Ek en ‘n groep van omtrent 20 “twenty somethings” gaan hierdie naweek saam met Woord In Aksie kamp. Ons het gisteraand gou by mekaar gekom om net bietjie die finale reëlings vir die kamp te tref. Die kueir saam met hulle was vir my lekker. Oppad huistoe het ek gewonder wat dit was wat dit vir my so lekker gemaak het om met die groep jongmense te kuier. Dalk is dit hulle passie vir die lewe. Die lewe is lekker. Die lewe moet geleef word. “Carpe diem” gryp die dag lyk na hulle “motto”. Toe Reynders sê hy ken niemand nie, hy sou graag saam met een of twee ‘n koppie koffie of selfs ‘n bier wil gaan drink, toe ek weer sien toe gaan almal. Dalk is dit omdat elkeen in die groep so op sy/haar gemak is met hom-/haarself. Ek het nie die gevoel gekry dat hulle met mekaar kragte meet of met my kragte meet nie. Die groep het ‘n openheid met mekaar wat maak dat elkeen sê wat hy/sy dink en voel. Dalk is dit omdat elkeen van hulle op sy eie manier maar net op soek is na die Here se wil vir sy/haar lewe en dat elkeen van hulle genoeg vertroue in die Here het om nie bedreig te wees daur die ander een se rol en plek in God se koninkryk nie. Hoe dit ookal sy. Die lewe is lekker. Die lewe is die Here se geskenk aan ons. Leef voluit. “Dankie Hemelse Vader dat ek in hierdie tyd in hierdie land mag leef. Laat ons in hierdie dag elke geleentheid aangryp om mense bewus te maak van U nabyheid. Amen.”
Hier kan jy KOMMENTAAR lewer.
Bly om op jou blog af te kom.
Wie is dit nou weer wat gese het “moet niemand vertrou wat ouer as 30 is nie”?