SHREK OOR VRIENDSKAP

Ek het dit baie geniet om Shrek se mannewales op die silwerdoek dop te hou. Die gesprekke tussen die ernstige Shrek en spitsvondige Donkey was altyd lekker om na te luister. In die een toneel is Shrek en Donkey nie heeltemal “lekker” met mekaar nie. Die gesprek verloop so:

    Donkey:  Come back here!  I’m not through with you yet!
    Shrek:  Well, I’m through with you!
    Donkey:  Uh-uh.  You know you are always, “Me, Me, Me”.  Well now it’s my turn.  So you just shut up and pay attention.  You are mean to me.  You insult me and you don’t appreciate anything I do.  You are always pushing me around or pushing me away.  
    Shrek:  Oh yeah? Well if I treated you so bad, how come you came back?  
    Donkey:  ‘Cause that’s what friends do.  They forgive each other.
    Shrek:  Oh yeah Donkey, I forgive you…for stabbing me in the back!
    Donkey:  Oh!  You are so wrapped up in layers, Onion Boy, you’re afraid of your own feelings!
    Shrek:  Go away!
    Donkey:  See! There you go doin’ it again just like you did to Fiona.  All she ever did was like you, maybe even love you.
    Shrek:  Love me? She said I was ugly.  A hideous creature!  I heard the two of you talking.  
    Donkey: She wasn’t talking about you.  She was talking about somebody else.Shrek:  She wasn’t talking about me?  Then who was she talking about?

    Donkey: Uh-uh.  No way. I ain’t sayin’ anything.  You don’t want to listen to me.  Right? Right?

    Shrek: Donkey…

    Donkey:  No!

    Shrek:  OK, look; I’m sorry.  Alright?  I’m sorry.  I guess I am just a big, stupid, ugly ogre.  Can you forgive me?  

    Donkey: Hey, that’s what friends are for, right?

    Shrek:  Right.  Friends?

    Donkey:  Friends!

In hierdie deel van die gesprek is daar ‘n hele paar harde woorde – seermaak woorde. Hierdie twee vriende het ‘n konflik en die vriendskap is baie duidelik op ‘n mespunt gebalanseer. Donkey wil Shrek tot verantwoording roep vir sy optrede. Shrek op sy beurt stoot altyd mense weg en aanvaar nie sommer liefde of vriendskap van enige iemand nie. Shrek is nou vies oor hy Fiona verloor het en nou karring Donkey ook nog aan hom.

Almal van ons gaan konflik in al ons verhoudings hê. Een van die belangrikste voordele van vriendskap is dat mense in vriendskap die verhoudingsvaardighede aanleer wat jy in die huwelik gaan gebruik. Ek is so dankbaar dat ek vandag met my beste vriend(in) getroud is. Konflik kan een van twee dinge doen, of die konflik gaan iets wees waardeur ons werk en wat dan ons vriendskap sterker maak, of dit gaan iets wees wat die verhouding uit mekaar dryf.

In Prediker 4:10 lees ek hierdie woorde: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom te help nie.” (Prediker 4:10)

Almal van ons het sulke vriende nodig. Ek het so ‘n vriend. Na my egskeiding en my uit die kerk uit wees, was ek bitter en baie alleen. Een van die belangrikste redes waarom ek teruggedraai het en weer die lang pad terug na die bediening begin stap het, was omdat iemand my vriend gebly het, toe ek nie eers daarvan geweet het nie. Sy naam is Nic Alberts. Op ‘n Vrydag-middag in 1992 het Nic my gebel en hy het iets gesê in die lyn van: “Die gebedsgroepie by ons gemeente kom nog steeds elke Saterdag-oggend by mekaar. Kan ek jou more-oggend kom haal om saam te gaan?” Daardie oproep en die volgende oggend se saam gaan bid, was in my kop die draaipunt in my lewe. Vergeet en vergewe was al die seer wat ek met my dwaasheid aangevang het.  

