MY NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE?

Iemand stuur vir my ‘n e-pos met hierdie vraag:

Ek wil net vra. Terwyl ons nou in die selgroepe besig is om Openbaring te behandel het die vraag by my opgekom en ek weet nie mooi hoe om die vraag te antwoord nie: Hoe weet ek of my naam definitief in die boek van die lewe aangeteen is? Ek sê ja dit is aangeteken maar hoe kan ek myself daarvan oortuig dat dit wel daar is?Ek wonder hoe sou jy so iemand antwoord?

SCHALK BURGER VIR VIER WEDSTRYDE GESKORS

Die Beeld berig op die voorblad vanoggend dat Schalk uitgewys is vir ‘n gevaarlike duikslag in die wedstryd teen Samoa.(Kliek op my skakel “BEELD SE HOOFBERIG” onder “LEES VANDAG” en lees Beeld se artikel.)   Die uitslag van die verhoor was  nog nie bekend nie, maar is nou bekend. Schalk is vir vier wedstryde geskors. Ek dink die straf was bietjie kwaai en ek dink dit All Blacks en Die Auusies was op die paneel in die hoop dat ons Vrydag se wedstryd teen Engeland verloor, want hulle is bang vir ons.

IS ONS VEILIG?

Lees vandag Paulus se mooi gebed in Efesiërs 1:15-23.

Bid die gebed vandag vir jou mense.

My seun Andries is ‘n derde jaar onderwys-student. Hy glo die Here het hom geroep om ‘n onderwyser te word soos Hy my geroep het om predikant te word. Hy het ‘n pos hier in Rustenburg by een van die skole waar hy deeltyds onderwys gee en deeltyds studeer.

Andries het ‘n meisie. Ek gaan liewers nie haar noem nie. Lees voort “IS ONS VEILIG?”

Blog at WordPress.com.

Up ↑