WEGGESTEEK IN DIE TEKS

Ek lees 2 Konings 2:1-12 – Elia se hemelvaart en Elisa se dubbelle porsie.

Wanneer ek gesprekstemas voorberei vir ons kleingroepe is die heel eerste vraag: Wat tref jou wanneer jy hierdie gedeelte lees?Ek is elke keer verbaas om te sien hoe mense iets nuuts raaksienw at ek nog nie voorheen raakgesien nie. Die ander interessante is dat hoe jonger die groep siw aarmee ek werk hoe meer verrasend is die “nuwe dinge” wat raakgesien word.

Die verhaal van Elia wat opgeneem word in die hemel is ‘n redelik bekende verhaal. So bekend dat die gedagte van “die mantel het op hom geval” ‘n spreekwoord in die Afrikaanse taal is. Duie eerste paar kere wat ek die verhaal gelees het, het ek net die gewone gesien:

  • Elia het drie keer (Verse 2l; 4; 6) probeer om vir Elisa af te skud. Hy kon dit nie regkry nie.
  • Elisa vra vir ‘n dubbele porsie van die gees wat Elia gehad het. (Vers 9)
  • Elia is in die hemel opgeneem. (Vers 11)

Maar toe ek die stuk weer en weer lees, sien ek dinge raak wat ek voorheen dalk gemis het. Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Bybel as verhaal, Die Bybel, Dissipelskap, LEES VANDAG

LEIERS EN VRYWILLIGERS

Kerklike leierskap is uniek.

Een van die dinge wat leierskap in die kerk uniek maak, is die feit dat ons met vrywilligers werk. In hierdie opsig moet ‘n mens eintlik ook sê dat kerklike leierskap in Suid Afrika anders is as veral die VSA. Die meeste van die literatuur wat ons oor leierskap lees is van die kerk omgewing in die VSA afkomstig.

Een van die groot verskil tussen die gemiddelde kerk in Suid Afrika en die gemeentes in die VSA is die werksmag. Kerke in die VSA werk as ‘n reël met ‘n baie groter korps van betaalde amptenaar as kerke of gemeentes in Suid Afrika. Nou praat ek nie van groot en makro gemeentes nie, ek verwys na deursnee gemeentes wat finansieel dikwels moet sukkel om te oorleef en dus nie met baie betaalde personeel kan werk nie. Continue reading

1 Kommentaar

Filed under Leierskap

EN AANGESIEN DIE BULLS NOU IN PIENK SPEEL

Ek kry vanoggend ‘n epos met hierdie inhoud:

Since the Bulls will be playing in pink this year:

1. One lucky season ticket holder will win a free make-over during half time of each match. 

2. Fans will no longer be allowed to braai before kick-off, instead fondue stations will be available for snacks

3. The beer tent will no longer sell beer, but a wide variety of fruity drinks will be available Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Rugby.

KAIN EN ABEL 5

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Hier skryf ek dan ‘n bietjie meer.

Jy kan die vorige skrywes hieroor gaan lees by: Kain en Abel 1; Kain en Abel 2;  Kain en Abel 3; Kain en Abel 4.

God dwing Kain om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar. God kondig ook Kain se straf in geen onduidelike terme aan:

“Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal ‘n doellose swerwer op aarde word.” (Genesis 4:12)

Die Nuwe Testament stel dit so:

“Die loon wat die sonde gee is die dood.” (Romeine 6:23a)

Kain pleit versagtende omstandighede:

“My straf is te swaar om te dra. U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal ‘n doellose swerwer op aarde wees, en wie my raakloop sal my vermoor.”

God gee toe:

“Nee! Wie Kain vermoor sal sewe maal gestraf word. Toe gee die Here vir Kain ‘n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.” (Genesis 4:15)

God gee versagting aan Adam en Eva. Hulle sterf nie dadelik nie. Hulle word net uit die tuin verban om in die sweet van hulle aangesig hulle brood te verdien. God gee versagting aan Kain. Mense sou hom nie doodmaak nie. Net God mag doodmaak. Niemand mag Kain doodmaak nie.

Aan die kruis op Golgota pleit Jesus versagting:

“Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

En God staan versagting toe:

“Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Romeine 6:23)

Ek dink nie ons hoef regtig bekommerd te wees dat mense ons sou wou doodmaak soos in die geval van Kain nie. Een ding weet ek, en dit is dat as die duiwel sy sin kry, sou hy ons graag wil doodmaak.

Maar God het vir my en my kinders en dalk vir jou en jou kinders ‘n merk gegee wat die duiwel sal herinner: “Hierdie een behoort aan My! Net Ek mag doodmaak!”

As jy weer oorweldig word deur jou sonde en onverantwoordelike optrede en jy wonder of God se genade vir jou genoeg is, vat aan jou voorkop. Daar het die waterdruppels geval waarmee God jou as sy eiendom gemerk het. Alhoewel almal van ons net soos Kain maar ‘n ernstige geneigdheid tot sonde het, beteken dit nie dat ons nie aan God behoort nie.

 

Lewer Kommentaar

Filed under Kain en Abel, Tieners

KAIN EN ABEL 4

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Hier skryf ek dan ‘n bietjie meer.

Jy kan die vorige skrywes hieroor gaan lees by: Kain en Abel 1; Kain en Abel 2;  Kain en Abel 3.

Kain het gedoen wat hy hom in sy hart voorgeneem het om te doen. Hy het Abel doodgemaak omdat God Abel se offer aanvaar het en syne nie. Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Tieners

KAIN EN ABEL 3

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek het Maandag HIER oor die twee broers geskryf en gister HIER.

Gister het ek geskryf oor hoe God Kain probeer keer om te doen wat hy hom reeds in sy hart voorgeneem het om te doen.

Die tragiese is…. God kon Kain nie keer nie.

Ek wonder watter emosies het Kain beleef toe hy agterkom dat God nie sy offer aanvaar het nie. Continue reading

2 Kommentaar

Filed under Stories en gelykenisse, Tieners, Verwerping

KAIN EN ABEL 2

Genesis 4 is die verhaal van Kain en Abel en die gedeelte wat ek hierdie week saam met my belydeniskals lees. Ek het gister ook ‘n paar gedagtes hieroor geskryf.

Kain en Abel het gaan offer. God het Abels se offer aanvaar, maar nie Kain sin nie.

Kain het depressief geword oor sy offer nie aanvaar is nie. Gister het ek geskryf oor die gedagte dat Kain se lewe van so ‘n aard was dat God nie sy offer aanvaar het nie.

Vandag wil ek graag die gedagte beklemtoon: God is altyd op die spoor van die sondaar.

In Genesis 3 lees ons van die sondeval.

“Maar die Here God net na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” (Genesis 3:9)

God was op die gevalle Adam en Eva se spoor. Hy wou hulle nie laat los nie.

Hier is dit weer dieselfde. Kain het haat en bitterheid in sy hart. Hy is kwaad vir God en hy haat sy broer. En God neem die inisiatief – God maak kontak:  Continue reading

1 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Tieners