Neels Jackson vra op twitter hierdie vraag: “How important is it to raise the issue of historicity of biblical texts with ordinary believers?”
Die Bybel is nie ‘n teologiese handboek wat volgens verskillende teologiese onderwerpe soos bv. God; mens; sonde; verlossing ens. gerangskik is nie. Maar, dit is ook nie ‘n kronologiese (In datum volgorde soos dinge gebeur het) samevoeging van gebeure van skepping tot wederkoms nie. Geskiedkundige gebeure is dikwels ‘n baie belangrike saak , maar hierdie gebeure word altyd weergegee vanuit ‘n bepaalde perspektief en daardie perspektief is teologiese geskiedenis. Met ander woorde, dit gaan nie soseer oor ‘n korrekte weergee van die geskiedkynis nie, maar oor die teologiese implikasie van die geskiedkundige gebeure. God het gekies om Hom deur gskiedkundige gebeure aan die mens bekend te maak.
Die Ou Testament beskryf geskiedkundige gebeure en word in ‘n groot mate gerig aan mense, die Hebreeuse mense, of dan die Joodse volk wat in daardie spesifieke tyd geleef het. Dit maak die geloofsbeginsels wat in die Ou Testament geleer word, heeltemal anders as die van ander mense en van ander godsdienste wat in daardie tyd geleef het.
Israel het God verstaan as dat Hy in die geskiedenis funksioneer, wat tot gevolg gehad het dat feitlik enige uitspraak gelees is in die lig van die geskiedenis en dus van God se magtige dade in die geskiedenis.
Daarom, ten einde die Ou Testament en asook die Nuwe Testament te verstaan soos dit bedoel is om verstaan te word, moet die leser (of dan die hoorder) een of ander bergip hê van die historiese gebeure as agtergrond vir die spesifieke gebeure of selfs hoofstuk.
Die skrywers van die Bybel was nie in die heel eerste plek gefokus oor wanneer iets gebeur het nie, as wat hulle gefokus het op die betekenis van die gebeure wat hulle weergegee het.
Indien die leser of hoorder deurlopend gehelp word om die historiese konteks waarbinne die teks ontstaan het teverstaan, sal die ryker betekenis en boodskap van die Bybel al hoe meer ontsluit word en al hoe meer betekenis kry. Op die manier sal die Bybel nie net in ons tyd beter word nie, maar sal die toepassingsmoontlikhede in ons tyd al hoe beter ontslsuit word.
NT Wright stel dit so:
“…it seems to me clear that the simple historical description of early Chsitianity and its theology cannot by itself be a complete enterprise. It remains, of course, one vital part of the task. … without it the attempt to mount a succesful reading of the New Testament, let alone a Christian theolgy, is doomed tot failure.”
0 Responses to “bybelse geskiedenis en die verstaan van die bybel”