CHRISTEN TIENERS KOOK

 Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Lees vandag 1 Petrus 2:1-10

“Julle, daarenteen is die uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderdabre lig.” (1 Petrus 2:9)  

Ons probeer nou al hierdie hele kwartaal die tieners bewus maak daarvan dat kerk baie meer is as kerk toe gaan, Bybelllees, bid en so min sonde as moontlik doen. Alhoewel hierdie dinge ook belangrik is, raak mense gefrustreerd omdat ek glo die Here deur sy Heilige Gees ons die hele tyd laat dink en voel dat Christenskap oor baie meer as net hierdie dinge gaan waar ek self en my eie geloof en geluk en groei en dan uiteindelik voorspoed en sukses in die midelpunt staan. Gisteraand het ek net weer hulle aandag gevestig op die die belangrikste saak wat Jesus ons self geleer het. Hy het gesê ons moet God meer liefhê as enige iets anders. (Dit is waarskynlik die kerk toe gaan, Bybellees, bid en so min sonde doen as moontlik).

Nou het ons die tieners se aandag op die tweede deel gevestig: Jy moet die mense met wie jy hierdie skepping deel net so liefhê as wat jy jouself het. Met hierdie deel van kerkwees sukkel ons. Die laaste twee weke moes die tieners in kleingroepe nadink oor wat hulle sou kon doen om hierdie liefde vir die mense uit te leef. Ons het natuurlik gesê dat ons ‘n agenda het. Ons doen hierdie dinge omdat ons vir die mense jammer is en omdat ons baie graag wil help om hulle omstandighede op ‘n bloywende manier te verbeter, maar ons soek ook daardie geleentheid om mense te vertel van Jesus Christus en wat Hy vir ons kom doen het.

Elke graadgroep (7-12) gaan volgende Sondag in drie minute hulle “projek” aan die gemeente bekendstel op ‘n manier wat hulle gaan uitdink. Die jeugleiers (volwassenes) het die hele tyd die tieners toegelaat om self te besluit. As ons vir hulle besluit, is dit altyd ons projek en word dit nooit hulle uitreik geleentheid nie. Ek was aangenaam verras toe ek die terugvoer begin kry oor wat die tieners graag sou wou doen. Die volgende voorstelle het na vore gekom:

1. Gaan op ‘n uitreik na Botswana (hulle verkies Zimbabwe indien Robert Mugabe nie meer aan bewind is nie) en help een van die gemeentes daar om nood te verlig.  2. Speel sokker teen die jeuggevangenis. 3. Voltooi ‘n skuiling vir vigswesies in Tsholofello. 4. Bring as groep ‘n besoek aan die hospitaal en deel blommetjies en kaartjies uit.

5. Een van die skole het ‘n voedingsprojek waar die grootste persentasie van die kinders by daardie skool kos kry omdat hulle nie kos in die huis het. Die meeste van daardie kinders het nie tydens die vakansies kos om te eet nie. Hulle wil aan hulle kosgee tydens die vakansie.

6. Bring ‘n besoek en geskenkie vir die eensame bejaardes in ons omgewing.7. Kinders in saamgestelde gesinne kry swaar. Hulle weet nie hoe om aan te pas by hierdie nuwe omstandighede nie. Uit onkunde plaas hulle baie kere ‘n las op die nuwe huwelik. Daardie tieners sou graag deel van die antwoord vir die tweede huwelikke wees en nie deel van die probleem wat dikwels op ‘n volgende egskeiding uitloop nie. Reël ‘n dag om kinders in saamgestelde gesinne en tweede huwelik toe te rus vir hulle nuwe omstandighede. 

Ek is nuuskierig. By watter een van hierdie uitreike sou jy betrokke geraak het en hoekom?

Kry ‘n koppie koffie dan GESELS jy saam.

(10/09/2007/1912)

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Christen tieners., Die Christelike Lewe, Nagedink

3 responses to “CHRISTEN TIENERS KOOK

  1. HELO

    Sal graag die eensames en die kinders in die hospital-e wil besoek. Nie net met n kaartjie en blommetjie nie maar n omgee pakkie. Dit kan soms n baie eensame en behoeftige plek wees. Wanneer? Ek is daar!

  2. attie

    HELO: Die tieners het maar nou eers hulle uitreik-aksies geïdentifiseer. Nou is die baplaning ens. Ons wil hulle die vreugde laat ervaar wat ‘n mens net kan ervaar wanner jy gedring deur die liefde van die Here Jesus die lewe vir ander mense makliker maak. Ek sal laat weet op hierdie blog wanneer wat gebeur.

  3. funky nuwe look. i like 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s