MOTORFIETSE EN HULLE JOKKIES

Ons bly in ‘n baie lekker huis. Ek en Renate het hom gekoop kort voor ons troue. Ek onthou die huis was beskikbaar presies ‘n week voor ons troudag. Ons het uit twee huise uitgetrek en in hierdie een huis ingetrek. Ek en die kinders het ingetrek en Renate is na haar ouerhuis toe om voor te berei vir ons groot dag.

Oorkant ons was ‘n oop stuk erf wat vir besigheid gesoneer was. Eers het ‘n SPAR hier oopgemaak. Later het al die ander besighede ook gekom. Onder andere twee kroeë. Gee nie regtig om vir die kroeë nie. Die een eienaar van die kroeg is egter ‘n motorfiets entoesias. Hy lok ook graag ander motorfiets-entoesiaste na sy watergat toe. Ek hoor hulle gewoonlik nie kom nie, maar ek mis hulle nie as hulle gaan nie.

Die manier waarop hulle gaan is vir my onverstaanbaar. In die eerste plek haal hulle vir een of ander rede alles uit die motorfiets uit wat dalk enige geraas sou kon demp. In die tweede plek is dit een of ander prestasie,  meestal na twaalf in die nag om die motrofiets se rem vas te trek, in rat te sit en dan teen sulke hoë revolusies as moontlik die agterband op die teer te laat tol totdat die rook uitkom en die “enjin” ‘n paar slae mis asof hy ‘n hartaanval kry. Wanneer dit dan gebeur is daar groot gejuig en hande geklap. Ek verstaan dit nie. Wanneer die jokkie dan nou die nodige voggies ingeneem het wat hom tot by daardie punt van sy kapasiteit neem waar hy reken dat hy nog by die huis gaan kom, dan gaan hy huistoe. Met hierdie motorfiets wat van alle geraas-inhibisies gestroop is.

Met baie jare se oefening het die meeste van hierdie jokkies hulle kapasiteit met betrekking tot die voggies tot byna ‘n ondenkbaar vlak verhoog. Met die gevolg dat hulle eers lank na twaalf die nodigheid sien om huistoe te gaan. En dan lyk dit vir my vir een of ander onverklaarbare rede moes hulle eintlik al lankal by die huis gewees het. Dan moet hulle so vinnig as moontlik huistoe gaan. Maar as gevolg van die hoeveelheid voggies wat by die watergat ingeneem is, weet hy nie mooi of hy links en of hy regs moes draai nie. Nou het jy ‘n probeleem – die motorfiets is in een of ander “garage” van sy klank inhibisies gestroop en nou is die jokkie by die watergat ook van alle inhibisies gestroop. Nege uit die tien keer draai hulle dan eers in die verkeerde rigting, besef na ‘n paar ratte dit is die verkeerde rigting, draai met skreeuende bande om en kom met die grootste raas en vinnigste spoed denkbaar weer voor die watergat verby onder gejuig van sy maters wat nog nie tot kapasiteit gedrink is by die weatergat nie. Ja jy is reg, hierdie kroeg het seile wat laat sak word en dan is die wêreld die watergat se woonplek.

Vanoggend was dit tien minute oor drie toe die laaste jokkie sy ysterperd opgesaal het en met vaart en klank die pad huistoe gesoek en gevind het.

Ek ken ook manne wat versot is op padfietse en wat die ding anders doen. Te veel respek vir die fiets om onder die invloed te bestuur. Sy selfbeeld is nie gekoppel aan die desibell geraas wat sy motorfiets kan uitstoot en die grootte van sy bande rekening vir die motorfiets. Hy is versot op die gevoel van vryheid wat kom met die ry op die fiets en beleef elke dingetjie wat die fiets onder hom doen. Daarom sal ek nie veralgemeen nie.

Maar is dit nie selfsugtig om drie-uur op ‘n Saterdag-oggend in ‘n woonbuurt rond te jaag en nie om te gee as jou motorfiets se geraas mense wat slaap pla en soms ouer mense ( soos my ouers wat langs my bly) wakker maak en dan kan hulle nie weer slaap nie? Is dit nie selfsugtig om hierdie onaardse geraas te maak in ‘n omgewing waar klein babatjies slaap vir wie ouers nie kan veruidelik dat dit nie ‘n geraas is om voor bang te wees nie?

