SONDAG – AAAAAGH!!!!!

“Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarhee te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” (Hebreërs 10:25)  

Ek het onlangs weer hierdie aanhaling van Karen Burton Mains gelees: “Do you rush, push, shout and become generally unpleasant on Sunday mornings? Do you complain about church? Are you irregular in your attendance? Are you over-conscientious about matters that are not really important? Do you always criticize the pastor, the choir, the length of services and the usher crew? Then don’t be surprised if your children grow up to look at Sundays as the worst day of the week.”

In my werk met tieners is die moeilikste deel om kinders van iets te oortuig waaroor hulle ouers anders dink. Kinders is deur die Here gemaak om onverbiddelik lojaal te wees teenoor hulle ouers te wees. Die oorgrote meerderheid van tieners is so.

Baie kere doen die Here ‘n wonderwerk in ‘n tiener se lewe ten spyte van die ouers en nie as gevolg van die ouers nie. In hierdie week moes ek weer die trane afdroog van ‘n jong tiener in wie se lewe die Here so ‘n wonderwerk gedoen het. Haar ouers deel nie haar passie vir die Here Jesus nie.

‘n Ander briljante kind in ‘n saamgestelde kind wil na skool die eerste die beste beroep volg omdat afhanklikheid van mense in die gesin, te seer maak en te veel agendas het en te veel skade doen. “Oom Attie, ek moet so gou as moontlik onafhanklik wees. Ek kan nie een dag meer as wat regtig nodig is van hierdie mense afhanklik wees nie.” Ons reaksies en optrede op ‘n Sondag en teenoor die Here bepaal ons kinders se ingesteldheid teenoor dit wat ons op ‘n Sondag doen. ‘n

‘n Wenk: Terwyl julle vandag wegry van die kerk af, sê vir niemand in besonders een sin wat jou getref het van wat iemand deur die loop van die diens gesê het. Die boodskap wat kinders kry is: “My ma/pa kom kerk toe om die teenwoordigheid van die Here te beleef, om geestelik te groei en om deur hulle teenwoordigheid ander gelowiges te bemoedig.”

Mag jou Sondag die tekens hê van bonatuurlik vrede wat net God kan gee.

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Nagedink

2 responses to “SONDAG – AAAAAGH!!!!!

  1. Volharding

    Sondag is my vreugdevolle dag! Ek voel sy teenwoordigheid, als word stilgestaan en mens kan Sy Stem om jou, in jou… voel. Jesus laat my van Sy sterk teenwoordigheid voel, nie net in die kerk nie, maar tuis ook. Die Heilige Gees herlaai my siel vir die moeilike week wat voorle. Nooit sal ek op ‘n Sondag …. aaaagh noem nie. Ek sien altyd uit na Sondae vir my herlaaide siel.

  2. SLR

    Dit is wonderlik om te hoor dat daar nog NG gemeentes is waar die Woord van die Here op so ‘n manier gebring word dat mense daarna uitsien om Sondag kerk toe te gaan. Ons was ook in Bergsig en ek kan getuig dat die Gees van God in Bergsig teenwoordig is. Jy word bewus daarvan met die instap slag, gedurende die Praise and Worship en as die boodskapper die Woord openbaar soos dit aan hom deur die Heilige Gees gegee is om oor te dra. Julle moet op julle kniee gaan en die Here hiervoor bedank want daar is ongelukkig min sulke NG kerke oor. Hier in ons NG gemeente is dit een groot pyn om op ‘n Sondag na die “Huis van die Here” te gaan, veral as ‘n sekere predikant preek. Ek sit dit tussen aanhalingstekens want ek is nie so seker dat dit meer Sy huis is nie. Hier word geglo dat lojaliteit aan die NG-Kerk ‘n gawe van die Gees is, verder word daar geglo dat ons Afrikaners ‘n verhewe ras is (1 van die predikante erken openlik dat hy aan die Broederbond behoort) en daarom word daar net uit die liedboek met die orrel gesing. So een maal ‘n kwartaal mag daar darem ‘n kitaar of 2 in die oggenddiens wees. Nou wonder hierdie gemeente se kerkraad waarom hulle jongmense verloor. Hulle wil kerk hou soos 40 jaar terug. Gelukkig het ons ‘n tweede dominee wat die Woord van die Here suiwer bedien. As dit nie vir hom was het julle buurdorp nie meer ‘n NG kerk gehad nie. Ons woon net sy dienste by en die ander Sondae kyk ons na die Hatfield Baptiste op DSTV. So ek wil saam met volharding stem, ek en my gesin sien ook uit na Sondae, maar die dae is verby waar jy moet dink dat die Here met jou gaan praat in enige kerk. Gelukkig het Hy vir ons die hulpmiddels gegee sodat ons sy Woord op enige plek kan hoor as ons wil luitster. Ons as ouers moet dit aan ons kinders so verduidelik en hulle toelaat om dinge te bevraagteken. Hulle moet besef hulle is deel van die Kerk van Christus en vergeet dat hulle aan ‘n denominasie behoort. Al wat tel is of hulle glo dat Christus vir hulle sondes gesterf het en of hulle Hom aan neem as hulle Verlosser. As hulle uit dankbaarheid dan ‘n lewe vir God lewe is hulle saak reg. Wat maak dit saak watter denominasie se lidmaatskapbewys hulle het. Ironies dat die NG-kerk se lidmaattal besig is om drasties te daal oor die afgelope dekade, terwyl die getal Christene wereldwyd styg. Wonder wat ek daarin moet lees?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s