GOD: OORVLOEDIG IN SY GENADE

Lees hier ‘n GEBED vir vandag 

“Wie is ‘n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde van die wat uit U volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde.

Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.

U sal getrou wees teenoor Jakob, liefde betoon aan Abraham , soos U in die voortyd aan ons voorvaders met ‘n eed beloof het.” (Miga 7:18-19)  

Die volk Israel het geweet wat die regte ding is om te doen. Hulle het nie gedoen wat hulle weet hulle behoort te doen nie. Daarom sê die Bybel het Israel in sonde verval. Miga was ‘n profeet – ‘n boodskapper deur God gestuur. Die volk Israel het nie ‘n gehou van die boodskap wat hulle by die profeet Miga gehoor het nie. Die boodskap was: “Ellende weag vir julle wat…” (Miga 2:1) en dan word ‘n lang lys genoem van die dinge wat hulle verkeerd doen. Terwyl hulle weet wat die regte ding is om te doen, het hulle gekies om die teenoorgestelde te doen. Miga se boodskap was: God se oordeel kom.

Maar, nadat Miga hierdie moeilike waarheid oorgedra het, bring hy ook die boodskap van die komende vreugde van God wat vergewe. Dit is wonderlik om ‘n God te dien wat graag vergewe – vinnig is om te vergewe. Ja, soms te vinnig na sommige mense (dink maar aan Jona)  se sin. Miga se genade boodskap: Daar is geen sonde so groot dat dit nie deur die genade van God tot niet gemaak kan word nie. God se genade en barmhartigheid oortref elkeen van ons se sonde elke keer. Wanneer God ons sonde vergewe, vat Hy dit so ver weg as mooontlik. Hy gooi ons sondes in die diepsee.

Ek was een keer by ‘n geleentheid waar ‘n vrou aan ‘n groep klein seuntjies die waarheid en grootheid van God se vergifnis volgens Miga probeer oordra. Sy het ook verduidelik dat God ons sonde in die diepsee gooi en toe het een van die seuntjies gesê: “En dan sit Hy ‘n bordjie daar wat sê: ‘No fishing!'”

God vergewe en Hy vergeet, dit is genade onbeskryflik groot.

Genadige God en hemelse Vader, U is altyd gereed om te luister wanneer ons nader kom om ons sonde te bely sodat U ons kan vrymaak van alle skuld. Dit is ons eie hoogmoed en trots wat keer dat ons U genade beleef. Bevry ons vandag van hogmooed en trots wat keer dat ons U onbeskryflike groot genade ontvang. Gee dat ek in hierdie dag ‘n klein bietjie goed sal wees vir die mense met wie ek in aanraking kom sodat hulle deur my iets van U goedheid kan beleef. Amen.” 

(04/09/07/1019)

1 Kommentaar

Filed under Christianity, Nagedink, Religion

One response to “GOD: OORVLOEDIG IN SY GENADE

  1. Zelle

    Baie dankie, Ds Attie. Jy het my daaraan herriner dat God ‘n wonderlike Pa is wat nie kwaad bly nie. Soms as ek sondig dan voel ek nie net te trots en hoogmoedig om vergifnis te vra nie, ek voel ook te skaam! Soos ‘n stout kind wat weet wat reg is en dan tog uitgaan en WEER die verkeerde ding doen. En nou het ek net weer besef dat ek tog kan teruggaan na my Vader toe en dat Hy my graag wil vergewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s