UITNEMENDHEID – DIE LEEFSTYL.

Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Lees vandag  Habakuk 3 (veral verse 17-19)  

“Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” (Johannes 3:21)    

Charles Swindoll het ‘n opmerking gemaak in “Living above the level of mediocrity.”, wat my aanspoor:

Ons het meer mense nodig:

wat nie gekoop kan word nie;
wie se woord nog sy eer is;
wie se persoonlike integriteit meer werd is as ekstra geld in die bank;
wat ‘n mening het en ‘n wil het;
wat groter en meer is as die poisisie wat hy/sy beklee;
wat nie huiwer om te waag nie;
wat nie sy/haar individualiteit prysgee tussen ‘n skare nie;
wat in die klein dingetjies net so eerlik sal wees as in die groot dinge;
wat geen kompromie met die verkeerde sal aangaan nie;
wie se ambisie nie beperk is tot hulle eie persoonlike begeertes nie;
wat nie sal sê hy doen dit net omdat almal dit doen nie;
wat getrou en lojaal is aan hulle vriende wanneer dit goed gaan en wanneer dit sleg gaan;
wat nie glo dat manipulasie, rugstekery en hardkoppigheid die belangrikste kwalifikasies vir sukses is nie;
wat nie huiwer om te staan vir die waarheid en vir wat reg is wanneer die waarheid en die regte die ongewilde ding is nie;
wat “nee” kan bly sê selfs wanneer die hele wêreld “ja” sê.

As Christen is ek geroep tot ‘n lewe van uitnemendheid – dit beteken eintlik maar net dat ek alles wat ek in doen in gehoorsaamheid aan God sal doen. Ek droom daaroor dat ek van oomblik tot oomblik so onder die leiding en die beheer van die Heilige Gees sal leef, dat ek sal weet wanneer Hy my dring om nie tevrede te wees net om een van die massa te wees nie, maar dat ek sal uitstaan en raakgesien sal word omdat ek op ‘n nederige manier nie bereid sal wees om my persoonlike waardes aan die hoogste bieder te verkoop nie. Dat ek raakgesien sal word omdat ek God gehoorsaam selfs wanneer niemand weet nie.

Die een van hierdie eienskappe waaronder ek die meeste ly is: “Mense wat glo dat manipulasie, rugstekery en hardkoppigheid die belangrikste kwalifikasies vir sukses is.”

Vir vandag gaan ek my aan hierdie opmerking herinner: “Ek gaan ‘n mening hê en gaan gewillig wees om daardie mening te leef.”

Ek wonder: Watter een van hierdie het swaarkry in jou lewe tot gevolg?

Ek wonder: Watter een van hierdie sou jy graag jouself vandag aan wou herinner?

Skryf gerus jou OPMERKING hier, dan kom kyk jY weer aan die einde van die dag hoe dit gegaan het.

(05/09/07/1181)

13 Kommentaar

Filed under Nagedink

13 responses to “UITNEMENDHEID – DIE LEEFSTYL.

  1. Ronel

    Ek werk (soos so baie van ons) vir base wat dink hulle is beter as ander, juis omdat hulle titels soos “direkteur” dra. Hulle is baie keer onregverdig “ter wille van die besigheid”. Dit laat mens magteloos en moedeloos voel. Dit gebeur omtrent daaglikse. Maar met Jesus as my skuiling en my rots, behoort sulke dinge nie ‘n impak op my dag te hê nie. Al wat ek kan doen is om hierdie mense in my gebede op te dra.

  2. kaalvoetkind

    “Do not go where the path may lead, go instead, where there is no path and leave a trail.” Hierdie aanhaling van Ralph Waldo Emerson som dit vir my baie mooi op om nie jou individualiteit prys te gee tussen ‘n skare nie.

  3. attie

    Ronel: Die enigste titel wat ons as kinders van die Here kan toeeien is: Dienskneg van die Allerhoogste God. Ons sal maar bly dien.
    Kaalvoetkind: Dankie vir die aanhaling van Ralph Waldo Emerson. Ek geniet hom altyd. Ons mag nie kudde-diere wees nie. Ons is elkeen uniek en baie besonders.

  4. Etienne

    Hi ds. As ek elke een deurlees is elkeen op sy eie ‘n definisie van integriteit. My eie definisie van integriteit is dit wat jy doen of nie doen as jy alleen is.
    Die een opmerking waarmee ek die swaarste kry is “wat nie sy individualiteit prysgee tussen ‘n skare nie”. Dit is bitter moeilik om myself in ‘n skare te laat geld.
    Ek sal my graag vandag aan die een opmerking wil herhinder: “wat ‘n mening het en ‘n wil het;”. Hoe anders sal ander weet wie en en wat jy is?

  5. Christo

    Attie
    Ek lees gereeld jou blog, maar is lui om te reageer. Ek is bly om te sien meer mense lees hier. Vandag se gedeelte het my egter laat dink aan die skrif gedeelte wat se dat die waarheid ons sal vry maak. So maklik om met die waarheid saam te leef. Een “nood” onwaarheid wat geuiter word in ‘n oomblik van “peer presure” lei maklik tot ‘n reeks onwaarhede wat die hele situasie vererger. Baie makliker om maar net by die waarheid te hou.

  6. attie

    Christo:
    Die maklike vir die oomblik is dalk om die waarheid klein bietjie te verdraai. Later kan jy nie byhou met waar jy orals watter waarheid verdraai het nie. Waarheid laat jou toe om ‘n swakker geheue te he.

