WAT DIE DUIWEL DOEN DIE DUIWEL

“Duiwel” is die vertaling van die Griekse word diabolos wat aanklaer of een wat laster kan beteken. In die Nuwe Testament word die Griekse woord  daimon ook met duiwel vertaal. Die gedagte dat die duiwel een van God se engele was wat uit die hemel geskop is omdat hy God se plek wou inneem kom van die evangelie volgens Lukas. “Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: ‘Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.’ Toe sê Hy vir hulle: ‘Ek het Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val.’ Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”  (Lukas 10:17-20)

In sy baie besondere boekie “My Utmost for His Highest skryf Oswald Chambers so: “By regeneration the Son of God is formed in us, and in our physical life He has the same setting that He had on earth. Satan does not tempt us to do wrong things; he tempts us in order to make us lose what God has put into us by regeneration, viz., the possibility of being of value to God. He does not come on the line of tempting us to sin, but on the line of shifting the point of view, and only the Spirit of God can detect this as a temptation of the devil.Temptation means the test by an alien power of the possessions held by a personality. This makes the temptation of Our Lord explainable. After Jesus in His baptism had accepted the vocation of bearing away the sin of the world, He was immediately put by God’s Spirit into the testing machine of the devil; but He did not tire. He went through the temptation “without sin,” and retained the possessions of His personality intact.”

Ek wonder darem of ons nie soms aan die duiwel meer krediet gee as wat hy verdien nie. Oswald Chambers sien dit dat die duiwel ons nie versoek om sonde te doen nie, maar om nie te doen wat God vir ons beplan het nie. Jesus het gekom om in ons plek aan die kruis te sterf, die duiwel het verskillende kort-paaie voorgestel sodat Jesus dit nie hoef te doen nie. Jesus gaan deur die versoeking sonder om te sondig, met ander woorde sonder om een enkele tree af te wyk van dit wat Hy gekom het om te doen.

Iemand het eendag gesê ek doen sonde omdat ek kies om sonde te doen. Die duiwel en sy engele is baie keer ‘n verskoning omdat ek nie die moed het om self verantwoordelikheid te aanvaar vir dit wat ek gedoen het nie, as ek die duiwel die skuld kan gee, dan het ek myself ten minste verontskuldig. En dan het ek waarskynlik nie Christus se verontskuldiging nodig nie.

Wat dink jy, wat die duiwel doen die duiwel?

29 thoughts on “WAT DIE DUIWEL DOEN DIE DUIWEL

Add yours

  1. Iemand het eenkeer vir my gevra: is die duiwel netso belangrik as die Here aangesien ons netso op hom (die duiwel) konsentreer. Die hele doel van die lewe is om God te aanbid, die duiwel is ‘n bysaak. Ds het eenkeer in ‘n preek gesê mens maak nie iemand seer vir wie jy lief is nie, so hoekom doen ons dit met die Here? Dit sluit in lelik praat of doelbewus iets verkeerds doen. My punt is, konsentreer om die Here gelukkig te hou en net goeie dinge gaan met jou gebeur.

  2. Ds Attie,alhoewel dit alles kompleks is,is in jou laaste paragraaf ‘ek doen sonde omdat ek dit kies’die naaste aan die waarheid,veral as ek weet dat sekere optredes sondig is,en ek gaan daarmee voort.
    Nou kan ek se dat bv.die drank wat ek gratis op n funksie kry,die klub se kontantgeld wat ek alleen hanteer,die uitlokkende vrou ,ens ens,nie my skuld is dat die duiwel dit oor my pad gebring het,of dat die Here dit toegelaat het.Die besluit is myne.Is die Gees in my nie sterk genoeg om dit te weerstaan,of soos sommiges redeneer ,die duiwel in my is sterker ?
    Dus ,alhoewel kompleks,bly dit my keuse,want ek kon nee gekies het.

  3. Ronel: Ek wonder ook: Die een wat die meeste aandag kry is dit die een wat vir my die belangrikste is. Ek het nie ‘n antwoord nie.
    Jak: Ek vra ook: Kan dit wees dat die Gees in die kind van God ‘n stryd voer teen die duiwel wat ook in die kind van God is?
    Weereens: Ek wonder en dink saam met julle en probeer niemand vasvra nie.

