EK GLO DIE BYBEL

Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Lees vandag Psalm 19:8-15, vir my een van die mooiste gedeeltes oor die Woord.

“Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring selfs deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg.” (Hebreërs 4:12)

Ek het al ophou tel hoeveel Bybels ek het. By elke deur van my huis lê daar ‘n Bybel gereed vir wanneer ek oppad êrens heen is sodat ek net een kan vat en ry. Hier waar ek nou sit is nie minder as drie vertalings van die Bybel voor my oop nie. Die storie van Anatoli Shcharansky het my weer bewus gemaak van hierdie heerlike voorreg.

Anatoli Shcharansky, ‘n opstandige Russiese Jood, het sy vrou  met ‘n soen gegroet toe sy Rusland verlaat het vir vryheid in Israel. Anatoli se afskeidswoorde aan sy vrou was: “Ek sien jou binnekort in Jerusalem.” Maar, Anatoli is gevange geneem en het in die tronk beland. Die kanse dat hy en sy vrou mekaar in Jerusalem sou sien is nie net op die langebaan geplaas nie, dit sou dalk nooit gebeur nie. Tydens die lang tyd in die Russiese tronke is Anatoli gestroop van al sy persoonlike besittings. Die enigste stukkie persoonlike besitting wat hy nog behou het was ‘n klein kopie van die Pslams. By geleentheid het Anatoli se weiering om van die Pslams afstand te doen hom 130 dae in eensame oplsuiting gekos. Twaalf jaar nadat hy van sy vrou afskeid geneem het, is Anatoli vrygelaat. In Februarie 1986, het die hele wêreld gekyk hoe Anatoli Shcharansky toegelaat is om weg te stap van Russiese wagte na die mense wat hom na Jerusalem sou neem. Maar, in daardie finale oomblikke van gevangeskap het die wagte weereens probeer om die boek van Psalms af te neem. Anatoli het op sy gesig in die sneeu geval en geweier om na sy vryheid te stap sonder daardie Psalms. Daardie woorde het hom aan die lewe gehou tydens sy gevangeneskap. Hy was nie bereid om die vryheid te leef sonder daardie woorde nie.

Die verhaal van Anatoli het my egter ook weereens laat dink aan die huidge debat oor die Woord van God. Die onsensitiewe omgang met die Bybel in die naam van sogenaamde wetenskap het die Bybel uit mense se hande geruk. Wanneer ek met mense praat dan klink dit vir my asof hulle eerder kies om nie die Bybel te lees nie, omdat hulle nie weet watter deel is waar en watter dele is nie waar nie.

Ek wil ook soms teen die Nuwe Hervormers in opstand kom en myself op die grond neergooi en weier om verder te stap totdat hulle hierdie saak regstel. Ek wil ook kwaad word omdat daar so bitter min teoloë is wat openlik standpunt inneem teenoor die Nuwe Hervormers en hulle meelopers.

Die Bybel is deur mense geskryf en ek aanvaar dat daar verskillende weergawes en interpretasies van randsake is. Maar die kernboodskap van die Bybel is duidelik en ek bely saam met miljoene ander gelowige kinders van God dat die Bybel die Woord van God is wat Hy deur mense aan ons gegee het. Ek aanvaar die goddelike gesag van die Skrif.  

Ek wonder hoe voel jy oor die Bybel?

(11/09/2007/2069)

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Die Bybel, Die Christelike Lewe, Nagedink

4 responses to “EK GLO DIE BYBEL

  1. kaalvoetkind

    Ek beskou die Bybel as die gelowige/Christen se eienaarshandleiding. Ek kan nie daarsonder nie!

  2. Volharding

    Bybel is vir my kosbaar. Voor ek die Bybel werklik bestudeer het, moes ek andere soorte boeke (geen geestelike) lees hoe om byvoorbeeld, postitief te wees, hoe om bo uit te kom, hoe om aan jou vertroue op te bou …….ens…. dit hou nooit op nie. Tot ek die Bybel bestudeer het ek besef, die Bybel is die antwoord. Bybel se onderrig is die beste onderrig wat ek nog het. Selfs my Bybel het my baie meer geleer as wat my ouers my geleer het. Bybel inspireer my lewe.

  3. kaalvoetkind:
    Mooi! Eienaarshandleiding van die mens. Hy is die Eienaar – ek is dit wat besit word. “Laat dit met my wees volgens U wil.”
    Volharding: Dit is elke keer vir my lekker om jou kommentaar te lees. Iets kinderliks. Dankie.

  4. vdmpie

    Ek leer hierdie ding uit hierdie paar verse. Petrus se ervaring (op die berg van verheerliking – vers 18) het die waarheid van die Woord bevestig. Te veel Christene maak dit wat hulle beleef het ‘n groter waarheid as die Woord. Ek reken die Here laat ons dinge beleef om die waarheid van die Woord te bevestig, en nie anders om nie. Petrus is vir my ‘n voorbeeld oor hoe God se werking in my lewe moet hanteer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s