OOR GEBED

Vanoggend se hoofberig in die BEELD is ook ‘n baie hartseer storie van ‘n tiener wat dood is nadat sy onwetend  ‘n oordosis dwelms op ‘n partytjie ingekry het. Wys dit vir tieners!

(Onthou hier is elke dag onder LEES VANDAG ‘n skakel na die hoofberig in die dag se BEELD.)

Een van die tieners (Graad 11) in ons gemeente stuur vir my hierdie vraag:

Is dit verkeerd om te loop en bid? 

Ek en my een vriend het nou lank geredeneer. 

Sy standpunt:  Hy sê jy moet jou beste klere aantrek kerk toe en jy moet stilstaan as jy bid en jy  moet opgevoede gesprek met die Here voer.  Vir hom is dit soos as jy na ‘n koning se paleis uitgenooi te word.  Hy gaan sy beste klere an trek soontoe en met die ou daar ‘n opgevoede gesprek hê.

Ek sê toe vir hom jy kan nie die Here met enige-iets op die aarde vergelyk nie want Hy is “undescribable”, hy is die Alpha en die Omega, die Koning van konings.  En dat daar in 1 Sam 16 :7 staan dat die Here nie omgee oor die uiterlike nie, maar eerder oor die inderlike. Ek dink sy standpunt werk nie so lekker nie. Wat van klein kinders, hoe moet hulle ‘n opgevoede gesprek voer.  As jy wil rond loop en bid (oor jy iewers heen moet gaan of net omdat hy “excited” is oor die Here) is dit ook cool (al staan jy in ‘n groep en loop vorentoe en agtertoe). 

Die klere ding het ek kla oor gepraat. 

My Standpunt: Jy kan bid soos jy wil, wanneer jy wil, dit gaan nie oor wat jy aan het nie of hoe jy dit doen nie maar eerder aan wie, om watter redes (om gesien te word deur ander of om bv. Te bid omdat jy wil en dit lekker is) en hoekom jy dit doen (bid jy vir iemand of bid jy dat die Here jou moet help of so iets). Ek weet ek is reg maar ek wil ook weet wat dink ds. daaarvan.

Groete Divan

Ek wonder hoe sou jy hierdie tiener geantwoord het.

Hier kan jy jou ANTWOORD  aan die tiener skryf. Hy gaan vandag ook op die “blog” kuier.

Advertisements

19 Kommentaar

Filed under Gebed, Nagedink

19 responses to “OOR GEBED

  1. elani

    KAALVOETKINDERS

    ek het ook die prentjie dat ons vir die Here in sy paleis gaan kuier as ons met Hom praat. OOk dat Hy ‘n koning is, maar alle konings is nie hoogmoedig en ‘self-centered’ nie, veral nie ons God nie, ons God is lief vir kaalvoetkinders wat meeste van die tyd nie weet wat om te sê nie… Al weet ons nie wat ons wil sê kan ons nogsteeds enige tyd van die dag by Hom in val en gou ‘n bietjie kuier, dit gaan nie oor waar jy is en wat jy doen as jy met Hom praat nie, maar wel of jy dit uit liefde en met respek doen. Die Here kyk nie of jy jou nuutste klere aan het as jy met Hom praat nie, Hy kyk na jou hartjie en jou gesindheid.

    MAAK NIE SAAK OF JY STAAN, LOOP , SIT OF EET NIE, JY KAN MET DIE HERE OOR ENIGE IETS PRAAT WANNEER JY WIL!
    WANT HY IS LIEF VIR SY KAALVOETKINDERS!!!

  2. Mark

    Toe ons ,Ek en my vrou in n groep en toe weer later alleen,die Purpose Driven Life ,40 day Campaighn deur gewerk het het dag 16 my spesefiek hard in die mond geruk.Daar staan dat as jy iemand Lief het moet jy TYD saam met daardie persoon spandeer.Tyd is liefde en niks kan in die plek van dit kom nie.My opinie is dat daar nie n spesefieke plek of manier is om te bid nie.Wat ek daarmee bedoel is dat ek geweldig baie tyd op die pad spandeer agter n motervoertuig stuurwiel en ek gesels met die HERE en bid daar elke dag van my lewe (Nie net daar nie) en daar is vir my niks fout daarmee nie.Sal kommentaar waardeer.

  3. kaalvoetkind

    Ek stem saam met die vorige twee kommentators dat ons op enige tyd op enige plek met die Here kan praat, hetsy dit agter die stuurwiel van jou motor is, in die bad/stort, agter jou rekenaar ens. Wat wel belangrik is, is dat jy gereeld met God praat, dat jy ‘n intieme verhouding met Hom het en dat jy sal weet dat jy oor ENIGE iets met die Here kan praat. En dat jy nie net met Hom sal praat nie, maar dat jy ook tyd sal maak om te LUISTER wat Hy vir joú sê.

