Kat- en hondteologie.

Mense dink verskillend oor God. Die manier waarop jy oor God dink, word dan jou persoonlike teologie. Ek het onlangs gelees dat mens of  ‘n hond-teologie het of jy het ‘n kat-teologie.

‘n Hond sien hierdie mens wat vir hom kos, slaapplek, aandag liefde en alles wat hy nodig het gee. Die hond dink: Hierdie mens is god. Ek moet hier wees om hom te dien.

Om die kat-teologie te verduidelik moet ek hierdie voorbeeld noem. Renate (my vrou) se broer het ‘n kat in die huis. Sy naam is Jinxie. Jinxie sit net by wie hy wil. Jy kan hom roep. Jy kan doen net wat jy wil. Jinxie sal net by jou sit as hy wil. En as Jinxie by jou sit moet jy stilsit. As jy nie stilsit nie, sal Jinxie ‘n paar keer kerm. As die kerm nie gewensde uitwerking het nie, sal Jinxie liggies haar naels in jou bene indruk. As dit nog steeds nie werk nie, klim hy af. Jinxie doen jou ‘n groot guns om by jou te sit.

‘n Kat sien hierdie mens wat vir hom kos, slaapplek, aandag liefde en alles wat hy nodig het gee. Die kat dink: Ek moet God wees. Hierdie mens is hier om my te dien.

Die verskil is:

Hondteologie: Ek is in God se diens.

Katteologie: God is in my diens.

Ek sou graag wou weet wat jou waarneming is oor hoe verskillende mense hierdie teologie uitleef.

Hier kan jy KOMMENTAAR lewer of lees wat ander skryf.

(02/09/07/819)

10 Kommentaar

Filed under Christianity, Nagedink, Religion, Spirituality

10 responses to “Kat- en hondteologie.

  1. kaalvoetkind

    Ek weet nie of julle al met “Doelgerigte Lewe” van Rick Warren te doene gehad het nie. Dit sluit vir my aan by die “hondteologie”. Ons is deur God geskep, vir God, m.a.w. wat kan ek doen, nie wat kan vir my gedoen word nie.

  2. attie

    Kaalvoetkind:Ja ons het ook Rick Warren se twee boekies deurgewerk en dit is waar ne hy help mens om te onthou dat God ons vir Sy doel gemaak het. (So nou en dan wil wil ek van Rick Warren verskil, maar dit is klein goedjies en daardie twee veldtogte het ons gemeente wonderlike dinge laat beleef. Jy kan gerus ook die “link” na Jesuscreed volg onder die blogs waar ek graag kuier. Wonderlike stof wat ‘n mens daar kan lees. Dankie vir jou kuier.

  3. dankbaar

    Ek kuier nou al baie lank om jou koffietafel en wou al baie reageer. Ek wens dat ek elke dag die hondteologie kan uitleef maar moet erken dat ek so dikwels faal en dan verwag ek dat God moet doen soos ek voorskryf. Ek het dit die naweek weer beleef. Ons beleef tans ‘n groot finansiele krisis. Gister by die kerk bid my man se beste vriend en dank die Here dat Hy vandag gaan voorsien. Ek lê die helfte van die nag wakker en wonder hoe kan ek God help om die gebed te beantwoord. Nodeloos om te sê dat die liewe Vader geantwoord het, voor ek nog ‘n plan kon beraam. Dan weet ek, ek het weer bietjie vergeet van net “let go and let God”. Baie jare terug het jy eendag in ‘n preek gesê “IN US JESUS WALKS THE WORLD”. Vandag besef ek dit weer deur ‘n gebed wat so vinnig beantwoord is – net een persoon was nodig om God se arm in beweging te bring toe my geloof ‘n kat-geloof was.

  4. attie

    Dankbaar:
    Partykeer is “hond-teologie” (dit klink vir my so ‘n slegte beskrwying) juis om van tyd tot tyd by die Here te kom en te sê: “Ek het gefaal. U het nie. Dit is waarom U God is en ek dienskneg is.”
    Ek is saam met jou dankbaar oor die manier waarop die Here (sonder jou hulp) die gebed beantwoord het.

