DAWID – DIE MAN NA GOD SE HART

Lees vandag PSALM 102 geskryf deur die man na God se hart.

Ek vermoed elkeen van ons het maar een of ander persoon in die Bybel na wie se geskiedenis en lewensverhaal ons terugkom. Ek het so ‘n persoon in Dawid. Ons weet almal dat Dawid bekend was as die man na God se hart.

Eugene Peterson skryf oor hierdie man na God se hart soos volg: “There is not the slightest effort given in the biblical story to make David admirable in any moral or spiritual sense. And yet, there is the assumption in all of this that flawed and faithless and failed as he is, he is representative – not a warning against bad behaviour but a witness, inadvertent as it was, to the normalcy, yes, the inevitability of imperfection.”

Dawid se lewe in die Woord het twee dele wat bestaan uit Dawid se lewensvehraal en Dawid se gebede. Die lewe wat Dawid geleef het en die gebede wat Dawid gebid het help ons om te verstaan dat God sy volmaakte werk deur ‘n onvolmaakte mens soos ek kan doen. Dawid se lewensverhaal leer my dat niks wat met my gebeur – nie die goeie of die slegte – sonder betekenis is nie. Die gebede leer my dat alles binne in my – die goeie en die slegte – met God te make het.

Dawid se lewensverhaal maak my vry van die behoefte om te presteer – God presteer deur my. Ek kan God nie beïndruk nie. Dawid se gebedslewe maak my vry van die versoeking om iemand te wees wie ek nie is nie, want God weet in elk geval alles van my af. Die Afrikaanse woorde van Panus Angelicus wat Pavarotti so mooi gesing herinner my daaraan:

U ken my deur en deur weet hoe ek voel en dink.
U maak van sonde vry maak ook van my U kind.
Ons wil U kinders wees, altyd gehoorsaam wees.
Here verhoor ons, lei ons deur U Gees.

Ook vandag sal ek soos Dawid elke oomblik van my dag voor die aangesig van God lewe – wetende: Hy wat in my is, is meer as hy wat in die wêreld is.

Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Gesels saam deur iets te sê van die persoon in die Bybel wat vir jou ‘n inspirasie is.

4 Kommentaar

Filed under Die Bybel, Die Christelike Lewe, Gebed, Nagedink

4 responses to “DAWID – DIE MAN NA GOD SE HART

  1. marna

    ek het lekker gelees hierso… ek dink ek gaan bietjie van wat oom geskryf het gebruik vir een van my teachings… 🙂

    love you and miss you!

  2. My held

    Dawid is bo aan die lys van my helde in die Bybel.
    Hy is n held op die slagveld. Hy het n sagte sensitiewe kant wat kan musiek maak en gedigte skryf. Hy is n regverdige koning. Hy is mens met foute. Hy is n kind van God en erken sy afhanklikheid van God, hy sit homself nie op n “pedestal” en dink hy is net die een nie. Hy betoon wonderlike lojaliteit teenoor sy beste vriend. Hy is enige vrou se droom man. Miskien moet ons vir Mel Gibson vra om n rolprent oor hom te maak – iets soos Troy, maar nou waar n ware held wys waar kom sy krag vandaan. – uit God – Dit is daar waar Dawid se wortels begrawe is.

  3. ding

    Dagse Doom!

    Ding is mos eintlik diep in die bos. Maar ding is vandag vir ‘n uur of wat in die beskaafde deel van die bos en ding MOES eenvoudig hier by Doom se koffietafel kom draai. Ding het nog nie eers by die Stoep loop draai nie, om ‘n idee te gee!

    Doom, Dawid is inderdaad ‘n beeld uit een stuk en dan praat ons nie van die standbeeld Dawid nie; ons praat van Bybel-Dawid. hehe

    Persoonlike gunstelinge:
    as kind, al ding se lewe as kind, was dit Salomo. Ding in kinderskoene het gewens hy kon Salomo wees – reg, laat ons maar eerlik wees: dit was meer dikwels omdat ding gereken het DAN sou huiswerk doen en toetse en eksamens net makliker wees as wat dit is om daardeur te kom as Ding. Maar ja, Salomo het dit nogal gedoen vir Ding.

    As ding in die grootmenslewe (ding sal maar altyd eintlik kind bly), het ding algou besef daar was maar EEN Salomo en hy is in die Bybel omdat hy klaar gelewe het. Vir ding in grootmenslewe is daar twee ander karakters na wie ding gereeld terugkom:
    Job – altyd Job.
    Jona – te dikwels Jona, of soos ding hom roep: Nineve se onwillige outjie.
    Ag, ding hettie regtig tyd vir uitbrei en verduidelik hoekom ding juis terugkom na die twee ouens toe nie, en ding wil okie eintlik nie, maar dis maar so – daaaai twee, daaaai twee, hulle het al diep lyne op ding se gesig gekom loop, hoor.

    Dankie Doom en MOOI MAN!! Die koffietafel se tafeldoek lyk anners as wat ding onthou – netjies, netjies.
    Dankie Doom vir die vorige uitnodiging lank gelede – ding het vandag daai uitnodiging kom gebruik en dit was ‘n aangename tienuurtjie by hierie koffietafel!

    Goedgaan – werk waaksaam, bid Boontoe en glo geduldig!
    d

  4. Marna:
    Ek dink jy was veronderstel om te slaap toe jy hier geskryf het. Dis mos lank na middernag daar in daardie ver land waar jy bly. Dankie dat jy kom kuier. Kom weer.
    My held:
    Ek sien sommer jy verstaan Dawid mooi en goed.
    Ding:
    Man dit was sommer lekker om hierdie kommetjie koffie saam met jou te drink. Ek dink Ding het ‘n gawe hier wat al te lekker is vir mense wat dit met hom deel. Skryf broertjie skryf!!! Ek dink ek gaan eendag vir jou ‘n onderwerp gee om oor te skryf dan “post” ons hom bietjie hier dan hoor ons wat sê die manne en die meisies daaroor. Oor Jona – Doom het so paar weke terug nogal oor hom gepreek. Sal bietjie kyk of ek daardie preek ook hier kan opsit vir ander om te lees. Dankie vir jou kuier. Ek wonder altyd waar is die “ver” waar ding met sy rooi trekker rondry. Al wat ek Ding se gesels aflei is dat dit darem nie te klein is vir ‘n NBS nie. Groete!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s