Ek dink dit is amper iets soos: Hierdie gesprek tussen Shrek en Donkey. Die name verander net ‘n bietjie.

Attie:  OK, look; I’m sorry.  Alright?  I’m sorry.  I guess I am just a big, stupid, ugly ogre.  Can you forgive me?  

Nic: Hey, that’s what friends are for, right?

Ek gaan vandag probeer om ‘n beter vriend te wees deur meer te luister as wat ek praat.

Ek wonder…

Het jy ook so ‘n vriendskapservaring?

Wat sou jy vandag kon doen om ‘n beter vriend vir iemand te wees?

16 thoughts on “SHREK OOR VRIENDSKAP

Add yours

  1. Ek weet dis seker nou nie die rigting waarop ds se post afstuur nie, maar dit maak tog ‘n vraag in my wakker. Wat as ‘n mens se huweliksmaat nie jou vriend is nie? As mens net leef van dag tot dag in ‘n huwelik wat niks vir jou siel doen nie? Twee skepe wat in die nag bymekaar verbyvaar… Wat dan?

  2. Ek maak nie maklik vriende nie, maar die handjievol vriende wat ek het, is vir my goud werd. Ek weet ek kan enige tyd dag of nag op hulle steun. Dan het ek ‘n ander vriendin, ons ken mekaar amper 10 jaar en in al hierdie tyd kom die vriendskap van my kant af alleenlik. Wat maak mens dan? Do you cut your losses of hou jy aan baklei vir ‘n eensydige vriendskap?

  3. Goeie more Attie!

    Ek is ook geskei, 6jr al. En ja! ek het so ‘n vriend … en ek sal hom vir niks verruil nie. Hy is al intussen getroud, ons vriendskap groei elke dag. Ek kan ten volle op hom vertrou, en hy op my.

    Mense verstaan dit nie lekker nie, want hoe kan ‘n man en vrou dan NET vriende wees?!

    Ja ons het ons ‘moments’, maar sorteer dit vinnig-vinnig uit, want ons vriendskap is vir ons erg kosbaar!

    Thanks vir jou bloggerasies!! ek geniet dit gate uit!

    Groete uit die Kaap

  4. Sommer-net-ek: Ek hoop ander gaan jou ook antwoord. Mag ek net sê: Vriendskap moet aan gewerk word. Somtyds vra dit konfrontasie en moet mens soos “Donkey” ook sê: “Shut up en luister!” Wat darvan jy “print” hierdie “post” vir jou maat en laat hom/haar dit lees en vra of julle daaroor kan gesels? Net ‘n gedagte.
    Vra-net: Ek sê maar vir Christene – vir hoe lank moes die Here Jesus se vriendskap met jou net van een kant af kom. Dalk is jy die een mens deur wie die Here iets groots in daardie ander vriend se lewe wil doen. Ek dink – byt vas. Wees ‘n vriend(in).
    skoenlapr: Wonderlik as dit so kan werk. Wonderlik as sy vrou ook daaroor ontspan. Ek dink dit is moontlik. geskeides is dikwels baie eensaam en as hulle so ‘n “tuiste” kan kry, dan is dit genade.

  5. Ds Attie, ek is ook geskei en het deur hel gegaan en terug, deur God se genade is ek weer getroud en dis hoekom ek nou hier in die verre USA bly, die pyn het my verskeur vir 3 jaar, ek het al my vriende verloor in die proses en toe ook sommer my land en mense. Dit was baie seer. God in sy genade het vir my ‘n tweede kans gegee en nou het ek lief geword vir hierdie land en ek het nuwe vriende. Net twee weke terug het ek ‘n ou skoolmaatjie op die net raakgeloop en ons het die laaste 18 jaar se verlore tyd ingehaal en email nou vir mekaar elke dag. Ek het deur al my “diep in die modder wees” geleer ware vriendskap is die een ding op hierdie aarde wat mens moet vashou, beskerm en koester. “A single candle can illuminate an entire room. A true friend lights up an entire lifetime.”

