“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” (Filipense 1:6)
Wanneer iemand ‘n Christen word deur in Jesus Christus as Verlosser te glo, word daardie persoon deel van ‘n groep gelowiges (gemeenskap van gelowiges; kerk van die Here Jesus) wat sonder ophou deur die Heilige Gees verander word. Die nuwe lewe wat die Heilige Gees bewerk gebeur nie alles op een slag nie, maar is ‘n proses wat elke mens wat deel is van die kerk van die Here Jesus beleef. In hierdie nuwe lewe word verskille tussen mense al hoe minder en die hele kerk van die Here Jesus werk saam om God te dien. Net soos ‘n mens se hele liggaam as ‘n eenheid saamwerk om iets te doen. Die gemeente in Filippi het Paulus baie na aan die hart gelê (Fil. 1:7) en een van die redes daarvoor was die werk van die Heilige Gees in hulle lewens wat van so ‘n aard was dat ‘n mens dit nie kon miskyk nie.
Ek is vandag dankbaar vir die mense in die gemeente waarvan ek deel mag wees. Dankbaar vir dit wat hierdie naweek in ‘n groep “20 somethings” gebeur het; dankbaar vir die goeie werk wat die Heilige Gees op twee tienerkampe in die lewe van tieners gedoen het en wat Hy op sy besondere manier nou voortsit en wat ek Maandagmiddag ook kon raaksien in my persoonlike gesprekke met van die kinders in die belydenisgroep (Kati; Engelize; Adriaan; Kobus: Judith; Janniske; Elane en Elinde – ek is so opgewonde oor al die ander gesprekke wat ek nog met die res van die groep gaan hê); dankbaar vir die wonderlike manier waarop hierdie gemeente gereed staan om as Stephen Ministers toegerus te word om ander se laste te help dra.
My gebed vir elkeen van ons in hierdie gemeente en wat hierdie blog lees: “Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem en begrip en fyn aanvoeling sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.” (Fil. 1:9-10)
“Hemelse Vader in U groot liefde werk U in elkeen van ons. Dankie dat gebeure soos hierdie naweek wat mense se lewens verander en die tieners wie se lewens nog steeds besig is om te verander en mense se gewilligheid om steeds verander te word sodat hulle ander kan help, vir ons wys dat U in mense werk. In U groot genade kies U ook om deur mense te werk. Wil u assbelief elke gewillige geknakte riet en elke beskikbare gebarste kruik gebruik op U Goddelike manier vir U Goddelike werk. Dankie vir U genade in Jesus en U teenwoordigheid deur die Heilige Gees. Leer ons sodat ons kan weet wat die dinge is wat regtig belangrik is. Amen.”
KOMMENTAAR hier.
28/08/07/347)
Attie
Hierdie hele idee van eenheid in die kerk is baie confusing. As jy eenheid binne die Kerk (as organisme sonder grense) bedoel, stem ek saam. Maar eenheid in ‘n gemeente? Na ons verhuis het en ek so verlore in die gemeenskap en in die gemeente gevoel het, was dit die eerste ding wat God vir my belowe het, Fil 1: 6 en was dit vir my ‘n geweldige troos. God werk egter misterieus en Hy het nie die gemeente omgedop en verander sodat dit vir my aanvaarbaar is nie. Stelselmatig het Hy my geleer om op Hom en Sy Woord alleen te vertrou. Dinge is nog steeds nie soos ek dit sou laat uitwerk het nie, maar Hy leer my al hoe meer om te onderskei tussen wat belangrik is en wat nie. My gemeente se verknogtheid aan eng Afrikaanse tradisies staan my nie aan nie. Ek beskou myself as lidmaat van die kerk van God en nie net as lidmaat van my gemeente nie en dan ontstel dinge wat die gemeente doen of nie doen nie my nie meer so nie. Ek leef my anyway elke dag uit as lid van die kerk van Christus(kerk sonder grense)waar ek ookal gaan. Ek wonder net: Kan dit gebeur dat ‘n gemeente so behep raak met dinge wat hulle dink belangrik is dat hulle nie doen wat God van hulle vra nie? Hou so ‘n gemeente dan op om as Kerk van God te funksioneer? (Ek dink aan jou kommentaar op my vorige skrywe). Hoe raak dit gewone gemeentelede se “rol”? Wat help dit dat God mense se lewens aangryp en verander en mense hulle oorgee aan die wil van God, maar hulle gemeente staan buite God se wil en werk?
Babette
Jy vra moeilike vrae. In hierdie tyd word daar baie gebruik oor die missionêre gerigtheid van die kerk. Vir baie van ons beteken dit dat ons ernstig sal probeer om te ontdek waarmee God in hierdie wêreld besig is (God se missie) en dat dit waarmee ek besig is (my missie) of waarmee die kerk besig is (kerk se missie) God se missie sal ondersteun. Met ander woorde: Ons kan die wonderlikste missie formuleer en met die wonderlikste dinge besig wees, maar dit waarmee God besig is mis. Elke kind van God het probeer maar eintlik uitvind waarmee God besig is. Ek wil liewer nie iets sê oor of die die gemeente dan ophou om kerk van God te wees nie. Wat ek wel wil sê is dat ek graag die kerk sien as daardie groepie mense wat so op God se missie gefokus is, dat God hulle kan gebruik. Partykeer weet ek self nie, en dan probeer ek net so naby aan die Here lewe dat ek aan die einde van die dag kan sê: Vir hierdie dag het ek na die beste van my vermoë in gehoorsaamheid aan die Here geleef.
Ek weet nie eers of ek jou antwoord nie.
Dankei dat jy hier kom kuier en my ook laat dink.
Attie,
Baie dankie vir jou antwoord. Ek dink dit is baie waar dat elke kind van God probeer uitvind waarmee God besig is. Die probeem le by die “uitvind”, want nou kan ons nie meer se ons het nie geweet nie. Die antwoord vat ons baie dikwels uit ons comfort zone uit. Ek dink ek moet minder fokus op wat ander mense doen, en seker maak ek is in lyn met God se wil vir my lewe.
I love when you talk about this type of stuff in your posts. Perhaps could you continue to do this?
wireless gaming chair