  5. Jak

    Die KAT en HOND om teologie te verduidelik is miskien nie goed nie.Die BYBEL gebruik bv.skape en bokke.
    Alhoewel ek vir my honde baie lief is,het ek meer vreugde uit my katte.n Mens wat vir katte omgee,gee gewoonlik ook vir ander mense om.N man wat katte skop,is dikwels ook n w rede mens en Vroue-slaner.
    Nou se hulle ook,”Dogs have masters,cats have servants”.
    N huis met n kat,is gewoonlik n rustige huis,waar mense ook ontspanne kan wees.
    Nou het ek so bietjie afgedwaal,maar in die proses my punt oor kat en hond-terme vir die Teologie,bewys.
    Jak.

  6. attie

    Jak: Enige illustrasie het sy gebreke. Ek probeer ‘n bepaalde punt maak met die vergelyking en jy bevestig daardie punt wanneer jy sê: ,”Dogs have masters,cats have servants”. Ek dink nie ons hoef ons te beperk tot die beelde wat die Bybel gebruik wanneer ons iets oor die Bybel probeer veruidelik nie.

  7. HENNIE

    Hondteologie is baie gepas. Ek moet ook waarsku dat ons mense moet toelaat dat die Heilige Gees, God se roeping in hulle lewens vestig, want dit is ook waar dat ‘n hond wat hondsdolheid het sy baas ook byt.

    Vraag: Sluit ALGEHELE OORGAWE aan die Here ook die oorgee van my REGTE in, byv my reg om kwaad te word of om kwaad te bly? Veral gesien in die lig van “EK LEWE NIE MEER NIE”.

  8. attie

    Hennie: Almal van ons het maar daardie “flaws” in ons persoonlikheid. Sommige se “flaw” is ‘n onnodig vinnige humeur. Algehele oorgawe word na my mening te veel kere gesien as ‘n eindbestemming en nie deel van die reis nie. Met algehele oorgawe sê ek eintlik vir die Here dat ek die res van die reis aan Hom en aan sy wil die oorheersende aandeel (Behrende aandeel klink nou vir my so lekker) gaan gee. Ek gaan Hom toelaat om te werk aan die “flaws” in my persoonlikheid, om my swakpunte minder opsigtelik te maak – selfs weg te vat, en my sterkpunte meer tot Sy eer te gebruik. Ek offer die reg op om my sondige self te wees, maar ek weet ek kan nie op my eie ophou om my sondige self te wees nie, ek het die werking van die Heilige Gees nodig. Algehele oorgawe is nie ‘n kitsresep tot ‘n heilige lewe nie. Algehele oorgawe is ‘n groter toewyding aan die najaag van die heilige lewe.

  9. yolandi

    Ek is so bly ek sien vanoggend hierdie “site”. Dis juis wat ek so moeilik vind, die algehele oorgawe. Ek kom so naby, maar dan voel ek weer “skuldig” omdat ek dit nog nie reggekry het nie, maar dit is gevoelens wat ons moet wegwys, want vrees en skuldgevoel is nie van God nie!
    Maar die duiwel gee mos nooit op nie, hy hou aan sy “luck try” – SOLANK JY HOM TOELAAT.
    Die afgelope tyd maal die gedagte in my kop om net te bid “Here, BEINVLOED my. Vat my GEDAGTES oor” Want wat ‘n mens dink, dit is jy! En om terug te kom na ons wat DIENSKNEG is, wil ek se, ONS kan nie ons gedagtes vernuwe nie, GOD KAN. Al wat ons moet doen is VRA.

  10. Yolandi: Ek is ook bly jy het hier uitgekom. Algehele oorgawe is nie ‘n bestemming nie maar ‘n reis. Ek dink die eindpunt van algehele oorgawe is wanneer ek saam met Jesus in die hemelse woning sal wees. Dan sal Hy alles en in almal wees. Tot dan is algehele oorgawe ‘n daaglikse keuse. Soos jy sê beïnvloed my. Beïnvloed alles wat ek sê en dink en doen. Dit is algehele oorgawe. Die res doen die Heilige Gees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s