SOMS IS EK SKAAM

Lees vandag 2 Petrus 1:3-15

“Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.” (2 Petrus 1:3-15)

Wanneer ek lees oor manne en vroue wat as meer as oorwinnaars gelewe het, raak ek soms ‘n klein bietjie moedeloos. Ek voel dat ek nooit soos daardie persoon sal wees nie. Wanneer ‘n mens egter mooi gaan lees, dan sien jy dat hulle lewe van oorwinning ook maar die gevolg was van klein treetjies, een op ‘n slag. Oorwinning kom deur vir een klein dingetjie op ‘n slag “nee” te sê. Oorwinning kom deur deur getrou te wees aan een klein dingetjie op ‘n slag. Groot manne en vroue van God en vir God is nie as groot manne en vroue van God gebore nie. Hulle het groot manne en vroue geword. Niemand sien hierdie klein treetjies raak nie. Hulle sien net die eindresultaat. Maar ‘n lewe van geestelike oorwinning en koninkryksprestasies is die eindresultaat va klein treetjies en klein oorwinings die een op ‘n slag en die een na die ander.

Daar is geen kortpad na geestelike volwassenheid nie. Geestelike volwassenheid is die werk van die oomblik. Die dinge wat jy vandag doen of nie doen nie, gaan bepaal of jy aan die van die dag gevorder het in jou geestelike groei.

Toe ek gisteraand uiteindelik in die bed klim om te probeer slaap, het ek teruggekyk op my dag. Gister was een van daardie dae waar ek twee etes in die kar tussen verskillende afsprake moes eet omdat daar nie andersins kans was nie. Toe ek terugkyk op my dag en die mens wat ek die dag was, moes ek eerlik wees en sê: Daar was nie baie treetjies vorentoe nie, inteendeel… Daar was ook nie baie oorwinnings nie. Daar was eerder die een innerlike stryd na die ander. In retrospek dink ek ek het meer kere daardie innerlike stryd verloor as wat ek gewen het. My vol program mag nooit ‘n verskoning word nie, slegs deel van my belydenis.

Ek begin hierdie dag net op genade. Ek onthou wat ek Sondag vir die gemeente oor Jona gesê het: “God ontmoet vir Jona daar waar die vis op die strand uitspoeg – en daar op die strand herhaal God sy opdrag.” Ek is dankbaar vanoggend dat God my ontmoet net waar ek vanoggend is en dat Hy kans sien om met my weer vorentoe te beweeg. (Ek dink egter daar is ‘n paar mense wat wonder of hulle so genadig soos God behoort te wees.) Dit is waarom vanoggend se teks my so bemoedig: “Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.” (2 Petrus 1:3) Deur sy krag sal ek vandag vir Hom lewe.

Ek het by geleentheid hierdie aanhaling gelees en dit nooit vergeet nie: “I ain’t what I ought to be, but thnak God I ain’t what I used to be.”

Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

7 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Nagedink

7 responses to “SOMS IS EK SKAAM

  1. twyfelaarwatglo

    Beleef ‘n dominee ook sulke dae? Gee my nogal moed!

  2. Volharding

    Dis waar – gee my ook nogal moed as ‘n mens sien, dominee het ook sulke dae. Gisteroggend was ek half moedeloos, want drie van my bybelstudie groep het nie opgedaag nie. Wat’s fout? Het ek gefaal? Ek het genoem, miskien moet ons oorslaan, want hierdie hoofstuk wat ek bestudeer is baie goed en wou net he, almal moet dit deel he insluitend die drie wat nie daar was nie. Toe stel iemand voor, nee wat – gaan aan. Toe gaan ons aan. Agterna het ek baie beter gevoel en besef, hoe waar is dit. Moet nooit vir die Here uitstel / oorslaan ter wille vir iemand. Dis maklik om verskonings te maak !!!!

  3. Etienne

    Dankie ds. vir jou openheid, eerlikheid en mensheid. Laat my dink aan die superman teenoor Shrek figuur. Nooit sal ek weer ‘n “af” dag hê sonder om aan u stukkie te dink nie. Gelukkig kan ons elke dag terug kyk en tog iets vind waaroor ons kan bly wees in die dag. Dit klink my ek was nie die enigste wat gister bly was om by die huis te wees nie!

  4. daar is geen kortpaaie na enigiets nie 😉

  5. vdmpie

    Hi Attie
    Jou “blog” het my gemotiveer om ook een oop te begin. Dalk kan jy jou lesers ook na myne toe verwys. Omdat dit vir my ‘n groot voorreg (soms ook ‘n groot uitdaging) is om deel te wees van die NG Kerk en die Noordelike Sinode noem ek my blog BRING HOOP – MAAK ‘N VERSKIL by http://vdmpie.wordpress.com.
    Ek sal waardeer.
    vdmpie.

  6. Hier uit Pommieland

    Ek dink Petrus het ook bietjie gedink hy het agteruit geboer toe hy langs Jesus in die water in begin sink het…. maar hy was die enigste dissipel van Jesus wat op die water geloop het!

    Toe hy begin sink het, het hy weer na Jesus gekyk en toe het Jesus hom weer uitgetel (Mat 14:31).

  7. attie

    Hier uit Pommieland: So waar. Dit is eers wanneer ‘n mens sien jy sink dat jy jou hand uitsteek sodat Jesus jou hand kan vat. Hy maak jou dan weer staan. Dankie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s