Author Archive for attie

11
Nov
09

onvoorwaardelike liefde in die vaderhuis

Een van die belangrike “issues” waarmee ons worstel is die vraag: Aan wie behoort ek? Behoort ek aan God of behoort ek aan die wêreld?

Baie van die dinge waarmee ons daagliks besig is laat mens dink dat jy eerder aan die wêreld behoort as aan God. ‘n Klein bietjie kritiek maak my kwaad. ‘n Klein bietjie verwerping maak my depressief. ‘n Klein bietjie erkenning verdryf my neerslagtigheid. ‘n Klein bietjie sukses maak my opgewonde. Die gevolg hiervan is dat ons van die een punt na die ander hardloop en indirek vra: “Is jy lief vir my?” “Is jy regtig lief vir my?” “Wat kan ek doen om jou sover te kry om lief te wees vir my?”

Daar is natuurlik die wat oënskynlik geen probleem het met enige een van bogenoemde nie, met ander woorde wat nie sensitief is vir kritiek en nie op soek is na erkenning nie. Continue reading ‘onvoorwaardelike liefde in die vaderhuis’

10
Nov
09

die jongste seun draai om

Wat dit ookal was wat die jongste seun in die vreemde verloor het – sy vriende; reputasie; selfrespek; innerlike vreugde of vrede – een van daardie of almal, hy het nooit opgehou om die jongste seun van die Pa te wees nie.

Hierdie jongste seun se terugkeer begin die oomblik wanneer hy by die varke sit en besef dat hy nooit opgehou het om sy Pa se seun te wees nie, ten spyte van die feit dat al die waardigheid wat met sy “seun-wees” gepaard gegaan het, nou verlore was. Inteendeel dit was juis die oomblik toe hy besef het dat hy alles verloor het, wat hy sy ware identiteit as seun van sy Pa weer ontdek het, toe hy besef het: “Ek het deur dit alles heen steeds “seun” gebly.

Hy weet hy is nog steeds “seun” maar hy erken ook dadelik dat hy die reg om “seun” te wees verbeur het en hy berei homself voor om die status van ‘n bediende in sy Pa se huis te hê en nie aanspraak te maak op sy status as “seun” nie. Continue reading ‘die jongste seun draai om’

04
Nov
09

godsdienste in bybelse tye

Die Bybel beskou die offer van mense as ‘n sonde teen God en teen die mensdom. Hierdie gebruik was een van die redes waarom die Kanaäniete verdoem is.

Almal ken die gedeelte waar God Abraham se geloof toets deur van hom te vra om Isak te offer. (Genesis 12) Abraham se blindelingse gehoorsaamheid verstom ‘n mens telkens weer. Alhoewel dit sonder twyfel vir Abraham baie moeilik moes gewees het om te besluit om te gehoorsaam, was die offer van mense in Abraham se tyd nie so ‘n vreemde verskynsel nie en daarom het hy die moeilike keuse gemaak. Continue reading ‘godsdienste in bybelse tye’

03
Nov
09

skeptici vs christene oor die opstanding van Jesus

Vir verskeie redes het ek vandag weer artikels oor die opstanding van die Here Jesus gelees. In my gemoed is daar geen twyfel of onsekerheid dat Jesus wel uit die dood uit opgestaan het nie, en die opstanding van Jesus is juis een van daardie punte waar Christene en skeptici teenoor mekaar te staan kom.

Ek loop toe hierdie “clip” raak uit ‘n onderhoud wat Lee Strobel met Tim Callahan, redakteur van “Skeptic Magazine” en Prof. Gary Habermass, ‘n man wat onwrikbaar glo dat Jesus wel uit die dood uit opgestaan het, gevoer het.

Continue reading ’skeptici vs christene oor die opstanding van Jesus’

02
Nov
09

oor lojaliteit en bendes

Vandag wil ek ietsie sê oor lojaliteit. Lojaliteit is een van die mooier eienskappe in ‘n verhouding maar, lojaliteit moet ook as deel van ‘n groter versameling persoonlike waardes funksioneer ten einde van verhoudings en ‘n gemeenskap ‘n beter plek te maak. Dit is juis wanneer verskillende waardes in spel kom wat verhoudings erg ingewikkeld raak.

Ek het verskillende vlakke van lojaliteit. Ek is aan God meer lojaal as teenoor my vrou; ek is aan my vrou meer lojaal as teenoor my kinders; ek is teenoor my kinders meer lojaal as teenoor enige ander mens of saak.

Maar dit mag nooit blindelingse lojaliteit wees nie. Continue reading ‘oor lojaliteit en bendes’

30
Oct
09

twee maande later

Sondag sal dit twee maande wees vandat ek en Renate en Renè, in ons nuwe gemeente “Waverley” begin het.

Die trek was nie vir ons baie maklik nie. Toe ons die laaste keer deur ons leë huis stap waar ek en Renate ons getroud-wees-lewe begin het, was die hartseer vlak – sommer baie vlak. Ons kon nie glo dat ons uitstap en op ‘n ander plek ‘n nuwe lewe moet gaan oopbreek nie. Renè het nie kans gesien om by te wees wanneer die trek gelaai word nie, ek wens ek was ook nie daar nie.