  4. Die keuse le beslis by ons, of ons gaan toegee of nie. Ek stem saam dat ons, ons fokus op God moet hou, dan sal ons in elk geval 2 keer dink voordat ons iets teen Sy wil doen. Aan die ander kant wonder ek of die duiwel nie wil he dat ons sy bestaan en aandeel moet ontken nie, sodat hy rustig kan voortgaan met sy verleiding. Indien jy jou vyand ken, is dit nie makliker om sy lokvalle te vermy nie?

  5. Wonder: Jy raak ‘n baie interesante punt aan: “Aan die ander kant wonder ek of die duiwel nie wil he dat ons sy bestaan en aandeel moet ontken nie.” Ek dink hier is twee realiteite: Die realiteit van die duiwel en die realiteit van die oorwinning van Jesus Christus. Ek wonder watter een is die triomferende realiteit?

  6. Is dit nie dalk dat ons nog altyd leer en nooit terwyl ons op aarde is Heilig en volmaak sal wees nie. Iemand wat toelaat dat die Gees sy lewe regeer behoort dan sterker teen versoekings te staan as iemand wat net sy hart vir die Here gegee het. – Ek vra?
    “Sterker is die een wat in my woon as die een in die wêreld”.

  7. Jy is reg, n mens verloor soms die feit dat die duiwel klaar oorwin is, nou slegs beperkte mag het en dat aan ons die n groter mag gegee is om op slange en skerpioene te trap in die naam van Jesus sonder dat ons enige leed deur die vyand aangedoen sal word.
    Daar is egter iets wat ek nie verstaan nie – In openbaring het ons geleer dat ons op die oomblik in die 1000 jaar van vrede leef, terwyl die vyand gebind is, maar die afgelope duisend jaar was alles behalwe vrede op aarde.

  8. Middagse, Doom!

    Kierts! Kyk waar loop draai Doom dan nou vandag. Doom, ding hou van die 2 realiteite-denkrigting. Maar Doom, is die oorwinning van Jesus Christus nie wel die triomferende realiteit nie? Ding reken so. Was dit nie deels doel waarom Hy moes mens word, sterf en die dood oorwin nie? Ding het nogal gereken dis hoekom Hy daardeur moes gaan – wie voor Hom kon die loon van die sonde, nl. die dood (in teenstelling met die ewige lewe) oorwin?

    Enewel, ding vind ook aanklank by die idee van die Gees in my en die duiwel in my …

    Waaroor ding vandag wonder: as hoe werklik ervaar mense die duiwel-entiteit? Ding bedoel nou maar net: ons neem aan dat mense, Christen gelowiges dan nou, God drie-enig as werklik ervaar, nie waar nie? Dikwels hoor ons hoe mense getuig dat God se teenwoordigheid aangevoel kan word. Dikwels hoor ons hoe mense getuig dat God se hand iewers in gebeurtenisse gesien kan word – verstaan wat ding bedoel, ja? Nou is my vraag: wanneer ons na die duiwel, of satan, verwys, BESEF ons dat daardie entiteit presies net so werklik moet wees? BESEF ons die ware impak, krag en mag van die duiwel/satan? As presies WAT word die idee van “duiwel/satan” ervaar? Of is dit vir baie maar net ‘n vae, donker, onbekende naam vir iets waarvan ons nie veel weet nie, indien enigiets?

  9. HeLo: Ek hou van “Sterker is die een wat in my woon as die een in die wêreld”. Dit is tog die Gees wat in my woon, hy is terker as die owerste van hierdie wêreld.
    Wonder: Ek dink dit is deels die boodskap wat nie gehoor word nie: Die duiwel is klaar oorwin. Aan ons (as Christene) is die sterker mag gegee. Oor die duisendjarige-vrederyk, kom ons los dit bietjie vir ‘n ander bespreking.
    Ding: Inderdaad is ek daarvan oortuig dat die groter triomferende werklikheid is die oorwinning van Jesus Christus deur sy sterwe en opstanding. Sommige mense (lees maar teoloë as jy wil) wil inderdaad nou die duiwel reduseer tot ‘n verbeelndsvlug in die tyd toe die Bybel geskryf is. Ek dink hy is ‘n werklikheid. In Genesis 3 doen die duiwel hom voor as ‘n slang. In Openbaring 12:9 word hy so beskryf: “… want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uitgegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.” Die duiwel is primêr die misleier van mense. Ek kan my nie voorstel hoe Satan lyk nie, maar dit beteken nie dat hy nie bestaan nie.
    Watter impak/mag/krag het die duiwel oor/op Christene?
    In hoe ‘n mate moet ‘n mens bang wees vir die duiwel?