  4. Alec

    Ek het ook gesukkel om met die Here te kommunikeer toe ek van sy Heilige grootheid bewus geraak het, todat iemand my die storie vertel het van n baie suksesvolle hoog geplaaste persoon. Om met Hom te praat sukkel jy om n afspraak te kry, jy beter goed geklee wees, jou feite ken en dan het jy net n beperkte tyd om jou saak te stel want hy is besig. Jy klop aan die voordeur en dan gaan sit julle in sy studeerkamer.
    Die man het n seuntjie gehad waarvoor hy baie lief was. As hy huis toe gekom het, het hy by die kombuis deur ingekom sonder om te klop, die yskas aangerand en sy pa het na hom toe gekom en gevra hoe dit met HOM gaan,en dan kuier hulle sommer so in die kombuis. en toe het ek DIE VADER HART VAN GOD verstaan.

  5. attie

    Interesant nou is hier KAALVOERKINDERS en kaalvoetkind hier op my BLOG. Sal moet kophou.
    Ek kan op goeie gesag verklaar dat KAALVOETKINDERS ook ‘n tiener is wat hier kom kuier maar nie die een wat die vraag gevra het nie. “Hy kyk na jou hartjie en jou gesindheid.”
    Mark: Ek voel ook soos jy. Enige tyd enige plek enige manier. Een van die eerste boekies wat ek as Christen gelees het, het oor jou lewe as ‘n verhouding met God gegaan. My gebed vroeg in die oggend is my manier om die Here te groet. Dan praat ek graag die dag se program met Hom deur en praat sommer net oor alles wat op my hart is. Hierdie tyd gaan baie keer gepaard met lang tye van stilte – die stilte waar ek niks sê nie. (Soos kaalvoetkind sê: Dit is tye waar ek luister.)
    As ek klaar my “oggendkoffie saam met Hom gedrink het”, dan gaan leef ek doelbewus die res van my lewe daardie dag in Sy teenwoordigheid.
    Ek was op daardie stadium in die weermag. Toe hierdie besef tot my deurdring dat ek die hele dag in sy teenwoordigheid is, het ek my laaste vloekwoord gesê. Ek kon net nie dink my taalgebruik pas in die teenwoordigheid van hierdie wonderlike God en Here nie. Ek het ophou vloek omdat ek Hom liefhet en nie omdat ek bang was dat Hy my gaan straf nie.
    My lewe is bedoel om ‘n gebed en ‘n lied van lof en ‘n lied van “worship” te wees.
    Alec: Dankie dat jy my herinner aan daardie wonderlike vergelyking. Ons vergeet so maklik die Vaderhart van God.

  6. nemesisnarcotic

    Thanks dat almal so saam my stem. Ek en my vriend “mxit” en e-mail mekaar nog heeldag daar oor maar hy wil nogsteeds nie my punt in sien nie. Almal met wie ek al vandag daaroor gepraat het sê dit gaan nie oor wat jy doen as jy bid of wat jy aan het as jy kerk toe gaan nie, dit gaan oor wat jy sê en hoe jy dit bedoel.

    Die enigste persoon wat saam met my vriend stem is my pa en ek weet nie hoekom nie. Hy sê dis soos om rond te loop in die kerk as die dominee bid. Al wat ek gesê het is: loop rond as jy wil solank jy dit doen vir die regte redes en saam bid of luister (m.a.w. moet dit nie doen om gesien te word nie).

    Divan

  7. Amanda

    Ek raak skoon ontmoedig as ek dink dat my pre-teen elke dag blootgestel word aan verderflike goed soos dwelms, promeskuheid, satanisme, en ander. Ek probeer onthou dat meeste van hierdie goed ook teenwoordig was toe ek opgegroei het en dalk was my naiwiteit die afskrikmiddel om my by dit te betrek. Ek wens ek kan my wysheid van vandag aan my kind gee en haar verseker dat niemand vir jou as volwassene eendag gaan vra hoe gewild jy op skool was of nie, maar dat sulke gedrag op skool die rigting van jou toekoms dramaties kan verander – soos die tiener op die voorblad van Beeld se familie s’n dramaties verander is.

  8. attie

    Amanda
    My hart is ook baie seer vir wat met hierdie gesin gebeur het. Ons kan maar net bly praat en bly bid vir ons eie kinders.

  9. Volharding

    Ek stem, enige tyd & enige plekke !!! Soggens vroeg is my beste koffie tyd met die Here. Die stilte is daar, praat graag met HOM wat ek deur die dag wil doen, en wat ek nie moet doen…. Deur die dag, kan jy met HOM nog steeds gesels as ‘n ware Vriend. Jy loop of jy sit of jy werk of jy oefen of jy eet en noem nog vele op! Wonderlike, dis gratis!

  10. Divan:

    Ek dink regtig nie die Here gee om of jy loop terwyl jy bid nie. Ook nie of jy hardloop, piepie of bestuur nie. Ek dink die Here eintlik om of jy bedoel wat jy sê. Want ‘n gebed is ‘n gesprek, nes enige ander een (behalwe natuurlik dat die ander party weinig terugpraat).

    Jou stelling dat God “undescribable” is en nie vergelykbaar is met enigiets op aarde nie, werk egter nie so lekker vir my nie. Hoe kan jy sê God is onvergelykbaar en hom dan terselftertyd vergelyk met ‘n “vader” en ‘n “koning”? Beide is tog aardse begrippe. (Wat is daar in elk geval anders as aardse begrippe? Dis al wat ons het. Selfs die woord “God” is aards.)