  6. ladyguinevere68: Ek is saam met jou dankbaar vir jou tweede kans en jou nuwe begin. Jammer dit was in ‘n vreemde land tussen vreemde mense. Maak die meeste daarvan.

  7. Ds Attie as dit nie vir God se nabyheid was nie weet ek nie, in hierdie vreemde land en vreemde mense het ek soos Abraham in die woestyn vir God beter leer ken. C.S. Lewis se: “It is when we notice the dirt that God is most present in us; it is the very sign of His presence.” dis so waar. Ek’s nou al 4 jaar hier en my wonde is soortvan genees, ek was aan die begin van die jaar vir die eerste keer terug na SA en toe ek terugkom na die VSA het ek besef hoe lief ek vir my nuwe land geword het. Ek is baie gelukkig hier! Ek is so dankbaar vir God se “providence” in my lewe.

  8. ladyguinevere68: My broer en sy gesin is ook in die VSA maar hulle is nou al baie langer daar. Sy een dogter is al getroud. Hulle bly in Memphis. Ek was nou al twee keer daar wanneer ek vir ander sake na die VSA toe is. Hulle kom ook nou weer bietjie vakansie hou die einde van die jaar. Ek hou van jou aanhaling van CS Lewis.

  9. Ja vriendskap….dit is vir my n belanrike deel in my lewe, maar wat van vriendskap met jou kinders? Dit is vir my belanrik en jy moet baie hard werk aan n 12 en 15 jarige se vreindskap?….hulle dink maklik jy s verkeerd of outyds….
    Wat vriendinne aan betref, ek is gelukkig om baie te he maar ek glo jy moet hard werk en partykeer groei jy verby jou beste vriendin…maak tyd om te gesels en mekaar se gevoelens en drama te verstaan anders ontstaan daar maklik n misverstand wat jy dink jou vriendin dink of voel
    Wat my man betref is ek eens.. hy is my pal ongelukkig my beste pal ek se ongelukkig omdat hy maar al my grille en geite ook moet verduur….gelukkig bly hy nog altyd lief vir my……….

  10. Sonnekind: Ek werk met tieners. Nou weer 143 Graad 7 kinders op ‘n week kamp gehad. Die oorgrote meerderheid gee nog aan hulle ouers die plek van die belangrikste invloed in hulle lewens. Jy is egter reg. Ons werk nie hard genoeg daaraan om ons kinders se vriende ook te wees nie. Ek dink dit omdat die balans tussen vriendskap en ouerskap moeilik is. Want as ouer speel ek soms ‘n rol wat ‘n bedreiging kan wees vir die vriendskap, dan moet ek maar ouer wees.

  11. Ds Attie
    Dit is die eerste keer wat ek oom se koffie tafel besoek. Ek het eers net by Shrek begin, maar toe lees ek sommer ALLES. Dit is cool. ek gaan dit nou meer doen…

  12. Vriendskappe, ja wel dis seker een van die moeilikste dinge wat ‘n mens moet uit leer. Vriendinne maak seer en ek wonder of ek regtig ooit my beste vriendin sal verstaan, vir wat sy besluit en waarom sy dit doen. Ds Attie ek kan net op my knee bly vir my vriendin en Glo dat die Here alles onder beheer het, want soos ek vandag voel, weet ek nie so mooi van dit nie. Ek wil dinge nou gedoen he, en dan besef ek net weer, dat die Here nooit te laat is nie.

  13. Stoutsus: Sterkte met Shrek – ek vermoed egter ook hy laat jou veilig voel.
    Este: Ek is so bly jy het nie net kom inloer nie, maar selfs die moed gehad om ‘n kommentaar te lewer. Kom gerus weer.
    Tereza: Iemand het by geleentheid gesê: God moves mighty slow, but never late.!” Maar soos Donkey sê: That is what friends do.

Lewer kommentaar op Vra net Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.

Up ↑