MENS LEEF SOMS IN ONTKENNING – ELISA HET

Ons hoor soms die waarheid, maar dit maak nie saak hoeveel keer dit vir ons gesê word nie, ons aanvaar dit nie. In 2 Konings 2:1-8 lees ek van Elisa se ontkenning.

Dit ‘n redelik bekende feit dat Elia in die hemel opgeneem sou word.

“Die tyd het gekom dat die Here vir Elia in ‘n stormwind in die hemel sou opneem.” (2 Konings 2:1)

Die profete van Bet-El en die profete van Jerigo het vir Elisa gevra of hy besef dat dit vandag gaan gebeur. (Verse 3 en 5) Elisa se antwoord was elke keer kortaf.

“Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”

Ek dink meeste van ons weet van geleenthede wat mense vir ons dinge kom sê en oor goed praat waarvan ons eintlik nie wil hoor nie.Mense reageer verskillend op sulke waarhede. Sommige begin verdedig en skerm en redes aanvoer waarom hulle nie nodig het om te hoor wat hulle nou hoor nie. Sommige sal selfs seê: “Ek weet, maar…”

Die punt is dat ontkenning die manier is waarop ons ‘n werklikheid hanteer wat by ons ongemak veroorsaak. Ons ongemak kan dalk met van die volgende te make hê:

  • Selfsug.
  • Ek gaan dalk beheer verloor.
  • Ek dink nie ek is in staat om hierdie dinge te hanteer nie.
  • Ek sal moet verander of aanpas.
  • Ek gaan moet erken ek was verkeerd.

Ek dink een van die belangriker emosies betrokke by ontkenning is vrees. Hierdie vrees mag geregverdig wees, maar as hierdie vrees nie oorkom word nie…

Elia was Elisa se mentor. Elisa het geweet dat ‘n lewe sonder Elia sou beteken dat hy die rol sou moes speel wat Elia speel. Dit blyk ook uit sy versoek vir ‘n dubbele deel van Elia se gees. Ek dink Elisa was bang vir die lewe sonder Elia en daarom die onteknning: “Ek wil nie daaroor praat nie.”  Maar Elia het sy vrees hanteer. Hy het geweet hierdie ding gaan gebeur en hy het geweet hy gaan alleen wees, maar hy het die pad saam met Elia enduit gestap.

Amper iets soos: “Here, ek vra nie dat Elia bly nie. Ek vra net dat U my in staat stel om te doen wat ek moet doen.”

Elia se belofte aan Elisa:

“As jy my sien wanneer ek vanjou af weggevat word, mag dit dan met jou gebeur; maar as jy my nie sien, sal dit nie gebeur nie.” (Vers 10)

Elisa moes met sy vrese en ontkenning worstel toptdat gebeur wat hy nie wil hê moet gebeur nie. Kop uittrek en ‘n maklik uitweg soek, sou nie die oplossing wees nie.

Die profete het wel die waarheid verkondig en selfs vir Elisa daaraan herinner, maar toe dit gebeur, toe is hulle die wat weier om dit te aanvaar. Hulle dring by Elisa daarop aan dat hulle gaan kyk of die Here nie dalk vir Elia op ‘n ander plek gaan neersit het nie. (Vers 17-19)Na drie se soek moes hulle erken dat Elia weg is.

Die hartseer is dat daar vandag nog Jode is wat wag dat Elia moet terugkeer. Daar is vandag nog by baie feesgeleenthede ‘n leë stoel in afwagting op Elia se terugkeer. Hulle het selfs by Johannes gaan hoor of hy nie dalk Elia is nie. Sommige mense het gesê Jesus was Elia wat teruggekom het.

Ontkenning het gemaak dat Israel groot gebeure mis. Ja selfs ‘n man kruisig omdat Hy nie aan hulle verwagtinge voldoen het nie. Ontkenning kan maak dat mens onwaarhede as waarheid aanvaar.

Hoe het jy al gesien dat mense ontkenning hanteer?

Lewer Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s