  11. attie

    Volharding:
    Dankie vir jou inset. Eendag gaan ek jou storie hier vertel. Enige tyd enige plek enige manier. Hy is daar. Hy luister.
    Johan Swarts:
    Ek dink wat Divan (wat ‘n tiener is en dus nog nie alle taalvaardighede onder die knie het nie)probeer sê is dat elke vergelyking met God elke keer weer tekortskiet en elke weer om ‘n verduidelking vra. Dit is alles inderdaad maar net aardse begrippe. Ons sal nooit daarin slaag om God klaar te beskryf het nie. Hy is die volmaakte Vader en die volmaakte koning, maar Hy is ook baie meer.

  12. aag ek speel sommer duiwelsadvokaat. no hard feelins 😉

  13. attie

    Johan Swarts: Dankie in elk geval vir jou insette. (Hoe sit jy die “smileys” by?)

  14. Ronel

    Ek’s mal oor bid, ek bid deur die dag, nes iets in my gedagtes opkom wat ek dink gebed nodig het, dit vat net ‘n minuut om iets of iemand in God se hande te plaas. Ek voel dis die Heilige Gees wat dinge by my laat opkom en ek mag dit nie ignoreer of uitstel nie.

  15. Jak

    Die oggend gebed is meer algemeen.In my geval is dit saans,feitlik die laaste ding voordat ek die lig afsit.Dan kan ek rustig op my kniee wees,en bid ek vir die Here se hulp en beskerming ook vir die volgende dag,want in die oggend is ek nie rustig nie,nie dat ek nie dan sal bid nie,dit is net vir my beter saans.Nou waar en hoe is nie vir kort/skiet gebede,of op anderplekke as jy wandel,of motorbestuur verkeerd nie,solank n mens net respekvol bly.Gebed is immers gerig aan n Heilige God-drie-enig.

  16. attie

    Ronel; Ek is van mening dat die Heilige Gees baie meer in ons en met ons doen as dit waarvoor ons Hom erkenning gee. Soos byvoorbeeld dardie “gevoel” dat ek hierdie saak nou in ‘n skietgebed in die Here se hande moet gee.
    Jak: Stem saam. mens moet tyd inruim om alleen met die Here te wees – jou amptelike gebedstyd. Die tussenin en duerlopende gesprek kan nie daardie tyd vervang nie. Dit is wanneer ons die tyd met die tyd alleen met die Here afskeep – dink ek – wat die ding gebeur waarteen Johan Swarts waarsku dat ons net met God praat en nooit tyd maak om na God te luister nie.

  17. Spartan

    Matteuse 6 : 5-15

    So moet juule bid.

  18. attie

    Spartan:
    Natuurlik die model gebed om te bid. Die Nuwe testament is gelukkig ook duidelik daaroor dat dit nie die enigste gebed is wat ons mag bid nie. Ek dink maar net aan Paulus se baie besondere gebed vir die Efesiërs in 3:14-21. Ek dink ook aan hoe hy die gemeente in Kolossense herinner dat hy vir hulle bid, maar ook vir hulle sê wat hy vir hulle bid. Ek dink aan Jesus wat die nag in Getsemane ook gebid het dat die bitter beker by Hom verby moet gaan. Ek dink aan Petrus wat alleen op die eiland Patmos op sy knieë gesak en toe ‘n lang gesprek en eintlik ‘n wonderlike openbaring ontvang het. Ons worstel met die saak van gebed as ‘n uitdrukking van ons intiemste oomblikke met ons liefevolle en hemesle Vader. En so dikwels as ons niks meer het om te sê nie, is ons terug by “Ons Vader wat in die hemel is…” Dankie.

  19. Jak

    Vandag het ek behoefte om iets oor beantwoorde gebed te se.
    Dinsdagmore roep my werkgewers my na hulle kantoor,en skets die desperate prentjie van werk wat nie inkom,en ons rekeninge wat nie betaal word nie,en rekeninge wat ons moet betaal waarvoor ons nie fondse het nie.Hulle gee aan my n stapeltjie werknemers se aanstellingsdokumente,en se aan my om afdankingsbriewe voor te berei.
    Direk daarna,op pad om banksake te gaan doen,doen ek in die ry,n skietgebed.In die banktou,skakel ek my werkgewer,en vra of ons nie een dag kan wag,oor die drastiese besluit kan nadink,en daaroor kan bid.Die aand lig ek my vrou in.Daardie aand was daar afsonderlik soos gewoonlik gebid,en die Here se Hulp in die saak gevra.
    Woensdagmore ;Iets het gebeur!Met eens het instansies geskakel wat ons dienste benodig,wat tot vandag nog aanhou.Daar het selfs uitstaande betalings ingekom,alhoewel nie genoeg nie,lyk sake skielik beter,en gaan die afdankings nie ( vir nou),gedoen word nie.
    Ons moet nou aanhou met gebede,sodat die sake kan regkom,as dit die Wil van die Here is.
    Ek loof die Here !
    Jak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s