Ek wonder darem oor sulke mense.

Advertisements

5 Kommentaar

Filed under Nagedink

5 responses to “MOTORFIETSE EN HULLE JOKKIES

  1. Sonnekind

    More Attie,
    lyk my ek en jy is vanoggend ewe vroeg wakker Ek stem saam met jou motorfietse wat jaag en “burn out” maak,soos my kinders se is vir my ook onverstaanbaar…. en dan nog met voggies… maar ek ken ook die goeie kant van motorfiets ryers. As hulle goed is dan is hulle baie goed, maar as hul sleg is dan dan kan hulle baie raas en hul raserige gemoed op jou afdwing.
    Wat my altyd dwars in die krop steek is dar motorfietsryers wat so laat kuier se vrouens gedienstige Matha’s is. Of hul so wil wees of gedwing word om so te wees is n ander vraag?
    Maar ten sterkste voel ek as jy wil raas gaan ry bosse toe en doen dit daar!!!!!!

  2. Freddie

    Ek het (gelukkig) nie ‘n probleem van motorfietsryers wat inconsiderate is nie. Maar elke Sondag en party Saterdae is daar een van die mense in een van die ander geboue naby my blyplek wat Vuvzela blaas. Dan word ek wakker met ‘n babbelas (en ek drink nie eers nie!!!!). My kerk begin 9uur. Ek will eers 8uur ry. Wat beteken ek kan laat slaap op ‘n Sondag. Dit voel soms of ek die ou wil gaan gryp en by die venster uitsmyt!
    Ek dink ek gaan vir hom begin bid. Dalk het hy gebed nodig. Ek besef dit nou net! Ek moet hom eerder vryspreek.
    Ja wel, vir my is dit dalk makliker – dis nie 3uur in die oggend nie. Ek dink aan julle daar by die motorfiets-watergat!

  3. Ladyguinevere68

    Hallo Ds Attie, ek weet presies hoe jy voel en het baie empatie. Twee huise van my af bly baie oulike mense maar die man ry ‘n Harley werk toe in die somer (dit reen te veel hier in Seattle in die winter om dit dan te doen). Ek hoor hom ook nooit huistoe kom nie maar ek hoor hom ALTYD wanneer hy werk toe gaan. Hy sit vir 10 minute en rev die ding voor hy ry. Een middag het hy besluit om op en af in ons straat te ry. My dogtertjie was maar 3 of 4 maande oud en ek kon haar nie aan die slaap kry nie want Jeff motor op en af in die straat. Net daar en dan is ek so kwaad, die rook trek by my ore uit. Ek stap baba in arm, kouse sonder skoene na sy huis toe en vertel hom mooi hoe moeg ek is van min slaap en hoe hy my baba wakker maak met sy geraas en nou huil sy vreeslik en ek kan haar nie weer aan die slaap kry nie. Ek was nie ongeskik nie maar baie kwaad. Hy het onmiddelik gese sorry maar die fiets is iets mee fout en hy probeer dit regmaak, die dat hy moet op en af ry om te sien of dit nou reg is. So uur later klop hy aan my deur met ‘n baie hartseer gesig. Hy wil net vir my se hoe vreeslik jammer hy is, hy voel vreeslik sleg. Met ‘n smile se ek ja Jeff dis ok ek’s nie meer kwaad nie maar moenie dit weer doen nie asb. ….. Ek hoor hom nog in die somer maar dit gaan al beter.

  4. Dion Raper

    Hi Attie,
    Ja, die motorfiets geraas bly maar ‘n pyn. Miskien moet ‘n mens een oggend wanneer hulle so raas uitreik na hulle toe en vir hulle laat verstaan wat hulle impak is. Miskien moet mens ‘n kennisgewing by die kroee opsit.

  5. Dion
    So bly jy reageer. Omdat ek jou ken, het ek nie veralgemeen nie. Toe ek die stukkie skryf oor manne wat versot is op hulle padfietse het ek nogal aan jou gedink. Ek wonder nogal of die ouens ons sal toelaat om die kennisgewing op te sit. Jy weet as ‘n ou ‘n paar kappe te veel in het, dan kan hy nogal redelik moedswillig raak – die vrees vir groter geraas keer almal in die omtrek om regtig ons stemme te laat hoor. Dankie dat jy kom kuier het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s