Ek gaan vir die volgende week weg wees op ‘n Skoolverwisselingskamp by Badseloop. Ons gaan so 150 Graad 7 kindertjies help gereedmaak vir Hoërskool. Ek sal terug wees op Maandag 1 Oktober en ek kan nie wag om te hoor wat julle alles in hierdie tyd met mekaar op die “blog” aangevang het nie. As iemand intussen ‘n vraag vra waarop jy dink jy het ‘n antwoord, doen asseblief so. Intussen net baie dankie. Hierdie “blog”-ervaring saam met julle het vir my baie beteken.
HOE NOU HERE?
My telefoon het die Donderdag-aand baie laat gelui. Die stem aan die anderkant was sag en baie seer. “Sal dominee asseblief my broer begrawe.” Ek sê ek sal graag en dit maak nie saak dat ek hom nie geken het nie. Ek ken hierdie snikkende vrou wat met my oor die telefoon praat. Begrafnis is mos vir die lewendes. Die lewendes moet getroos en bemoedig word. Lees voort “HOE NOU HERE?”