04
Nov
09

godsdienste in bybelse tye

Die Bybel beskou die offer van mense as ‘n sonde teen God en teen die mensdom. Hierdie gebruik was een van die redes waarom die Kanaäniete verdoem is.

Almal ken die gedeelte waar God Abraham se geloof toets deur van hom te vra om Isak te offer. (Genesis 12) Abraham se blindelingse gehoorsaamheid verstom ‘n mens telkens weer. Alhoewel dit sonder twyfel vir Abraham baie moeilik moes gewees het om te besluit om te gehoorsaam, was die offer van mense in Abraham se tyd nie so ‘n vreemde verskynsel nie en daarom het hy die moeilike keuse gemaak.Argeoloë het oonde ontdek waarin die as en bene van kinders gevind is, onder andere in die tempels van Kartage, wat daarop dui dat die Kartage kinders geoffer het as deel van hulle godsdiens.

Abraham kry die hartseer maar nie so vreemde opdrag om Isak te gaan offer, ‘n opdrag wat hy kies om te gehoorsaam. Einde laaste gryp God in en Isak se lewe word gespaar.

Twee dinge word bewys. Die eerste is dat Abraham se geloof in God ‘n onvoorwaardelike geloof is en dat Hy bereid is om God tot op die letter te gehoorsaam.

‘n Tweede ding word bewys: God is die gansandere. Daar is geen God soos Hy nie. Hy deurbreek mense se selfgemaakte gode en prentjies van God. Hy ontbloot die karikature wat mense vir hulleself skep en dan “god” noem, as valse gode.

Hy is nie ‘n god wat mense laat offer sodat Hy vir hulle kan wees nie. Hy is die enigste ware God wat Homself offer sodat Hy vir mense goed kan wees.

 

 



Kalender

November 2009
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie tel nou eintlik?

  • 97,579 hits

 

November 2009
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

RSS JESUS CREED

RSS DING SE STOEP

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS HEILIGE BRANDBOUD

  • Trap September 9, 2009 roelfopperman

RSS FLIPPIEFANUS

  • Ge … November 2, 2009 flippiefanus