  10. Die duiwel was daar van voor die begin af -toe hy teen die Here gerebeleer het- van genesis tot openbaring en vandag nog. Hy sal darem n groot slag slaan as ons nou sou besluit hy bestaan nie rerig nie. Ons moet onthou die Here en die duiwel is twee koningkryke en die duiwel wil baie graag he dat ons die ewigheid saam hom deurbring.

  11. Alec: Die een wat die meeste gaan baat as ons skielik begin dink hy bestaan nie, is die duiwel self. Iemand sê verlede week: Dink net hoe die duiwel in gaan die duiwel-aanbidders wees as ons skielik sê daar is nie ‘n duiwel nie.
    Almal wat nog hier lees: Praat bietjie met my oor hierdie vraag: Hoe is die duiwel en sy bose magte verantwoordelik of nie verantwoordelik vir die dinge wat skeef loop in my lewe?

  12. Ons staan elke dag voor keuses wat ons moet maak. As daai stemmetjie in jou kop vir jou nee sê, moet jy luister, m.a.w. as jy twyfel oor iets, moet dit nie doen nie, want dis heel moontlik die verkeerde ding, anders sou jy nie getwyfel het nie. Ek dink mens moet ook gedurig vir die Here vra wat Sy wil vir jou lewe is. Ek dink ook mens moet rééds baie op jou hoede wees vir die duiwel as jy baie na aan die Here lewe, want die duiwel wil nie hê dat jy ‘n verhouding met die Here moet hê en vrug dra nie.

  13. Kaalvoetkind: Dit lyk my jy sê dat mens ‘n naby verhouding met die Here moet hê. Ons het gisteraand weer gehoor: Die geestelike dissiplines is die manier waarop ‘n dissipel van Jesus op die plek is waar die Here deur die Heilige Gees sy lewe kan beïnvloed.

    Kom ek vra nou maar die vraag wat ek gehoop het iemand anders gaan vra: Moet ek bang wees vir die mat teen my muur wat deur ‘n man gemaak is wat ‘n afgod aanbid? Kan die dinge wat in my huis rondstaan die oorsaak wees van ongeluk of teenspoed of dat my verhouding met die Here nie is wat dit moet wees nie? Wat dink julle?

  14. Ek is meestal self verantwoordelik vir die dom goed wat ek doen, maar die duiwel gebruik dit dan elke keer tot die maks. om my daarmee te looi.

  15. Doom, Doom vra vandag (gister) darem wye vrae. Doom, ding se gedagte op Doom se 2e vraag eerste: hoe ver strek die betekenis en die invloed en die gevolg van die kennis van goed en kwaad, Doom?

    Doom se 1ste vraag: ding het ‘n vriend wat hou van sekerheid – vir wie ‘n antwoord ‘n klaar antwoord moet wees: of jy is skuldig of jy is nie. Die man se gewoonlik: moenie my tussenin antwoord nie – of jy is swanger of jy is nie. In soortgelyke terme wil ding vandag se Doom, ‘n mens IS bang of jy is NIE bang nie. Daai van “moet bang wees”, Doom, daai werk nie vir Ding nie.

    Ding trap waarskynlik nou waar die intellektuele reuse nie sal waag nie, maar ja, dis hoekom ding mos ding is. hehe. Doom, mense glo verskillend en ervaar die kwessie van “goed” en “kwaad/bose”; “Lig” en “donker”; “God” en “satan” verskillend. En juis vanwee verskillende vermoens van ervaring van geloof, is die vraag vir ding nie of ek moet bang wees vir die mat teen die muur nie, maar: indien ek bang is vir die mat teen die muur, WAT DOEN ek met my gevoel (bang) en WAT DOEN ek met die mat?

    Doom, as daar mense is wie in God glo, moet daar mense wees wie in satan glo. As daar aanbidding en “rituele” is waarmee Christene hulle geloof telkens bewys en versterk, soos bv. die doop; nagmaal; eredienste; bidure, is dit nie logies te verwagte dat daar “aanbidding” en rituele moet wees waarmee sataniste hulle geloof telkens bewys en versterk nie?

    Doom, wanneer ons vra: verlos my van die bose, wat bedoel ons eintlik? Bedoel ons dat ons verlos moet word van die geneigdheid tot sonde? Indien wel, hoekom vra ons dan nie verlos my van die geneigdheid tot sonde, nie?

    Is dit nie net eenvoudiger, geriefliker, minder inspanning, en baie, baie makliker om bloot die kennis van goed en kwaad te beperk tot die vlak waar ons eenvoudig domastrant aanvaar dat God die enigste lewende godheid is nie?

    Hmmm…. ding hou hierdie gesprek met gespitste ore dop … dis interessant, baie interessant en nog interessanter sal Doom se antwoorde op Doom se vrae wees.

  16. Ding: Die duiwel is ‘n werklikheid wat bestaan. God bestaan. Die duiwel bestaan ook. Een ding is duidelik – die duiwel kan niks doen sonder God se goedkeuring nie. Neem nou maar daardie gunsteling persoon van Ding – Job. Die duiwel moes eers toestemming by God kry voordat hy met Job al daardie dinge kon aanvang.
    Die goeie nuus van die Evangelie is – die duiwel is verslaan. Ek lees net gister weer dit is soos ‘n stad wat beleer is. Alles is toe. Die vtand lê buite om die stad. Enige oomblik kan die vyandelike magte die stad binnestorm. Dan een nag glip ‘n spioen uit om hulp te gaan soek. Die volgende oggend kom hy terug met die nuus. Moenie bekommerd wees nie. Die weermag van ons vyand is klaar verslaan. Hulle het nog net nie die boodskap gekry nie. Die boodskap is oppad.
    Jesus het gesê: Kyk Ek kom gou.
    Ons bid: Verlos ons van die Bose – want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
    Ek, ek het respek vir die duiwel, maar ek is nie bang vir Hom nie. My Here het sy kop vermorsel.

  17. Doom, dankie opreg – man! Die persoon met die naam John Piper MAG maar insig, begrip en globale persepsie he! WERKLIK die moeite werd om te lees en weer te lees. Dankie Doom, DIT was nou hiperskerp!

    Doom, ding wil net weer vir jou kom vertel: hierdie kerk HIER, Doom – ding kom sit sommer elke dag in hom. En Doom, eintlik is DIT mos nou ding se droomkerk … gaan loer weer na ding se eerste kennismaak groetwoord met Doom in ons eerste gesprek – is maar net hoe dit is!

  18. Ding: Daardie eerste kennismaak was vir my ‘n rigtingduider, ‘n padaanwyser oor hoe hierdie “kerk-ding” van ons gedoen behoort te word. Ek is self aangenaam verras met wat hier gebeur. Ek het mos vir vroutjie ook daardie persoonlike e-possie gedruk en sy het met trane gelees en hier teen die kennisgewingbord in my studeerkamer kom opsit vir die kere wat doom dreig om bietjie moedeloos en oorwerk te raak. Lees John Pier gerus oor ‘n paar ander dinge ook. Soms bietjie fundamentalisties, maar meeste van die kere baie bruikbaar.
    Groetnis.

  19. Ek lees gewoonlik Saterdae die week se skrywe. Ds Attie op jou aanmerking van die dinge in ons huise wat magte gee. Ek het my redenasie daaroor, maar dit is nie waaroor ek wil praat nie. Ons het deel geraak van ‘n kleingroep wat ons telkemale gekritiseer het oor oa die dwergies in my portaal en die feetjies op my kinders se boeke. Dit het my laat minderwaardig voel teenoor hulle, en ja in my self laat twyfel. Is dit die werking van God? Die uiteinde, ek besoek nie meer die kleingroep nie. Erediens daag ek op en verdwyn dan so vinnig moontlik. Ek ontrek by die diensgroepe waar ek begin betrokke raak het, want ek voel nie regtig dat ek iets vir iemand kan beteken nie. En ja ek besef dit is nie reg nie, maar hoe glo ek weer in myself en dat ek vir iemand iets kan beteken. As hulle so op ons neerkyk

  20. Tanzie: Ek raak more in my preek hierdie ding so ‘n klein bietjie aan omdat dit my ook erg bekommerd maak. Ek sal dan Maandag oor die preek begin blog ook om die gesprek ‘n klein bietjie verder te neem. Kan eki maar net sê: Die Here wil nie dat ons minderwaardig voel en dat ons in onsself twyfel nie. tel jou kop op. Moenie toelaat dat ander mense hulle bygelowe op jou afdwing nie. Kol. 2:15 sê dat Hy al hierdie bose magte ontwapen het. Ons moet hulle nie weer bewapen nie.