  7. Die dominee wat my weer laat teruggaan het kerk toe, Ds Danie Luckhoff van die Strooidak kerk in die Paarl, het gese mens moet jouself net een vraag afvra: “Sou ek gedoen het wat ek nou hier doen as die Here op hierdie oomblik reg langs my gestaan het?”

    Ds Danie is ‘n paar maande na ek hom leer ken het, dood aan kanker, maar ek sal hom nooit vergeet nie. Hy het beslis een verlore skaap weer teruggelei.

  8. attie

    Sonkind: Watter besondere mooi getuienis en erkenning aan ds. Danie. Bie van ons leef vir die een persoon wat sal sê: Die dominee het hierdie verlore skapp teruggelei. Dankie. Feit is: God is alomteenwoordig. Hy kan op enige plek wees waar Hy wil wees en op soveel plekke as Hy wil en orals as Hy wil. Die Here is nou ook daar by jou en hier by my.

  9. Fanie

    Wat my deesdae baie sterk opval en terselfdetyd kwel is die gebrek aan integriteit en tekort aan die uitleef van gesonde geestelike waardes in die werksplek. Bestuurders wat ander mense vloek, verkleineer, sleg behandel en benadeel word openlik beskou as suksesvol en kom voor om beter resultate te bereik. Hierdie gedrag word dan aangemoedig deur besighede/ maatskappye se direksie, ondanks die feit dat hulle “caring” as ‘n waarde preek. Omgee is egter iets wat jy nie mense mee kan flous nie en dit neig om die “goeie” mense weg te dryf en sodoende die maatskappy van binne te vergiftig. Ons moet bid vir ons direkteure en maatskappye.

  10. attie

    Fanie:
    Ek lees nou jou kommentaar nadat ek vandag se stukkie geskryf het. Jy as nederige Christen kan ‘n groot verskil maak in jou werksplek. Onthou: Die wêreld lag vir ons nederigheid, maar ons weet dat dit ‘n uiters kragtige instrument in die hand van die Here is.

  11. Amanda

    Sjoe – ek stem saam met Fanie. ‘n Mens sien in die werksplek die “suksesse” van die onbillike, moeilike bestuurders en dan wonder jy hoekom jou sagte, motiverende metodes nie werk nie. Dikwels wonder jy: “Moet ek nie maar hard word en my mede-kollegas se metodes van “motivering” volg nie?” Maar hoe bly jy getrou aan jou inherente goeie Bybelse waardes as jy twee stelle beoefen – een by die werk en een by die kerk. Die ander vraag wat by my opkom is of ek nie uit my posisie speel nie. Is die sake-wereld en sy suksesse nie net vir die harde mense daar buite nie?

  12. attie

    Amanda:
    Gelukkig was ek ook vir ‘n hele paar jaar in hierdie harde wêreld waarvan jy en Fanie praat. Nou dat ek daar uit is, sien ek werklik watter invloed my “ander” benadering gehad het. Verskeie mense kom terug na my toe na aanleiding van daardie tyd. Jy en Fanie en elke ander Christen is nie uit posisie uit nie – julle is daar waar die Here julle wil hê, maar dit sal nie altyd maklik wees nie.

  13. SLR

    Hi Almal. Ek wil net ‘n stuk getuienis lewer om die van julle wat vir Firmas moet werk wat slegs waardes op papier het, moed te gee. Ek het die voorreg gehad om vir 5 jaar vir ‘n groot Platinum firma daar in julle midde te werk. As ek so deur die email lees kan ek duidelik sien dat van julle ook daar werk. Hulle het die mooiste waardes op papier en sit dit onderaan al hulle advertensies. Hulle gee “Landmark training” om mense te breinspoel dat die fout altyd by jou is en noot by die Firma nie. Hulle beweer dat mense hulle trots is, maar besef nie dat dit met God se skepsels is wat hulle so mee werk nie. Die ergste is dat van die bestuurders saam met my in Bergsig gesit het, Sondag vir Sondag. Hulle was ook die wat nie kon wag om van ons wat ons Christelike waardes by die werk uitgeleef het, ontslae te raak nie. Ek wou hulle Arbeidshof toe vat vir onregverdige arbeidspraktyk, maar toe praat die HERE baie hard en duidelik met my. Vir die van julle vir wie die bekend klink, gaan lees Psalm 37. Die Here sorg vir sy kinders en die Wraak kom ons nie toe nie. Hy laat dinge gebeur op Sy tyd en plek. Ek moes Rustenburg verlaat en daarmee saam vir Bersig. Hy het Bergsig gebruik om ons voor te berei vir dit waarvoor Hy ons nou gebruik. Ek het bo alle verwagtinge in, ‘n werk gekry by ‘n Firma waar die Here nommer EEN is. Bestuursvergaderings word met skriflesing en gebed ge-open. Besluite word geneem deur mense en nie hulpbronne eerste te stel nie. As jy nie die jy kan wees wat God jou bedoel om te wees in jou werksplek nie en die rede daarvoor jou waardes is wat bots met die van jou sogenaamde werkgewer, vertrou op Hom en loop. Moet nie die Here verloon vir ‘n groot salaris tjek aan die einde van elke maand nie. Ek het dit byna te laat besef. Dit beroof jou van al jou geluk en menswaardigheid. Vertrou op die HERE, hy sal vir jou sorg soos Hy deur al die eeue bewys het, Hy vir sy kinders sorg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s