Hoe om te getuig?

Iemand sê hierdie week vir my : “Ek wil graag oral waar ek gaan ‘n getuie wees vir Jesus Christus. Hoe kan ek dit doen?”

Hoe sou jy die vraag geantwoord het?  

7 thoughts on “Hoe om te getuig?

Add yours

  1. Ek dink deur net ‘n voorbeeld te wees vir ander is jy alklaar ‘n groot getuie vir Jesus. Dit wys wat Hy in jou lewe gedoen het en hoe jou lewe verander het vir Hom.

    Groete
    Nemesis

  2. Daar is kinders wat veral op skool verwerp, gespot en/of geboelie word deur mede- skoliere. Hoe kan jy ‘n getuie wees?
    Christentieners sal nie so ‘n onreg laat voortduur nie. Hulle sal Jesus se gesindheid handhaaf en beskerming bied aan mede- tieners wat teikens is van hierdie gemene dade. In die Christen tiener se vriendekring/ klas/ sportspan/ standerd kan hy of sy leierskap en voorbeeld ‘n reuse rol speel om hierdie tipe gedrag teen te staan. Voorstel: Begin ‘n taakmag (omgeegroep) wat met liefde eerder as geweld, ondersteuning bied aan ander gewonde tieners. Ek weet van ‘n paar geestelike (en fisiese) sterk Christentieners wat maklik “swak” kinders onder hulle “beskerming” kan neem en ook in die proses hom/ haar kan mentor in die eienskappe van Jesus deur die “besermer” se voorbeeld. Kyk uit vir “gewondes”, hulle is gewoonlik die wat jy nie normaalweg raaksien nie…

  3. Sorry, nog iets.
    Ek leer geweldig baie by die tienersel. Moet nooit onderskat wat jou rol in iemand anders se lewe is nie. Altyd sal daar iemand wees wat opkyk na jou en soos ‘n spons jou woorde opslurp en jou dade kopieër. Elke omstandigheid (veral krissise) bied ‘n geleentheid om ‘n Jesus-voorbeeld vir ander te wees. Nie deur vir ander te preek nie maar deur jou reaksie (doen en praat). Praat skinder tee- verander die onderwerp. Wys jy gee om vir iemand wat seer het. Luister twee maal meer as wat jy praat. Ander moet skuldig voel as hulle vuil taal voor jou gebruik omdat hulle weet hoe jy daaroor voel. Wees positief wanneer ander negatief is. Hou ‘n klein Bybeltjie in jou tas of ‘download’ een op jou selfoon vir verwysing of al is dit net vir jouself. Verander jou ou sondige gedrag en kondig aan dat jy hard daaraan werk- jy sal verbaas wees oor die ondersteuning wat jy kry.
    Groete en vasbyt in die geloof!

  4. Ek dink daar is baie mense wat “op die draad” sit en Christene fyn dophou en probeer waarneem of Christus werklik’n verskil maak in hulle lewens. Die dink die beste manier om orals ‘n waarlike getuie vir Christus te wees is om voluit en positief te lewe. Baie mense dink ‘n Christenlewe moet “boring” wees en is nie bereid om die “pret” van hierdie lewe op te offer nie. Dit is ons plig as Christene om daardie negatiewe persepsie verkeerd te bewys! Daar is niks op hierdie aarde wat ‘n Geesvervulde lewe klop nie, kom ons bewys dit aan die wat nog twyfel. God is elke oomblik by ons om ons daarmee te help.

  5. Om te getuig beteken om anders te lewe, ander dinge te praat en anders met ander mense op te tree as die res van die wereld. Jy kan net so wees as jy met n ander Gees vervul is as die wereld. Dankie Heilige Gees dat U my lewe regeer!

  6. nemesinarcotic: Ek dink jy is reg, ons voorbeeld is ‘n kragtige getuienis. Maar ons voorbeeld behoort ook vir ons die deur oop te maak om op een of ander stadium met ons mond te getuig.
    Fanie: Ek dink tiener-Christene moet hierdie braakveld ontdek: Om op te kom vir wat nie vir hulleself kan opkom nie. As ons maar net kan leer om twee maal meer te luister as te praat.
    Christo: Ek glo ook dat wanneer ons intiem met die Here saamleef is dit Hy wat vir ons ‘n lied in die hart gee en ‘n vreugde ten spyte van omstandighede en nie as gevolg van omstandighede nie.
    HeLo: As ek nie anders is nie, kan ek nie getuig nie. Daardie andersheid moet egter ‘n Gees-gedrewe andersheid wees. Dankie!

  7. Ekdink die geheim is om ‘n 24 uur gelowige te wees, waar jy basies ‘n eet, slaap en werk dissipel moet wees. Jou gedrag, optrede en gesprek moet Jesus verkondig. As Jesus dan die belangrikste in jou is hoe kan jy dan anders as om aanhoudend oor Hom te praat

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: