MY NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE?

Iemand stuur vir my ‘n e-pos met hierdie vraag:

Ek wil net vra. Terwyl ons nou in die selgroepe besig is om Openbaring te behandel het die vraag by my opgekom en ek weet nie mooi hoe om die vraag te antwoord nie: Hoe weet ek of my naam definitief in die boek van die lewe aangeteen is? Ek sê ja dit is aangeteken maar hoe kan ek myself daarvan oortuig dat dit wel daar is?Ek wonder hoe sou jy so iemand antwoord?

Advertisements

6 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Geloofsekerheid., Nagedink

6 responses to “MY NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE?

  1. DIE OOM

    Maak seker jy glo dat Jesus in jou plek gesterf het en dat Hy opgestaan het uit die dood. Om maar net te glo – beteken niks nie want die duiwel glo dat God een is maar dit sal hom nie red nie.
    Dit is so dat ons werke ons nooit kan red nie.

    As jy glo dat Jesus vir jou sondes betaal het en dat Hy opgestaan het dan kan jou lewe verder nie dieselfde wees nie. Jy word weer gebore uit die Gees en jou dankbaarheid sal maak dat jy jou daagliks bekeer van dooie werke en meer en meer groei om jou Meester te verheerlik. Dit is God wat in ons werk om ons na die beeld van Christus te verander.

  2. Dieter de Bruin

    Boerinballingskap – Jou geloof red jou gelukkig nie. God red jou. Omdat Hy wil. Daarin lê die troos.

    En hoe weet ek dat Hy my wil red? Hy wil, glo Hom, Hy wil.

  3. God is liefde

    Die Boek 1 Johannes gee ons die versekering en beskryf dit baie mooi. Hier is n paar verse wat dit verseker.
    1 JOH 3:14 Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.
    1 JOH 4:7 Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
    1 JOH 4:8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
    1 JOH 5:1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
    1 JOH 5:2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
    1 JOH 5:3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.
    Indien ons aanvaar dat Jesus God vir ons sondes gesterf het en sy vergifnis aanvaar, kan ons nie anders as om Hom liefte he en die belangrikste gebod van – jy moet die Here jou God lief he met jou hele hart en jou hele siel en wat hiermee gelyk staan is dat jy jou naaste moet lief he soos jouself. Wanneer ons mekaar lief het sal ons, ons nie skuldig maak aan ander sondes nie. Ek wil graag beklemtoon dat haat nie noodwendig die teen oorgestelde is nie, indien jy niks vir iemand voel nie, het jy nie lief nie.

  4. Babette

    Het so pas Retha McPherson en haar seun Aldo se boek, ” ‘n Boodskap van God” gelees en kan dit beslis aanbeveel. Hemelse ervaring! Die boek se dit als!

  5. Julle kan gerus maar weer mooi gaan kyk na dit wat “GOD IS LIEFDE” geskryf het – baie waardevol.
    Dankie vir julle deelname.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s