Ek verwelkom die Evangeliese Inisiatief hoofsaaklik omdat ek die motief van die Inisiatief verstaan as ‘n uitnodiging (Dalk afdwing) van gesprek oor belangrike sake in die NG Kerk. Een uitvloeisel daarvan is dan nou ook ‘n gesprek wat as ‘n Bylae tot die Kerkbode van 14 September verskyn het. Ek het gaan kyk en dit lyk asof die gesprek nie op die kerkbode se webwerf is nie. Dis jammer.
In die gesprek vra Adrio Konig en Andre van Niekerk sekere vrae aan Julian Muller. Vir die wat nie, weet nie, al drie hierdie manne is nogal gerespekteerde teoloë van ons tyd. Die vrae is baie en die gesprek is lank. Lees voort “Adrio vs Julian”