EN TOE VERDWAAL SY

Ons Graad 11 dogter Elane het saam met haar skool die Outeniqua roete gaan stap terwyl ons op Badseloop met die Graad 7’s kinders besig was. Enige iemand wat kinders het sal weet dat dit ekstra tyd in gebed vra. Enige iemand wat ‘n dagdromer vir ‘n kind het soos ons het, sal weet: Hier is potensiaal vir “disaster”. Woensdag-middag kry ons toe die sms: “Ek het verdwaal. Was vir ‘n baie lang tyd stoksiel alleen. Ek was nog nooit in my lewe so bang nie.” Gelukkig hoor ‘n mens eers van die dinge nadat dit gebeur het. Ons kon nie verder kontak maak nie en moes wag tot ons by die huis kom om die hele storie te hoor.

Sy het blase op haar voete gehad en op ‘n klip langs die pad gaan sit om die blase te versorg. Toe sy opstaan was die groep weg. Toe sy begin loop, toe kies sy die verkeerde pad. Ek vra toe hoe sy weer by die groep uitgekom het. Sy sê toe sy het haar broer gebel (Onderwyser by die skool en saam met hulle op die staptog was.) Hy het haar aanbeveel om op haar spore om te draai en terug te stap. Die res van die groep was reeds veilig in die kamp en haar ouboet het hulle net daar gelos en haar gaan haal. Gistermiddag kom wys sy vir my die kaart en hoe sy ‘n paar honderd meter van die kamp af die verkeerde pad gekies het en toe meer as ‘n kilometer van koers af gestap het. Gelukkig was haar ouboet daar en gelukkig is daar iets soos selfone.

Ek is baie dankbaar ons kind is veilig.

Die gebeure het my laat dink aan ons lewe. Ons – die ganse mensdom – was van koers af. Die verkeerde afdraai gevat. So erg van die pad af geraak, dat die Bybel sê dat almal van ons gesondig het en dat dit ons aan die heerlikheid van God ontbreek. Toe stuur God sy Seun (ons oudste Broer) om ons te kom soek. Hy het ons gekry, en Hy het ons verdwaal-skuld aan die kruis betaal. Al wat ek nou moet doen is om die telefoon op te tel, my oudste broer te bel en Hom te vra om my te kom haal, sodat ek nie meer verdwaal sal wees nie. 

Op 7 Desember 1977 het ek op my knieë in ‘n koffiekroeg in Oudtshoorn Hom gebel en Hy het my hand kom vat. Hy het my lewe radikaal nuut gemaak. Ek was ‘n nuwe mens. ‘n Paar keer daarna het ek weer die pad byster geraak, maar elke keer het die Goeie Herder die 99 skape in die kraal gelos en my kom haal.

Ek wonder hoeveel mense draai ‘n paar honderd meter van die “kamp” af om en verdwaal dan. Ek wonder hoeveel verdwaal omdat ons as hulle mede-stappers hulle laat dink dat ons ook verdwaal is. Ek wonder hoeveel wat hier lees het hulle lewens aan die Here oorgegee, maar as hulle eerlik moet wees sal moet sê: Ek is verdwaal. Ek moes êrens die verkeerde afdraai gevat het.

Bel jou oudste Broer, sy Naam is Jesus van Nasaret. Hy sal jou kom haal. Inteendeel, hy is waarskynlik reeds besig om jou aan te moedig om op jou spore om te draai en die pad na die “kamp” toe te stap. Daar waar al die ander stappers reeds veilig vir jou wag.

Ek wou graag hierdie stukkie pad saam met jou stap.

Kliek hier as jy ‘n gebed vir vandag wil lees.

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Christelike Lewe, Geloofsekerheid., Nagedink

3 responses to “EN TOE VERDWAAL SY

  1. Volharding

    Ek wonder hoeveel wat hier lees het hulle lewens aan die Here oorgegee, maar as hulle eerlik moet wees sal moet sê: Ek is verdwaal. Ek moes êrens die verkeerde afdraai gevat het. –> Dis reg, jy kan nie daagliks 101% sonder sonde lewe. Ek is ook een van die Christene wat hard probeer om nie die regte koers te verlaat nie. In Jesaja is genoem – “Wanneer jy die regte koers verlaat sal jy ‘n stem agter jou hoor se, hier is die pad, loop hierlangs”. Dankie dat ons mag in enige tye vir Jesus “bel”. Gratis in 25 ure !!!
    Dankie dat Elane nog veilig is. Die engele het haar beskerm. Engele het saam met haar gewag, gestap en gebid.

  2. Babette

    Die amazingste ding van verdwaal is dat jy agterna kan onthou dat daar modder was en dat takke jou gekrap het, maar somehow word die angs en die seer oorskadu deur die vreugde van gevind wees!

  3. Volharding: Ons is dankbaar sy is veilig. Gelukkig dat ons ook nou saam met haar daaroor kan lag.
    Babette: So waar, niks oortref die vreugde van gevind wees. Ons dra soms lewenslank die littekens van ons verdwaal, maar ons is gevind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s