Ek preek vanoggend in ons gemeente uit Kol. 2:6-15. Die preek sal more op die “blog” wees. ‘n Samevatting van die preek sou wees:
Christus Jesus is Here van ‘n mens se lewe omdat jy onder die leiding van en deur die inwerking van die Heilige Gees ‘n keuse gemaak het om Hom Here ((kurios) van jou lewe te laat wees. Daardie keuse om Christus Jesus Here van jou lewe te laat wees, gee aan Hom die hoogste gesag in jou lewe.
Daardie keuse maak egter ook dat elkeen van Christus Jesus as Here aangeneem het, nou in ‘n nuwe verbondenheid (Sien: Verbintenis; Band: Verbond; Verbind) – d.w.s. ‘n nuwe verhouding met Hom en dan deel ons in sy volheid. (Kol. 2:10) Die Bybel gebruik dan vier beelde om hierdie “deel in die volheid van Christus” te verduidelik:
Besnydenis – Wegneem van die sondige natuur.
Opstanding – Nuwe lewe van gehoorsaamheid nadat al my sondes vergewe is.
Skuldbewys – Enige bewys van enige skuld teen my is vernietig.
Triomferende Genraal – die vyand is verslaan en in die openbaar vertoon.
Kom ons fokus op die waarheid van Christus en nie die leuen van hierdie wêreld nie.
HIER kan jy die preek lees.
Ek besef net weereens dat God se genade is in meer dimensies as wat ons menslike brein kan voorstel, en onderskat totaal Sy Krag en Grootheid. Ek reken ons moet fokus op Sy plan met ons lewe en die nietighede uitskakel, dan sal ons sy Vrede en Genade ( so onbeskryflik groot) kan beleef. Dankie vir die boodskap vanoggend dit het my weer bewus gemaak van God se Grootheid, en sy liefde vir ons. Die groot vraag wat ek myself vanoggend gevra het was of ek kan vergewe soos ek vergewe word?
Attie, waar kan ek jou preek gedeelte van vanmore uitdruk?
HIER kan jy die preek lees.
Dankie