WAT ‘N WONDERLIKE WEEK

Ek is nog nie terug by die huis nie, maar ek het gou ‘n kansie gehad om by my eie blog te kom kuier terwyl ek by my swaer hulle in Pietersburg kuier. Ek het ‘n paar kommentare geantwoord by HOE NOU HERE?

Ek sal Maandag meer skryf oor die week saam met 143 Graad 7’s maar vir eers wil ek net sĂȘ: Dit was ‘n wonderlike week. Ek is maar weereens verstom oor die mate van seer wat hierdie baie jong kinders moet hanteer, maar ook hoeveel van hulle daar is wat worstel met aanpassing by hulle omstandighede. Dan is daar ok die wat die wonderlike voorreg het om in ‘n ouerhuis groot te word waar hulle kan steun op liefde van hulle ouers.

Dankie intussen vir almal wat van tyd tot tyd hier kom kuier het.

Attie

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