  21. Tanzie: ek wil graag met jou deel. Ek het ook eers so gedink (feetjies) soos jy, maar het later besef – daar is magte wat in jou huis skuil waarvan ons nie weet nie. My man het die boek vir my gegee – “Maak skoon jou huis”. Ek het dadelik die hele boek klaar gelees en het soveel antwoorde gekry. Toe het ek dadelik die volgende dag, paar goeters verwyder. Selfs my kinders se speelgoed. Veral in my dogtertjie se kamer was daar “droomvanger” wat bo haar bed opgehang het. Elke more is sy nie in ‘n goeie bui. Nadat ek dit verwyder het, (sy het tot vandag toe nog nie eens agtergekom!), het ek getoets – het jy lekker geslaap? “Ja, mamma!”. Ek het stilletjies gejuig. Moet nie te gou opgewonde raak nie. Elke more vra ek haar weer en daar was nie meer ELKE liewe more se negatiewe antwoorde. Net baie soms. Ek het ook my hout maskers wat ek 3 jare terug in Nelspruit gekoop, uit die kas verwyder en verbrand. Waarom het ek so lank in die kas gebere? Ek het getwyfel waar om op te hang. Die boek het my antwoorde gegee – verwyder dadelik. Nadat ons die baie goeters wat ons hinder laat verbrand, het ons ligter in ons huis gevoel. Mens besef nie rerig, bose magte skuil ook iets in die huis. Bid gereeld vir jou huis se atmosfeer dat jy nie sal toelaat dat die duiwel ook in jou huis SKUIL. Vra Here om in jou hart te druk en laat HY jou oe oopmaak en wys dat hierdie goeters nie reg is nie.

    Nog iets wat baie waar is! Daar was ‘n dogtertjie wat in tiener was. Elke more was sy nie in ‘n goeie bui as sy opstaan. Haar ma het haar baie kere na haar dokter toe gevat. Tot op ‘n dag het haar ma iemand vertel. Toe het ‘n vriend genoem, ek sal na haar kamer toe kom. Die vriend vertel – toe hy in die kamer kom, het hy dadelik die duiwel magte gevoel wat hom aanval. Hy het die groot pop gesien. Toe se die man, dis hierdie pop. Verwyder dadelik. Toe die dogtertjie dit hoor, het sy dadelik die pop gegryp en stukkend gegooi. “Ja mamma, dit was hierdie pop wat my bang gemaak het!”. Sy het nie besef nie, maar die vriend het vir haar makliker gemaak. Haar mamma se toe, jy kan nie die pop verwyder nie, want dit kom uit USA en was baie duur. Maar hulle het dit gedoen. Daarna het die dogtertjie nie weer nagmerries gehad nie.

    Ag skies – ek trek so lank met dit.

  22. Volharding, weet jy die feetjies is nie wat my pla nie. Ek glo hierdie prentjies ens het net soveel mag soos ons hulle gee. My God het alles reeds oorwin, en ek het geen vrees of bekommernis daaroor nie. Ek bid daagliks vir Jesus Christus se bloed oor my huis en kinders. Wat my wel bekommer is dat Kinders van God mens kan laat voel of jy en jou dienste minderwaardig is, en moontlik meer kwaad doen as goed, omdat jou kinders se skool boeke feetjies op het. Hulle het selfs so ver gegaan om vir kinders te se, agter my rug dat hulle nie ‘n kind van Jesus kan wees, as hulle in feetjies glo nie. My dogtertjie wat op daardie stadium 8 jaar oud was het geantwoord dat sy nie in feetjies glo as haar Verlosser nie, maar dat sy bloot net die prentjie waardeer. Ek het al die maak skoon jou huis dvd gekyk, maar ja my geloof is dat Jesus se bloed my huis skoon was. Glo my gewis ek kritiseer nie jou mening nie, ek respekteer dit, maar ek het belis ‘n ander mening.

  23. Ek wonder? Kan iemand net verduidelik hoe rym Volharding se standpunt met dit wat Attie gesê het dat die bose magte volgens die Nuwe Testament ontwapen is? Ek wil saam met Tanzie stem. Hierdie dinge het net soveel magte as wat ons hulle gee. My probleem is dat hierdie “ervarings” meer gesag kry as wat die Woord het. Die Woord sê Jesus het die bose magte oorwin. Ervaring sê ‘n pop en ‘n drromvanger en ‘n masker het meer magte. Sorry ek kies om die Woord te glo. Daar is ‘n lied: Jesus bring vrede redding en vreugde. Jesus het dit vir my gedoen. Ek sal nie meer bang wees nie. Tanzie – ek dink jy dink reg.

