Archive for November, 2009

23
Nov
09

die datum van jesus se geboorte

JESUS SE GEBOORTE

Niemand weet presies wanneer Jesus gebore is nie. Selfs die jaar waarin Hy gebore is, kan nie met 100% sekerheid bepaal word nie. Die bedoeling van die middeleeuse skeppers van ons huidige kalender, was om jaar 1 die jaar van Jesus se geboorte te maak en alle ander daterings daar rondom te bereken. Die manier waarop die berekening gedoen is, was egter foutief.

Die Joodse geskiedkundige Josefus plaas die dood van Herodus  in 4 n.C. en beide  Matteus (2:1) en Lukas (1:5) veronderstel dat Herodus koning was ten tyde van Jesus se geboorte. Maar, dit is nie duidelik hoe lank voor Herodus se dood Jesus gebore is nie.

Wat ons wel weet is dat Herodus in 37 v.C. koning van die Jode geword het. Continue reading ‘die datum van jesus se geboorte’

20
Nov
09

die geslagregister van jesus

‘n Gerespekteerde geslagsregister wat die belangrikheid van ‘n betrokke persoon se voorgeslagte beklemtoon ten einde die persoon ‘n besondere plek in die gemeenskap te gee, was in die Bybelse tye baie belangrik.

Matteus gebruik ‘n sisteem met groepe van 3 en 7, getalle wat mense in die Bybelse tyd gedink het van betekenis of selfs volmaak was. Die tyd van Dawid en die Babiloniese ballingskap was die hoogte- en laagtepunt in die geskiedenis van Israel.

Die Matteus evangelie begin, soos 1 Kronieke, met ‘n geslagsregister. Continue reading ‘die geslagregister van jesus’

20
Nov
09

jesus het opgestaan

Die debat oor Jesus se opstanding is ‘n debat wat nog vir baie jare gaan voortgaan. Die Jesus Seminaar verkondig die boodskap dat Jesus ‘n besondere mens was wat ‘n “social gospel” verkondig het.

Ek was daarvan oortuig dat dit net Christene was wat glo dat Jesus uit die dood opgestaan het. Ek was egter baie verras om te hoor dat Islam ook glo dat Jesus uit die dood opgestaan het. Continue reading ‘jesus het opgestaan’

19
Nov
09

die heilige gees ons voorspraak (joh 16:7)

Daar is meer as genoeg plekke of mense wat bereid is om vir ons raad te gee oor elke moontlike onderwerp. So is daar byvoorbeeld die internet en verskeie selfhelpprogramme en boeke en webblaaie wat oor elke saak of onderwerp meer as genoeg raad het. Uit die aard van die saak is al die raad wat ons in boeke en die internet en by mense kry, nie noodwendig goeie raad nie. Die probleem is om te weet watter raad om te volg en watter regtig bruikbaar is. Meeste van die tyd moet ons deur onmeetbaar baie besonderhede werk om by goeie raad uit te kom. Jesus se antwoord is dat Hy vir ons die Heilige Gees as ons Voorspraak gaan stuur. Hy sal ons in die volle waarheid lei. Die Heilige Gees gees gee ook aan my insig om die regte besluit te neem.

Johannes 16:7 gaan natuurlik die in die eerste plek hieroor nie, maar oor die rol wat die Heilige Gees speel in ons verhouding met die Here speel, Continue reading ‘die heilige gees ons voorspraak (joh 16:7)’

18
Nov
09

jesus die wynstok

Wanneer Jesus die wingerdstok as ‘n voorbeeld gebruik, dan beklemtoon Hy ‘n baie belangrike waarheid oor die verhouding tussen  Hom en die Vader.

Jesus is die Wingerdstok, Hy is die bron van ons lewe, ons groei en die vrug wat ons dra.

Die Vader is die Tuinier. Hy sny die lote wat nie vrugdra nie af en snoei die ander sodat hulle nog meer vrug kan dra.

Dit is ons verantwoordelikheid Continue reading ‘jesus die wynstok’

17
Nov
09

die geslagsregister van jesus

‘n Gerespekteerde geslagsregister wat die belangrikheid van ‘n betrokke persoon se voorgeslagte beklemtoon ten einde die persoon ‘n besondere plek in die gemeenskap te gee, was in die Bybelse tye baie belangrik.