Ons jongste het soos ‘n kampioen die nuwe uitdagings aangegryp en na die eerste dag op skool huistoe gekom met ‘n paar maatjies wat sy reeds leer ken het. Nou is sy redelik gevestig, alhoewel sy soms deur hartseer oorweldig word wanneer sy na haar naby vriendinne verlang. (Die beste vriendin kuier juis hier vir die naweek.)

Renate kry so ‘n bietjie swaar. Sy mis dit verskriklik baie om musiek te maak, maar toe ons gekom het, het ons geweet dat dit die situasie sal wees. Ons het gelukkig die kans gekry om by die tieners musiek te maak en ons gryp daardie geleentheid met albei hande aan.Ek en sy mis ook die dierbare en kosbare vriende wat in Rustenburg agtergebly het, maar ons sal probeer om steeds kontak te hou, sover kry ons dit reg. Continue reading ‘twee maande later’

29
Oct
09

geslagslyste

Genesis 1-11 vertel baie verhale deur gebruik ge maak van geslagsregisters. Aan die einde van die Kain en Abel gebeure, is daar ‘n lys van agtien afstammelinge van Kaïn (Gen 4:17-22), deel van die lys voorvaders wat meestal ‘n nomadiese leefstyl (20) gevolg het; musikante (21) en metaalwerkers was (22). In Genesis 5 kry ons die nageslag van Adam wat ophou net voor die sondvloed. Die laaste is Genesis 10 waar alle mense op die aarde in drie lyste genoem word as die nageslag van elkeen van die seuns van Noag, gegroepeer volgens gesinne, taal, plek en nasionaliteit.

Dit is moontlik om die ouderdomme te neem en daarvolgens te bepaal hoe oud die aarde is, indien die ouderdomme bymekaar getel word dan het die skepping van die wêreld ongeveer 4004 v.C. plaasgevind. Continue reading ‘geslagslyste’

28
Oct
09

suid korea en christenskap

BBC NEWS het ‘n artikel oor waarskynlik die grootste gemeente in die wêreld: Yoido Full Gospel Church. Die bekendste leraar van die gemeente is Paul Yonggi Cho, wat veral in die tagtigs die wêreld vol gereis het en die kern van die teologie van die grootste gemeente in die wêreld verkondig het.

Die gemeente bestaan uit 750 000 lidmate en 200 000 mense woon op ‘n Sondag sewe eredienste by.

Hierdie woorde het my ernstig aan die dink gesit:

According to its senior pastor, Young-hoon Lee, the church has grown because it preaches about how becoming a Christian will have a positive, tangible impact on every believer’s life.

“Jesus will give us spiritual blessing, and prosperity, and physical health,” he says.

Volgens die artikel is daar ‘n paar kilometer verder ‘n ander benadering. Continue reading ’suid korea en christenskap’

28
Oct
09

skepping deur stryd in babilon (gen 1:26-29)

In die Neo-Babiloniese Ryk (626-539 v.C), was die vierde dag van die Nuwe Jaar’s feesvieringe die dag waar die opsê van Enuma-Elish, ‘n liturgiese teks wat verband hou met die skepping van die fisiese wêreld, die hoogtepunt was. Die oorspronklike gedig is gedurende die regeringstyd van Nebukadnesar (1133-1116 v.C) gekomponeer om Marduk as die goddelike heerser en vestiger van orde in die skepping te vereer.

Volgens die Babiloniese gedig , was daar voor die skepping van die wêreld net Apsu en Tiamat, die god en goding van vars en sout water. Apsu en Tiamat het geboorte gegee aan goddelike wesens en die geraas van hierdie jonger gode het hulle so omgekrap dat hulle beplan het om hulle kinders dood te maak. Continue reading ’skepping deur stryd in babilon (gen 1:26-29)’

27
Oct
09

die skepper god is nie die son of die maan nie

In Genesis 1:16 skep God die twee groot ligte wat die een in die dag sou skyn en die ander een in die nag. Die woorde “son” en “maan” is nie per ongeluk deur die skrywer weggelaat nie. Die skrywer was bewus daarvan dat die son en die maan twee van die mees prominente gode was wat in daardie tyd aanbid is.

In Egipte is die son geassoieer met gode soos Amon-Re, Re en Aton. Egipte het geglo dat Re die hemel en die aarde deur sy eie persoonlike mag geskep het. Nog ‘n Egiptiese God was Ptah, wat beskou is as die skepper van alle dinge. Ptah se twee oë was die son en die maan.

In Mesoptamië is die son god Semas aanbid as die een wat in besonder na die onderdruktes omgesien het. Continue reading ‘die skepper god is nie die son of die maan nie’




Kalender

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie tel nou eintlik?

  • 95,844 hits

 

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

RSS DING SE STOEP

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS HEILIGE BRANDBOUD

  • Trap September 9, 2009 roelfopperman

RSS FLIPPIEFANUS

  • Ge … November 2, 2009 flippiefanus