22
Jun
09

ek is op facebook

Ek is al ‘n hele rukkie op facebook maar het nog nooit regtig daaraan aandag gegee nie. Eers omdat ek dit nie verstaan nie, maar later omdat ek gedink het dit neem te veel van my tyd. In die laaste tyd was my lewe ‘n klein bietjie rustiger en het ek weer gaan probeer.

Tot my verbasing is dit vir my ‘n besondere manier is om met vriende en familie kontak te hou.

Ek weet my broer se kinders is vandag besig om hulle huis te verf en ek weet dat haar sussie ‘n paar dae terug gehoor het dat hulle tweede kind se babatjie ‘n seuntjie gaan wees. Ek weet ook dat my oudste dogter wonder waarom sommige mense haar nie wil aanvaar soos sy is nie, maar ek sien ook hoe baie van die familie staan haar by en verseker haar dat hulle lief is vir haar.

Ek sien hoe my seun se beste vriend met die ganse wêreld die gek skeer oor ‘n troue waarop hy in die laaste twee dae sou besluit het, en ek kan deel wees van die gek skeer.

My jongste dogter gaan deur ‘n seer tyd met al haar maatjies waarvan sy afskeid moet neem omdat ons Wavereley toe skuif.

Punt is, facebook is nie net ‘n manier om rond te speel nie, maar om kontak te hou en dan selfs insette te lewer in mense se lewens met betrekking tot sekere gebeure wat so nietig blyk te wees, dat dit andersins by jou verby sal gaan.

Ek kon vandag vir elkeen van my kinders op ‘n unieke manier sê dat ek vir hulle baie lief is en wys dat ek probeer om deel te wees van hulle lewens.

En dan was daar die saam met wie ek ‘n geloofstreetjie kon gee.


0 Responses to “ek is op facebook”



  1. No Comments Yet

Leave a Reply




Kalender

June 2009
M T W T F S S
« Mar   Jul »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Wie tel nou eintlik?

  • 95,844 hits

 

June 2009
M T W T F S S
« Mar   Jul »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

RSS DING SE STOEP

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS HEILIGE BRANDBOUD

  • Trap September 9, 2009 roelfopperman

RSS FLIPPIEFANUS

  • Ge … November 2, 2009 flippiefanus