag nie, maar ek dink baie Christene twyfel in hul geloofsekerheid a.g.v. wat met hul gebeur net na bekering. Veral jong mense verwag ‘n permanente geestelike “high”, ander 100% sukses met hul gebedsversoeke en dalk ander konstante lewensgeluk. Die realiteite ontnugter baie! Vir my was die grootste verandering die teenwoordigheid en werking van die Heilige Gees in my lewe, en waar ek voorheen sondes sou pleeg sonder om twee keer te dink, is ek nou 100% van die tyd bewus van my keuse tussen wat reg en verkeerd is. Ek moet net die “call” maak en dit is wonderlik hoe Hy my daarin ondersteun!

  6. Christo: Nogal waar dink ek. Ek het ook beleef dat mense getuig hoe hulle na hulle bekering voortdurend die wonderlikste teenwoordigheid van die Here beleef het en hoe hulle gebede beantwoord is, en as dit dan nie gebeur nie, is mense teleurgesteld. Interresant.

  7. Ek stem saam met Christo, daar word te veel gefokus op gevoelens, en te min op die woord van God. Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. As ons God se woord ernstig studeer en elke dag deel maak van ons lewe sal ons die Heilige Gees se leiding ervaar en sy stem hoor in alles wat ons doen. Ons moet verby die melk kom en meer vaste kos eet! Ons is gered uit genade deur ons geloof in Christus en omdat ek verstaan dat ek regtig die hel verdien is ek ‘n boom wat vrugte dra, my dankbaarheid vir God se liefde moet die dryfkrag wees vir my aksies. Geen mens kan iemand oortuig van God se verlossingswerk nie, net die Heilige Gees kan dit doen, ons is maar die voertuig waardeur hy werk.

  8. My dogtertjie wat 17 maande oud is het die enter knoppie gedruk voor ek klaar was om te skryf, jammer.

    Ek stem saam dat geloofsekerheid die vertrekpunt is vir alles wat ons doen,as gevolg daarvan kan ek die voertuig wees waardeur die Heilige Gees werk. Ek wou nog hierdie bysit, jammer dat dit in Engels,

    True assurance, however, may be distinguished from that which is false by the following tests:
    (1.) True assurance begets unfeigned humility; false assurance begets spiritual pride. 1 Cor. xv. 10; Gal. vi. 14.
    (2.) The true leads to increased diligence in the practice of holiness; the false leads to sloth and self-indulgence. Ps. li. 12, 13, 19.
    (3.) The true leads to candid self-examination and to a desire to be searched and corrected by God; the false leads to a disposition to be satisfied with appearance and to avoid accurate investigation. Ps. cxxxix. 23, 24.
    (4.) The true leads to constant aspirations after more intimate fellowship with God. 1 John iii. 2, 3.

  9. Ladyguinevere: Dankie, moenie bekommerd wees of verskoning vra vir die Engels nie. Ek wonder waaruit kom daardie aanhaling, is vir my baie goed.

  10. Ds Attie ek sal vir jou die link email waar daardie aanhaling is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s