  24. Hallo DA, hier staan ek alweer langs jou koffietafel en loer met lang kyke na die koekies en koffie. En ek wonder net: As die duiwel na jou kom met ‘n aanbod, is hy verkeerd om jou die aanbod te maak of is die mens verkeerd om daarvoor te val?

    Hoe dink DA het dit gebeur dat juis ‘n engel verban is uit die hemel om die satan te wees? ‘n Engel is daar regs langs God en ervaar sy almag in volle glorie, sien en beleef als terwyl ons as mens dit in ‘n boek lees. Hoe is dit dan dat ‘n engel teen Hom draai en verban word, maar die mens wat niks weet nie, moet eenvoudig net glo en eerbiedig wees sonder vrae?

    Is die verskil dat die mens vergewe word omdat hy nie ten volle verstaan nie, terwyl daar geen verskoning vir ‘n engel is nie?

    En sekerlik is daar nou nog engele wat struikel en val. Hoekom sal dit nie so wees nie? Hoekom is dit so? Word hulle dan deel van satan se army sonder ‘n tweede kans of hoe werk dit?

    En as die satan die aarde besit, hoekom word ons daaraan onderworpe? Waaroor gaan die siele skaakspel nou eintlik? As God die mens geskape het en hom ‘n siel gegee het, waarom het die mens die keuse wat van daardie siel word as dit eintlik God s’n behoort te wees ‘by default’?

    As die satan niks sonder God se goedkeuring kan doen nie, hoe verduidelik mens gebeure wat mense doodmaak, gebeure wat nie toegeskryf kan word aan mense nie, soos aardbewings en vloede?

    Dit is makliker om te glo as dit goed gaan, dit is so.

    Het God dan doelbewus toegelaat dat satan die tuin van Eden betree om Adam en Eva in die versoeking te plaas of was hy bloot vir God een voor? Wat was die idee met die tuin waar alles so wonderlik en onskuldig en oorvloedig was? Hoekom so hard oordeel oor Adam en Eva as ons sondes telke male vergewe word? Hoekom die ganse mensdom straf vir een oortreding?

    Vra die duiwel vir God of hy elke mens kan treiter en breek, soos vir Job? En hoe is dit dat Job eenmalig getoets is verby breekpunt, terwyl elke dag ‘n toets is vir ons? Hoeveel toetse moet jy slaag/dop voordat die duiwel sal ophou vra en God sal ophou toegee? Hoeveel speelbeurte is daar om ‘n siel te wen?

    As Openbaring ‘n openbaring is, ‘n “spilling of the beans”, hoekom verstaan geen mens wat daar geskryf staan nie?

    Hoekom vermy dominees daardie hoofstuk in hul preke as die antwoorde juis kastig daar gegee word as ‘n openbaring. Al wat ons verstaan is dat daar ‘n hengse battle aan die gang is, maar dat die oorlog nog oppad is. Waarom die oorlog? Ons word geleer om in vrede te leef, om te vergewe, om nie te oordeel nie, ens. maar ons moet voorberei vir ‘n oorlog waar ons moet baklei, nie in vrede leef nie, waar ons moet wegdraai, nie vergewe nie, waar ons moet oordeel tussen goed en kwaad, terwyl ons nie mag oordeel nie?

    En as jy val in ander mense en die bybel se opinie, maar daar is niks in jou hart wat jou laat voel dat jy geval het nie – daar is nie daardie stemmetjie wat jou aankla nie – beteken dit dat jy geval het of nie?

    Dis ‘n bekvol, ek weet, maar ek wonder nog altyd oor baie dinge. My ultimate vraag is – waar kom God vandaan?

    Ek word telkens oor die vingers getik as ek hierdie vrae vra, want dis sonde om te vra. Is dit?

    My kop is nou skoon seer van al die vraagtekens…tot later dan DA, en dankie. Dis vandag my beurt om die koffiebekers te was terwyl DA ‘n Disprin loop soek.

