NEDERIGHEID – WAAR?

Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Lees vandag Kolossense 1:1-8.

“En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar mederig wees en mekaar help., want ‘God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.'” (1 Petrus 5:5)

Wakefield vertel van Samuel Morse wat by geleentheid gevra is of hy ooit enige probleme ondervind het wat van so ‘n aard was dat hy nie geweet het wat om te doen nie. Morse se reaksie was dat dit meer as een keer met hom gebeur het en wanneer dit ooit sou gebeur dat hy nie seker was oor wat hy volgende moes doen nie, het hy op sy knieë gesak en God in gebed gevra vir helderheid en leiding.

Samuel Morse het baie toekennings gekry vir sy breinkind die telegraaf. Hy het egter gevoel dat hy nie regtig al die erkenning verdien nie. Hy het gesê: “Ek het ‘n waardevolle toepassing van elektrisiteit gemaak. Dit maak my nie beter as enige ander mense nie. God wou die telegraaf graag vir die mensdom wou gee en Hy moes een of ander mens gebruik om dit aan die mensdom bekend te maak. God het dit goed gedink om my te gebruik.”

Mense het dikwels respek vir ‘n nederige persoon. As mense nie meer respek het vir ons as kinders van die Here, dan verloor ons die reg om gehoor te word.

Nederigheid is eers ‘n gesindheid voor dit ‘n leefstyl word.

Ek worstel die laaste ruk met hierdie gesindheid van nederigheid. Niemand sou my kwalik neem as ek terugbaklei teenoor iemand wat my op ‘n baie lelike manier in die rug gesteek het en een van my kosbare vriendskappe skade gedoen het nie. Ek neem sover elke aand die besluit dat ek die volgende dag iets hieromtrent gaan doen. Tog wanneer ek hier kom sit en nadink oor wat ek lees is dit asof die Heilige Gees my keer om dit regtig te doen.

Ek dink nie ek is die enigste een nie. (Ek dink nou maar aan Ronel se opmerking gister op die “blog”.)

Niemand sal ooit weet hoeveel kinders van die Here deur die Heilige Gees daartoe gebring word om nie te doen wat hulle mag doen nie, omdat die saak waarvoor hulle staan groter en belangriker is as die enkele geveg wat nou gewen kan word.  Ons ken mos die uitdrukking wat sê: Dit help nie jy wen die geveg en verloor die oorlog nie.

Ek is daarvan oortuig dat die Here stil tevrede is in sy liefde vir elkeen wat in nederigheid gehoorsaam is aan die Heilige Gees omdat hulle die groter prentjie van God se uiteindelike doel sien.

Mag jy wat in stilte nederig is in hierdie dag die wonderlike teenwoordigheid van God self beleef. Oomblik vir oomblik. Tree vir tree.

(06/09/07/1319)

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Nagedink

One response to “NEDERIGHEID – WAAR?

  1. Peet

    Ek het al gedurende die jaar al ‘n paar keer die probleem beleef dat ek deur mense na wie ek opkyk in die rug gesteek is. Dit het my woedend gemaak en elke keer as ek hom in ‘n vergadering ontmoet het het die heilige gees oorgeneem en die hele situasie so verander dat my woede bedaar het en dat ek ‘n sterker mens anderkant uitgekom het al is die probleem nie opgelos nie.ek is later deur die peroon geskakel en hy het weer begin met sy “aanval”manier om my te probeer beledig ebeskuldig waarna ek so kalm en bedaard met hom oor die foon gepraat het en ek kon hoor hoe kalmer ek word hoe kwaterword die man. hy het later die foon in my oor neergesit van woede en ek weet nou nog nie wat die rede vir sy woede was nie wandie volgende oggend het ons weer mte mekaar gepraat en hy en ek was ewe kalm en die werk het voortgegaan sonder probleme en die besigheid het ‘n uitstekende maand van verkope gehad. Dit het my net weer gewys dat niks is vir God onmoontlik nie moenie jou skedel kraak oor goed wat jy niks aan kan doen nie laat dit in G se hande en Hy sal jou help.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s