Ek is een van vier predikante in die NG Gemeente Rustenburg Bergsig. Ek is getroud met Renate en ons het vier kinders. Andrea (25), Andries (22), Elane (17) en Rene (11). Ek kuier in die “blogosfeer” as ‘n ewige student omdat ek op daardie punt in my lewe is waar klaar geformuleerde antwoorde nege uit die tien kere eintlik geen antwoorde is nie. Ek glo die boodskap van die Evangelie van Christus Jesus is tydloos, maar die verpakking waarin die onveranderlike boodskap afgelewer word, moet aanpas. Nou is die tyd om aan te pas. Ek sien “blogging” as ‘n geleentheid om met ander mense kontak te maak, sodat hulle my kan help om die mens van vandag ‘n klein bietjie beter te verstaan, maar ook as ‘n geleentheid om met mense op die internet in gesprek te gaan oor die Here Jesus en sy koningsheerskappy.
KOMMENTAAR
| Rustig on jesus het opgestaan | |
| Ben on jesus het opgestaan | |
| Ben on die heilige gees ons voorspraa… | |
| attie on jesus die wynstok | |
| Daizy on die heilige gees ons voorspraa… |
Onlangs geskryf
AFRIKAANSE BLOGS
KONTAK MY
LEES VANDAG
My kuierplekke op die net.
‘n Paar preke
Meeste gelees.
Wie tel nou eintlik?
- 96,871 hits
Archives
- November 2009
- October 2009
- August 2009
- July 2009
- June 2009
- March 2009
- February 2009
- January 2009
- December 2008
- November 2008
- October 2008
- September 2008
- August 2008
- July 2008
- June 2008
- May 2008
- April 2008
- March 2008
- February 2008
- January 2008
- December 2007
- November 2007
- October 2007
- September 2007
- August 2007
My Adminplekke.
JESUS CREED
- The Therapeutic Gospel November 25, 2009 Scot McKnight
DING SE STOEP
- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
HEILIGE BRANDBOUD
- Trap September 9, 2009 roelfopperman
Categories
- 30 Dae met Jesus
- Basiese Bybelse Beginsels
- BYBELLEESPROGRAM
- Christen tieners.
- Christianity
- Die Bybel
- Die Christelike Lewe
- Een uur van gebed
- Emergent
- Evangeliese Inisiatief
- Filipense
- Filippense
- Gebed
- Gedagtes oor
- Geestelike Leierskap
- Geestelike Self-Evaluasie
- Geloofsekerheid.
- Gelykenisse
- Homoseksualiteit
- In die nuus vandag.
- In die nuus.
- Kersfeesgedagtes.
- Koninkryk van God
- Leef liefde.
- Manipuleerders
- Nagedink
- NT Teologie
- NT Wright
- Nuwe Hervormers
- Paastyd
- Pentecost
- Politiek
- Post Moderniste
- Preke
- Reaching for the Invisible God.
- Religion
- Romeine
- Rugby.
- SA Goeie Nuus
- Scot McKnight
- Spirituality
- Stories en gelykenisse
FLIPPIEFANUS
- Ge … November 2, 2009 flippiefanus
Welkom Ds. Attie.
Die internet het meer positiewe insette nodig. Daar is soveel lelik wat op die internet gebeur.
Geniet die kuier en sien uit na inspirerende gedages en klagtes kan ook werk.
Krummel
Dankie Krummel.
Hierdie wêreld is baie nuut vir my en ek probeer maar op hierdie manier die Goeie Nuus ook uitkry.
Hi Attie
Ek sien jy is baie ywerig met al die skryf op die internet. Dit is ‘n ander wereld en ander manier van kommunikeer. Dit maak ook die wereld baie kleiner en bring mense wat fisies ver van mekaar is nader aan mekaar. Ons is die kerk en as ons saam op die internet kuier vorm ons seker saam ‘n internet kerk.
Groete hier uit ‘n baie warm Memphis.
Hallo Oom Attie!
Aitsa! Dit lyk al te spoggerig – erg professioneel! Sal lekker wees om so op hoogte te bly!
Hier gaan dinge goed. Ek (J) het die geleentheid gehad om met een van my Moslem-pasiente die Evangelie te deel. Ons het omtrent ‘n uur en ‘n half lank gesels… en elke keer neem sy dit terug na Islam se interpretasie.
Ek vertrou dat die saadjie geplant is en dat die Gees sal oorneem en oortuig op Sy goeie tyd. Een ding wat sy sê wat my nogal laat dink het: sy het oor allerlei gelowe opgelees en navorsing gedoen en die feit dat ons in God as ‘n drie-enige Wese glo, kon sy net nie kleinkry nie en was die groot rede waarom sy Islam gekies het. Dis baie hartseer vir my dat sy so verblind is! Sy voel dat Jesus (wat dan sef God is) mos nie vir Vader kon se: “Waarom het U my verlaat?” en dan beweer Hy is God nie.
Ek besef ook ek aanvaar sommer net die feit dat God Vader, Seun en Gees is en dit maak nie dat ek minder glo omdat ek nie alles van God verstaan nie. Ek voel net hartseer dat die duiwel dit as sruikelblok gebruik dat sy nie die Waarheid kan raaksien nie.
Dankbaar vir die genade dat ons in ‘n Christen-huis groot kon word en God se liefde al van kleins af kon ervaar en leer ken.
Groete vir die fam!
xJ
Hi Wynand en Joey
Lekker om van julle ook te hoor. SO baie aan julle gedink met die moeilike tyd wat julle deurgegaan het. Julle is ook op my gebedslys omdat julle so ‘n passie het om die evangelie uit te dra waar julle ookal gaan. Ons as Christene glo nie om alles te kan verstaan nie en ons glo ook nie omdat ons alles verstaan nie. Ons aanbid ‘n God wat baie meer is as wat ons ooit kan bid of dink.
Dankie vir die inloer.