Ek lei die “worship” of aanbidding tydens eredienste in ons gemeente. Ons gemeente het ‘n besondere vermoë om God deur musiek en sang te aanbid. Partykeer kry ek regtig die gevoel (gevaarlike woord – ek weet) dat ons nou op heilige grond staan. Deur die musiek en die sang en die manier waarop die gemeente daaraan deelneem het, slaag ons dikwels daarin om die meeste dinge wat ons aandag aftrek van God af, eenkant te skuif en Hom alleen te “sien”. Wanneer ons Hom so “sien” is jy oorweldig deur wie God is en hoe God is. Dit is aanbidding. Soos daardie een lied wat ons in die gemeente geskryf het dit sê: “Ons staan verstom voor U grootheid, o Jesus van Nasaret.”
Sondagaand het die tieners die Here uitbundig geloof, maar toe ons by die aanbiddingsdeel van die erediens kom het hulle in die teenwoordigheid van God gestaan en Hom met eerbied en agting en respek aanbid. Vergete was eksamens en vrese en bekommernis. “Ons is nou in die teenwoordigheid van die Here.” Met hulle oë toe en hande uitgesteek na Hom toe het hulle gesing: “Come now is the time to worship…” . Die woorde was reg: Dit was tyd om te aanbid.
Aanbidding maak of stel God nie teenwoordig nie. Aanbidding ontdek God se teenwoordigheid. Aanbidding laat ons vergeet en fokus op Hom an Hom alleen.
Aanbidding gaan verder as dit wat op ‘n Sondag in die eredienste gebeur. Die Griekse woord wat die meeste kere in die Nuwe Testament vir aanbidding gebruik word, is proskuneo. Hierdie woorde bestaan uit twee dele “pros” kan beteken“in die rigting van ” en “kuneo” beteken “soen”. Wanneer jy in die Bybelse tyd iemand gesoen het, was dit ‘n teken van eerbied en toewyding. In Romeine 16:16 staan: “Groet mekaar met ‘n soen van Christelike broederskap.” Juis daarom was Jesus so verbaas toe Judas Hom soen en die soen vir die soldate ‘n teken is wie Jesus is. Judas se soen was bedoel om eerbied vir en toewyding aan Jesus te illustreer, nou gebruik Judas dit as ‘n teken van verraad.
“Worship” of aanbidding is ‘n uitdrukking van liefde en passie vir God. Tydens die erediens wys ons as gemeente ons liefde en passie vir God deur met musiek en sang en dikwels stilte. Ons aanbid ook deur uit eerbied vir God te luister na die Bybel wat gelees word en die boodskap wat die dominee glo hy deur die loop van die week by die Here gekry het.
Aanbidding is ‘n tyd van baie intieme kontak met God. Dit is waaroor Christenskap gaan: Om met God kontak te maak. My mees intieme tye met God is tye van aanbidding. Vandag sal ek hierdie intieme kontak met God soek in my tyd alleen met Hom. Ek sal intiem met Hom kontak maak wanneer ek in my kar ry en Mandate se musiek speel en so saam met ‘n stadion vol dertig duisend mans aanbid. Ek sal sy nabyheid soek wanneer ek saam met die ander predikante in Rustenburg bid vir die kerk in Rustenburg. Ek sal my liefde en eerbied en ontsag vir Hom probeer wys wanneer ek saam met die ander leraars van ons gemeente dink oor die werksaamhede in ons gemeente. In my spreekkamer vanmiddag sal ek saam met mense wat seer het en worstel, soek na die tekens van God se teenwoordigheid in hulle lewens en dan Hom aanbid saam met hulle aanbid wanneer ons ontdek hoe en waar Hy teenwoordig is. Vanaand sal ek saam met die tienerselgroep koffie drink by Milleneza en ek sal verstom staan oor dit wat die Here in hierdie kwartaal in daardie jongmense se lewens gedoen het. Vandag sal ek God aanbid en probeer om my liefde en eerbied en toewyding vir Hom te wys in alles wat met my gebeur.
Aanbidding is ‘n manier van lewe.
Ek gaan vandag weer probeer om dit reg te kry. Hoe en waar gaan jy die Here vandag aanbid?
Aanbidding is ‘n manier van lewe.
Niks meer om te sê nie, Amen
Die HAT,verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse Taal se,’Aanbidding’,1.Verering;die gee van die hoogste eer aan die Opperwese.2.Bewondering.
Hierdie verklaring word breedvoeriger in Ds Attie se bostaande paragrawe omskryf. Ons moet net dit nie ‘goedkoop’ maak nie.As ek in my kar ry met n Godsdienstige CD op die radio,terwyl ek met my kinders redekawel oor hul studies,en koerante langs die pad koop,of tuis na n preek luister terwyl ek die mat stofsuig,dan voldoen ons optrede nie aan verering nie.
Dit wat binne my is,tel meer as wat na buite wys,dit weet ons.
.Ons ouer garde was geleer om ons beste klere aan te trek om Sondag Kerk toe te gaan om die Allerhoogste God in n erediens te vereer.Nou wil dit vir my nie goed gaan as n Erediens te informeel word.En die ander vorme van aanbidding?Ons wil tog aan die Almagtige Opperwese eer betoon deur aanbidding.
Haai, Dis lekker in die Kaap (net die wind waai die blomme en my lyf deurmekaar).
Ek is een van die gelukkige persone wat sondae saam kitaar speel in ons gemeente. Dis meeste van die kere die naaste wat ek aan die Here kom, tydens aanbidding. Partykere voel dit of ek die Here se teenwoordigheid tasbaar kan aanvoel en dan wens ek ons kan net aanhou en aanhou. Die tyd wat dit van my vat om voor te berei was nog nooit vir my moeite nie maar nog net altyd n voorreg. Om die Here te dien saam met ander gelowiges is darem net n plesier. Ek dink mense wat die gewoonte afgeleer het om kerk toe te gaan mis regtig baie.
Grorte uit Moselbaai.
Praise and Worship:
Vir my is dit n voorreg om deel te wees van n gemeente waar die verering van God deur sang die grondslag is van n erediens.
Daar is geen beter manier om God te loof en prys nie as reeds die nie.
En dan om oor te slaan in aanbidding deur sang vind ek onmiddelike kontak met Hom.
Baie dankie vir die diensraad sang begeleiding wat op so n spesiale
manier die gemeente lei in die eredienste.