HELEN ZILLE GEARRESTEER

Me. Helen Zille is Saterdag gearresteer omdat sy deelgeneem het aan ‘n protesoptog teen dwelms. Jy kan die berig hier lees.

Ek wonder toe of jy dalk ‘n mening het hieroor of dalk kommentaar wil lewer?

Terloops: Ek sien die ander dominee wat ook ‘n blog begin het, skryf vanoggend oor die KERKHERENIGING van die familie van NG Kerke. Kyk gerus bietjie daar.

CHRISTEN TIENERS KOOK

 Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Lees vandag 1 Petrus 2:1-10

“Julle, daarenteen is die uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderdabre lig.” (1 Petrus 2:9)  

Ons probeer nou al hierdie hele kwartaal die tieners bewus maak daarvan dat kerk baie meer is as kerk toe gaan, Bybelllees, bid en so min sonde as moontlik doen. Alhoewel hierdie dinge ook belangrik is, raak mense gefrustreerd omdat ek glo die Here deur sy Heilige Gees ons die hele tyd laat dink en voel dat Christenskap oor baie meer as net hierdie dinge gaan waar ek self en my eie geloof en geluk en groei en dan uiteindelik voorspoed en sukses in die midelpunt staan. Lees voort “CHRISTEN TIENERS KOOK”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