Iemand sê hierdie week vir my : “Ek wil graag oral waar ek gaan ‘n getuie wees vir Jesus Christus. Hoe kan ek dit doen?”
Hoe sou jy die vraag geantwoord het?
Kom loer bietjie in.
Iemand sê hierdie week vir my : “Ek wil graag oral waar ek gaan ‘n getuie wees vir Jesus Christus. Hoe kan ek dit doen?”
Hoe sou jy die vraag geantwoord het?
‘n GEBED vir vandag.
Hierdie tyd van die jaar voer ek onderhoude met al die kinders wat aan die einde van die jaar belydenis van geloof aflê. Hulle kom gewoonlik twee-twee na my toe sodat die gesprek minder geforseerd is en hulle bietjie kan ontspan. Gistermiddag was dit onder andere Marche en Vincent se beurt. Lees voort “OM GOD TE LAAT GLIMLAG”
Lees vandag PSALM 102 geskryf deur die man na God se hart.
Ek vermoed elkeen van ons het maar een of ander persoon in die Bybel na wie se geskiedenis en lewensverhaal ons terugkom. Ek het so ‘n persoon in Dawid. Ons weet almal dat Dawid bekend was as die man na God se hart.
Eugene Peterson skryf oor hierdie man na God se hart soos volg: Lees voort “DAWID – DIE MAN NA GOD SE HART”
Iemand stuur vir my ‘n e-pos met hierdie vraag:
Ek wil net vra. Terwyl ons nou in die selgroepe besig is om Openbaring te behandel het die vraag by my opgekom en ek weet nie mooi hoe om die vraag te antwoord nie: Hoe weet ek of my naam definitief in die boek van die lewe aangeteen is? Ek sê ja dit is aangeteken maar hoe kan ek myself daarvan oortuig dat dit wel daar is?Ek wonder hoe sou jy so iemand antwoord?
Die Beeld berig op die voorblad vanoggend dat Schalk uitgewys is vir ‘n gevaarlike duikslag in die wedstryd teen Samoa.(Kliek op my skakel “BEELD SE HOOFBERIG” onder “LEES VANDAG” en lees Beeld se artikel.) Die uitslag van die verhoor was nog nie bekend nie, maar is nou bekend. Schalk is vir vier wedstryde geskors. Ek dink die straf was bietjie kwaai en ek dink dit All Blacks en Die Auusies was op die paneel in die hoop dat ons Vrydag se wedstryd teen Engeland verloor, want hulle is bang vir ons.
Lees vandag Paulus se mooi gebed in Efesiërs 1:15-23.
Bid die gebed vandag vir jou mense.
My seun Andries is ‘n derde jaar onderwys-student. Hy glo die Here het hom geroep om ‘n onderwyser te word soos Hy my geroep het om predikant te word. Hy het ‘n pos hier in Rustenburg by een van die skole waar hy deeltyds onderwys gee en deeltyds studeer.
Andries het ‘n meisie. Ek gaan liewers nie haar noem nie. Lees voort “IS ONS VEILIG?”
Ek het ‘n paar navrae gehad oor die Nuwe Hervormers en die Jesus Seminaar, waarvan Sakkie Spannenberg deel is. Wanneer ek egter na die artikel kyk in Sondag se Rapport, Lees voort “OOR DIE NUWE HERVORMERS EN DIE JESUS-SEMINAAR”
Lees hier ‘n GEBED vir vandag.
Lees vandag Psalm 19:8-15, vir my een van die mooiste gedeeltes oor die Woord.
“Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring selfs deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg.” (Hebreërs 4:12)
Ek het al ophou tel hoeveel Bybels ek het. By elke deur van my huis lê daar ‘n Bybel gereed vir wanneer ek oppad êrens heen is sodat ek net een kan vat en ry. Hier waar ek nou sit is nie minder as drie vertalings van die Bybel voor my oop nie. Die storie van Anatoli Shcharansky het my weer bewus gemaak van hierdie heerlike voorreg. Lees voort “EK GLO DIE BYBEL”
Ek preek Sondag uit hierdie gedeelte. Kom dink en gesels asseblief saam oor hierdie paar verse. Julle opmerkings help my om te verstaan wat die mens wat Sondag na my luister beleef en voel en dink.
2 Petrus 1:16-21 Lees voort “ONS MAAK WEER PREEK”
Me. Helen Zille is Saterdag gearresteer omdat sy deelgeneem het aan ‘n protesoptog teen dwelms. Jy kan die berig hier lees.
Ek wonder toe of jy dalk ‘n mening het hieroor of dalk kommentaar wil lewer?
Terloops: Ek sien die ander dominee wat ook ‘n blog begin het, skryf vanoggend oor die KERKHERENIGING van die familie van NG Kerke. Kyk gerus bietjie daar.