HELEN ZILLE GEARRESTEER

Me. Helen Zille is Saterdag gearresteer omdat sy deelgeneem het aan ‘n protesoptog teen dwelms. Jy kan die berig hier lees.

Ek wonder toe of jy dalk ‘n mening het hieroor of dalk kommentaar wil lewer?

Terloops: Ek sien die ander dominee wat ook ‘n blog begin het, skryf vanoggend oor die KERKHERENIGING van die familie van NG Kerke. Kyk gerus bietjie daar.

3 Kommentaar

Filed under In die nuus.

3 responses to “HELEN ZILLE GEARRESTEER

  1. Die Suid-Afrikaanse koerante bly vol van slegte nuus (dis nou as jy die Springbokke se klinkende vertoning teen Samoa ter syde stel). Hierdie is egter een van die kommerwekkendste berigte wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Dit maak my bitter ongemaklik voel…

  2. attie

    Hi Boer:
    Ek is as ‘n reël positief oor ons land. Daar gebeur ook mooi en positiewe dinge waarvan ons nie altyd weet nie en wat net nie genoeg nuswaarde het om oor te berig nie.
    Ek hoor vanoggend dit is omdat sy haar aan die kant van “vigilantes” skaar. Die punt is dat die “vigilantes” mense in die gemeenskap is wat keelvol geraak het omdat die polisie nie optree teen misdaad wat algemene kennis is nie. Ek kan nie anders as om te dink aan Zimbabwe waar die leier van die opposisie ook sonder meer gearresteer word. Ek vertrou maar dat iemand êrens standpunt sal inneem en sal sê dat sulke optrede nie tuishoort in ‘n ware demokrasie nie.

  3. attie

    Kan nou nie anders om net gou weer kommentaar te lewer nie. Smuts Ngonyama van die ANC het vanaand gesê dat die polisie verkeerd opgetree het deur Zille te arresteer en dat die ANC die arrestasie van Zille veroordeel. Ek is dankbaar dat hulle so gereageer het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s