Matteus gebruik ‘n sisteem met groepe van 3 en 7 wat mense in die Bybelse tyd gedink het van betekenis of selfs volmaak was. Die tyd van Dawid en die Babiloniese ballingskap was die hoogte- en laagtepunt in die geskidenis van Israel.

Die Matteus evangelie begin, soos 1 Kronieke, met ‘n geslagsregister. Continue reading ‘die geslagsregister van jesus’

16
Nov
09

bybelse geskiedenis en die verstaan van die bybel

Neels Jackson vra op twitter hierdie vraag: “How important is it to raise the issue of historicity of biblical texts with ordinary believers?”

Die Bybel is nie ‘n teologiese handboek wat volgens verskillende teologiese onderwerpe soos bv. God; mens; sonde; verlossing ens. gerangskik is nie. Maar, dit is ook nie ‘n kronologiese (In datum volgorde soos dinge gebeur het) samevoeging van gebeure van skepping tot wederkoms nie. Continue reading ‘bybelse geskiedenis en die verstaan van die bybel’

11
Nov
09

onvoorwaardelike liefde in die vaderhuis

Een van die belangrike “issues” waarmee ons worstel is die vraag: Aan wie behoort ek? Behoort ek aan God of behoort ek aan die wêreld?

Baie van die dinge waarmee ons daagliks besig is laat mens dink dat jy eerder aan die wêreld behoort as aan God. ‘n Klein bietjie kritiek maak my kwaad. ‘n Klein bietjie verwerping maak my depressief. ‘n Klein bietjie erkenning verdryf my neerslagtigheid. ‘n Klein bietjie sukses maak my opgewonde. Die gevolg hiervan is dat ons van die een punt na die ander hardloop en indirek vra: “Is jy lief vir my?” “Is jy regtig lief vir my?” “Wat kan ek doen om jou sover te kry om lief te wees vir my?”

Daar is natuurlik die wat oënskynlik geen probleem het met enige een van bogenoemde nie, met ander woorde wat nie sensitief is vir kritiek en nie op soek is na erkenning nie. Continue reading ‘onvoorwaardelike liefde in die vaderhuis’

10
Nov
09

die jongste seun draai om

Wat dit ookal was wat die jongste seun in die vreemde verloor het – sy vriende; reputasie; selfrespek; innerlike vreugde of vrede – een van daardie of almal, hy het nooit opgehou om die jongste seun van die Pa te wees nie.

Hierdie jongste seun se terugkeer begin die oomblik wanneer hy by die varke sit en besef dat hy nooit opgehou het om sy Pa se seun te wees nie, ten spyte van die feit dat al die waardigheid wat met sy “seun-wees” gepaard gegaan het, nou verlore was. Inteendeel dit was juis die oomblik toe hy besef het dat hy alles verloor het, wat hy sy ware identiteit as seun van sy Pa weer ontdek het, toe hy besef het: “Ek het deur dit alles heen steeds “seun” gebly.

Hy weet hy is nog steeds “seun” maar hy erken ook dadelik dat hy die reg om “seun” te wees verbeur het en hy berei homself voor om die status van ‘n bediende in sy Pa se huis te hê en nie aanspraak te maak op sy status as “seun” nie. Continue reading ‘die jongste seun draai om’

04
Nov
09

godsdienste in bybelse tye

Die Bybel beskou die offer van mense as ‘n sonde teen God en teen die mensdom. Hierdie gebruik was een van die redes waarom die Kanaäniete verdoem is.

Almal ken die gedeelte waar God Abraham se geloof toets deur van hom te vra om Isak te offer. (Genesis 12) Abraham se blindelingse gehoorsaamheid verstom ‘n mens telkens weer. Alhoewel dit sonder twyfel vir Abraham baie moeilik moes gewees het om te besluit om te gehoorsaam, was die offer van mense in Abraham se tyd nie so ‘n vreemde verskynsel nie en daarom het hy die moeilike keuse gemaak. Continue reading ‘godsdienste in bybelse tye’




Kalender

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie tel nou eintlik?

  • 96,694 hits

 

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

RSS DING SE STOEP

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS HEILIGE BRANDBOUD

  • Trap September 9, 2009 roelfopperman

RSS FLIPPIEFANUS

  • Ge … November 2, 2009 flippiefanus