  25. Hi Stoutsus: Welkom terug. Ek ken ook maar ten dele. Maar ek moet nogal sê daardie stuk van John Piper waaroor daar ‘n skakel by # 17 is, het my nogal baie gehelp. Net dit: Dit mag tog nie sonde wees om enige vraag te vra nie. My antwoord is dat God nie ‘n oorsprong het nie. hy is die oorsprong. En die skaakspel gaan nie aan nie, die skaakspel is verby. “Hy het die bose magte ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.” (Kol. 2:15) Daar is baie spekulasie oor die duiwel. En mense gee vir die duiwel baie meer erkenning as wat hy verdien. Ek weet nie 100% alles van die duiwel af nie. Ek weet ook nie 100% alles van God af nie. Ek weet net wat ek kan weet, en dan het ek nie ‘n keuse as om te sê ek weet wat die Bybel weet. Die Bybel verseker my van reeds behaalde oorwinning en ek gaan nie toelaat dat mense se ervarings my van daardie sekerheid beroof nie. Die vraagtsuk oor LYDING hou teoloë al baie jare besig, en daaroor het ek nie ‘n antwoord nie. Ek weet net ek is veilig omdat Hy my sal deurdra. Ai Stoutsus, ek weet ek antwoord nie naastenby al jou vrae nie, maar ek is ook maar hier omdat ek saam met ander en by ander wil leer.
    Ek gaan gou bietjie daardie siprin nader trek.
    Groetnis.

  26. Doom, hier’s ding weer, hier’s ding weer by jou koffietafel ja…

    Kierts! Hierie sustertjie van ding is darem maar vandag wild en woes?! Gits, Sussa, toe trek jy sommer die groot kanonne nader – jy sou die koffiebekers WAS, nie stukkend skiet nie, of hoe??

    Maar ding moet bieg, daar is nogal van Sussa se vrae waaroor ding ook nogal klipsit-sessies hou of nog wil hou en dan Doom, ding weet darem nou nie so lekker nie, hoor. Doom, ding reken tog maar die skaakspel is nog steeds aan die gang – die eerste pot is gewen, ja, baie beslis, maar die duiwel en sy trawante is nog steeds op aarde doenig; hulle is nog steeds besig om siele te vergader (die brullende leeu, ja?) en dis dan die doel van die mense wie in Christus glo – om mee te werk aan die volgende fase(s) van uiteindelik oorwinning – die oordeelsdag. Hieroor het ding ook bietjie gaan vergelyk met wat John Piper verduidelik. So, Doom, ding weet darem maar nie so lekker van daai meer erkenning gee aan die duiwel as wat hom toekom nie – se ons dan eintlik vir mekaar die duiwel is ‘n poefter teenstaander vir Christus? Dat God maar eintlik ‘n poefter teenstaander gekies het, een wat klaar oorwin is en ons kan nou net lekker terugsit en in dankbaarheid voortlewe? Lyding, Doom, totaal gerasionaliseerd en oorvereenvoudig, is nog steeds deel van die skaakspel wat aansienlik groter as onsself is. En ding wil tog maar aansluit by Stoutsus se vraag/opinie: die oorlog is nog LANK NIE verby nie – hef-aan le nog voor, maar met die voorsprong vir die Christenmenskant: die eerste fase is reeds deur God se kant gewen. En dis omdat ding wil glo dat daar aansienlik meer om die lyf is tussen God en Satan as die twee opponerende gesagsfigure (met God die alreeds bewese Oppergesag) in die skepping, dat ding maar sommer bly by: ek is niks anders as God se skepsel met een uitsluitlike doel: om God te verheerlik soos God dit gerade ag; en solank ek dit onthou, weet ek dat God my, net soos ek is, reeds aanvaar en omhels het.

  27. Ding: Nee die stryd is nie verby nie. Lees maar Ef. 6:12 weer daaroor. Ons vyand is egter ontwapen. (Kol 2:15) Ons het ‘n onoorkombare voorsprong. Niks kan on skei van die liefde van Christus – die dood of engele of bose magte (Rom. 8:38-39). Ons moet natuurlik waaksaam wees. Martin Luther het gesê die duiwel is ‘n hon aan ‘n ketting. Die enigtse manier watr hy my kan skade doen is wanneer ek binne die reikwydte van daardie ketting gaan speel. Daarom kies ek om eerder op die waarheid van die oorwinning in Christus te fokus. Niks kan my skei van die liefde van Christus nie.

Lewer kommentaar op attie Kanselleer antwoord

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