REGVERDIG

Ek het gisteraand die fliek Spartacus gekyk. Spartacus lewe ongeveer 120-70 voor Christus. Spartacus het in omstand gekom teen die Romeine en saam met hom duisende slawe. Spartacus en die meeste van sy manne sterf sterf in ‘n bloedige geveg teen Marcus Licinius Crassus. Na die geveg was daar 6000 van Spartacus se manne en hulle vrouens en kinders wat nog gelewe het. Ten einde enige verdere gedagtes van opstand te onderdruk word hierdie 6000 manne, vroue en kinders al langs die pad terug na Rome toe een vir een lewendig gekruisig. Die mense wat na Rome gereis het, het elke dag by hierdie 6000 gekeruisigdes verby geloop. In hierdie tyd, ongeveer 70 jaar na Spartacus se dood is Jesus gebore.

Kruisiging was ‘n werkwyse van die Romeinse regering in die tyd toe Jesus gelewe het. Kruisiging is vandag vir ons uiters wreed en amper walglik, maar kruisigings was alledaags in die tyd van Jesus. Dit is juis die wrede kruisiging van Jesus wat sommige mense laat voel dat dit moeilik is om te aanvaar dat God op hierdie wyse werk. Die waarheid van die evangelie bly: Jesus se sterwe aan die kruis en betaal met sy dood ons sondeskuld by God sodat ek deur sy sterwe geregverdig kan word. Dit was die tyd wat God gekies het. Dit was die werkswyse wat die mens uitgedink het – nie God nie.

Regverdig in die Bybel beteken om in die regte verhouding met God te wees. Engels sou wees: “Right standing with God.” Die Bybel leer ons dat dit vir ons as mense onmoontlik is om op ons eie in die regte verhouding met God te kom. Dit maak nie saak hoe hard ek probeer nie, ek kan nie self aan al God se eise voldoen sodat ek in die regte verhouding met Hom kan wees nie. In die volheid van die tyd ( Die tyd wat volgens God die beste was tyd was. Die tyd toe kruisiging aan die orde van die dag was. Die tyd toe daar ‘n redelik algemene taal was.) het God se Seun mens geword, aan die kruis gesterf en weer uit die dood opgestaan. Die kruisiging en opstanding van Jesus is ‘n historiese feit wat en deur geloof in hierdie historiese gebeure bring dit my in die regte verhouding met God – REGVERDIG.

Nou weet ek: Ek hoef niks meer te doen om God se liefde of aanvaarding te verdien nie. Jesus het dit alles klaar gedoen. Ek leef nou dankbaar vir alles wat Jesus klaar vir my gedoen het, daarom is dit my strewe om uit dankbaarheid Jesusgelykvorming te lewe en sy boodskap uit te dra. Ek is deur die sterwe en opstanding van Jesus geregverdig. Onskuldig in die oë van God.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: