Spanning tussen ouers en tieners is amper ‘n gegewe, maar, dit beteken nie dat die spanning iets is wat maar sy loop moet neem en as iets beskou moet word waaraan niemand niks kan doen nie. Wanneer ons toelaat dat dit gebeur word die verhoudings tussen ouers en tieners dikwels baie skade berokken, en soms onherstelbare skade.
Indien ‘n mens die oorsake van die spanning en konflik in gedagte hou, dan besef ‘n mens die dinge is dalk hanteerbaar.
Na my mening is sommige van die oorsake die volgende:
1. Ouers en tieners begin anders dink oor dinge.
Tieners berei voor om die volwasse lewe te betree en ouers berei voor om die tiener die volwasse lewe te laat betree. Dit is ‘n nuwe fase vir beide die rolspelers waar al twee daaraan gewoond moet raak dat hulle anders dink oor sake en ‘n ander rol in mekaar se lewens moet begin speel.
2. Ouers en tieners hanteer konflik anders.
Nie ouers of tieners hanteer konflik op ‘n manier wat die ander party tevrede sal stel nie. Dit is veral tieners wat die vermoë om konflik te hanteer moet aanleer, nie net ter wille van die verhouding met hulle ouers nie, maar ook met die oog op verhoudings vir die res van hulle lewens. Indien hierdie saak nie reg hanteer word nie, gaan tieners in ‘n groot mate konflik hanteer soos hulle ouers dit hanteer het.
3. Verhoudings verander.
Kleuters het kinders geword en kinders het tieners geword wat jong volwassenes gaan word. In elke een van hierdie fases het ouers ‘n ander tipe verhouding met die kind en het die kind ‘n ander tipe verhouding met die kind – in hierdie geval die tiener, hierdie veranderende verhoudings moet sinvol en met wedersydse aanpassing hanteer word.
4. Individue verander.
Tieners staan op die drumpel van ‘n nuwe fase – oorgang van tieners na jong volwassene, maar die ouers gaan ook die meeste van die tyd deur ‘n soortgelyke oorgang wanneer hulle die middeljare begin betree.
5. Ouers sukkel om die verandering in die tiener se lewe te hanteer.
‘n Tiener gaan in hierdie tyd so vinnig deur verskillende fases (en dan partykeer nog vorentoe en agter toe ook) dat die ouer nie kan by bly om te weet in watter fase of stadium die tiener nou is nie. Tieners wil vir hulleself dink en praat en hulle eie waardes vorm en eie besluite neem en dit skep baie kere probleme tussen ouers en tieners. Hierdie is die tyd waar tieners besig is om ‘n unieke identiteit te vorm en waarin ouers daaraan gewoond moet raak dat hulle nie meer die belangrikste invloed op die vorming van die tiener se identiteit het nie.
6. Ouers wil jou beskerm.
Ongelukkig, of gelukkig gaan hierdie stadium nooit verby nie. Tot aan die einde van hulle lewe het ouers steeds die behoefte om te beskerm en seker te maak dat dit goed gaan met die kind. Kinders verstaan dit dikwels as dat die ouers eintlik net veronderstel is om seker te maak dat dit met hulle finansies goed gaan of hulle sien die ouers se belangstelling as inmeng in hulle lewens.
7. Fisiese veranderings.
Tieners se liggame verander vinnig en dit is dikwels moeilik vir tieners om by hierdie veranderings by te bly en aan te pas. Dikwels word tieners op grond van voorkoms as volwassenes behandel, terwyl hulle nog nie emosioneel daarvoor gereed is nie.
Ek dink dat as ouers en tieners hierdie oorsake van spanning raaksien en hanteer, sal die konflik steeds nie verdwyn nie, maar kan dit dalk anders hanteer word en dan hoef die uitkoms van die konflik en die tienerjare nie rampspoedig in te werk op verhoudings tussen ouers en tieners nie.
Iemand het my onlangs daarop gewys hoeveel konflik ontstaan as gevolg van verwagtinge. Onrealistiese vewagtinge of verwagtinge wat nie realiseer nie. Dit pla my dat die media by tieners die “verwagting” skep dat hulle buierig en verward moet wees, en dat hulle dan daarvolgens begin optree! Pa en ma wat self met hulle middeljare krisisse en hule eie verwagtinge rakende hulle kinders worstel help nie veel om vrede in die huis te bewaar nie. Wat ‘n teelaarde is vol programme en bitter min tyd vir saamwees en praat oor dit wat hierbinne elkeen leef nie vir juis vir konflik om op te vlam nie?
Muis: Die dinge veroorsaak beslis spanning in die gesin en veral die wedersydse veranderings wat elkeen belewe. Elke gesin beleef spanning, maar die vraag is hoe word die spanning hanteer en bring dit die gesin nader aan mekaar, of verwyder dit hulle al verder van mekaar af.
hi ek is 22 jaar oud ek het n dogtertjie van 2 jaar oud ek en haar pa is nie meer by mekaar nie.maar ek het nou wel iemand anders ontmoet wie my baie gelukkig maak ons is lief vir mekaar maar my ouers hou nie van hom nie.altans so het ek gedink maar hule beginne hou nou van hom.die probleem is my ma sy maak asof ek n kleintjie is ek en my ou bly saam en ek het nog nie my ma gese nie want ek weet as ek haar se dan gaan sy se ek moet die werk los en ook my outjie my ma is lief davoor om vi my tebesluit vir wie ek moet vat .en die keuse wat sy doen moet ek maar net aanvaar.sy het laat ek 2007 ook n kerel van my los want hy het nie gewerk nie,maar hy werk nou en het n goeie lewe as my ma nie vir my gekies het nie dan sou ek nou daai lewe gehad het maar nee nie my ma nie.help ek is verward
kan u a.s.b vir my help om my lewe uite sorteer ek wil nie ,y ma verloor nie en ook nie my boyfriend ni.help verward
Ek het ‘n tiener seun in my huis. Ek is raadop. Hy het vir ‘n tyd by sy pa gebly waar hy kon doen wat hy wil wanneer hy wil sonder om te vra of te reël, geen reëls niks nie. As hy nie wou skool toe gaan nie het hy nie. Sy lewe was een groot gemors. Hy het teruggekom na my toe en ek het hard gewerk en bakly om hom hier in ‘n skool te kry(sy pa bly in Giyani) Die skool waar hy daar in was is wat hulle noem ‘n black list school. Nie wettig en word nie by ons aanvaar. Ek werk hard om hom te leer jy kan nie leef sonder reëls, dissipline en roetine nie. Maar sy reaksie teen dit is om op my te skreeu en vloek en dan in sy kamer te gaan sit met klip harde musiek. Hy voel vere vir my reels en maak net wat hy wil en as ek hom aanvat het hy altyd 110 verskonings en stories. Sê ek vir hom ek gaan hom op een of ander manier staf dan sal hy sê ek voel ‘n ….. doen dit maar want ek ” en dan begin die verwyte” Sy lewe draai om geld en hy wil alles hê wat hy wil hê wanneer hy wil. En kry hy dit nie o wee dan is ek hierdie slegte ma….
Al straf ek hom dan ignore hy dit net, bv ‘n onlangse geval. Ek praat elke dag met hom oor sy lig in sy kamer wat dag en nag brand(hy raak 90% van die tyd met hom aan die slaap. Ek het hom gewaarsku ek gaan sy globe vat wat ek toe gedoen het, en wat doen hy, hy kry ‘n lampie by ‘n maat…….KAN IEMAND HELP OF RAAD GEE ASB….
im a rapper and music is my life but my school work is falling behind because of it and its causing a lot of tension between me and my parents can u help me plz
gvuhbnuh
Liewe Christa Lyon
Toe ek jou brief gelees het, het ek gewonder of ek nie self die brief geskryf het nie. Dit klink soos my huis en ek en my seun. Hy is nou 14 en in Graad 8. Ek en sy pa is uitmekaar toe hy 2 was, hy bly dus nog al die jare by my. Eintlik het sy oupa en ouma hom die meeste van die tyd grootgemaak. Die afgelope 2 jaar het my en sy verhouding die afgrond ingegaan. Hy wil nie skooltoe gaan nie, hy gebruik elke dag ‘n ander verskoning om nie skool toe te gaan nie, as ek hom dreig met sy oupa (want kyk, hy is baie bang vir sy oupa) dan sê hy vir my hy worry nie. Ek kan hom nie slaan nie want dan mik hy om my terug te slaan. Al wat hy die hele dag wil doen is lê en TV kyk. Hy kla dat ek nie genoeg tyd aan hom spandeer nie, maar ek probeer elke speletjie in die boek met hom dan raak hy opvlieënd en sluit homself in sy kamer toe. Ek weet in elkgeval nie hoe moet ek tyd spandeer met ‘n 14 jarige nie. Ek is heeltemal raadop en is gereed om hom weg te stuur na ‘n skool toe vir stout seuns. Ek wil hom nie van die huis af weg hê nie want ek is baie lief vir hom.
Attie, gee asb vir my en Christa raad.
Alle ouers met tieners
Ek het 2 seuns wat deur tienerfase is, het soms gevoel ek gaan toetaal en al myself in die proses verloor, maar die beste raad wat ek het is…Bly op jou knee bid onophoudelik vir hulle . Hulle self is maar verward oor die groot verandering in hullle self. Vertrou hulle, Respekteer hulle, kommunikasie is baie belangrik. Hou hulle dop soos ‘n valk, kyk na hulle belangstellings en bly op hoogte daarvan dit is jou aanknoopspunt! Baie sterkte!!
anna
My meisie se 14 jarige boetie het nie respek vir enige iemand in hulle gesin nie, het nog nooit. Hy maak wat hy wil en gee nie om wat wie vir hom se nie hy dink hy beheer die huis en almal skuld hom iets en vanaand het hy sy sussie aangerand, ek het hom amper telyf gegaan maar hy dreig om n saak teen my te maak by die polisie. Sy ma is n enkel ouer van 4, 1 is uit die huis uit en my miesie haar jonger broer is klaar met metriek, hy is die jongste.
Almal is raad op met hom praat, smeek en gat lek werk nie, hy rook en lieg, sy ma kan dit nie meer hanteer nie. Is daar iewers n plek soos n koshuis of boys town waarheen mens die kind kan stuur vir hulp wat gratis is want daar is nie baie geld in die gesin nie.
Asb enige iemand help.
Ettiene, my boetie was ook op daardie staduim baie opstandig. Boystown het dit net erger gemaak. Gewoonlik is dit eerder ‘n geval van diep binnekant “Help my, ek maak dit nie.” Om so outjie weg te stuur laat hom net meer verwerping ervaar, en maak dit erger, en die verhoudings ly meer skade. Om bo oor al die verkeerde goed te kyk, en vir hom ‘n vriend te word, los eerder sy vreeslike opstandigheid op. Hy voel reeds almal is teen hom gedraai. Soms is dit net ‘n hart wat sê ek gee genoeg om dat jy vir my saak maak, wat iemand se lewe omdraai. Sterkte, ek weet dit is nie maklik nie. Ek wonder maar ook net wat is sy verhouding met sy pa ? In ons huis was daar hoegenaamd geen vader figuur wat vir ons daar was nie, en ek dink tog dat dit ‘n groter invloed op seuns as op meisies het.
Ek is vandag baie hartseer ma. Ons het net een kind en dit is ‘n seun. Hy is nou net klaar met matriek. Ons seun is lui verby. Ek het hom behoorlik deur sy skool loopbaan gespleep. Ons seun ly geen tekorte nie. Hy is musikaal soos my man en ons het alles vir hom moontlik gemaak om sy talent te bevorder en sy instrumente te koop. Hy is sy eie motor(wel baie ou een) wat hy verlede jaar van my skoonma geerf het na haar dood. Hy waardeur niks wat ons vir hom doen nie e vat alles as vanself sprekend. My man is een van daardie handit “Handy Man” tipe maar ons seun wil niks by hom leer of hom help met enige iets nie. Hy jok en het begin rook. Hy het ons al soveel keer belowe dat hy sal ophou rook maar dan vind ek uit dat hy nog rook. Hy kyk ons ion die oe en vertel leuns. Vra geld vir brandstof vir sy motor vir sy kerk orkes oefening dan ry hy sy vriende daarmee rond. Ons moes verlede naweek verhuis en hy sal staan en kyk hoe ek en sy pa die swaar meubles skuif en dra en glad nie offer om te help nie. Hy praat met ons asof ons gemors is. Gister was ek by die uis met dag af en vra hom om my te help die studeur kamer in orde te kry. Hy was so ongeduldig en ongeskik dat hy my met die skuif van kas omgestamp
het. Ek was in trane en nadat sy pa huis toe gekom het was daar baie harde woorde gespreek en hy het klere gepak en gese hy gaan na sy vriend se huis. Ek het die hele nag deur gehuil. Wat doen ons verkeerd ons het daardie kind so lief gee my raad asb.
Hi almal met tieners. Ek lees deur al hierdie goed en besef dat daar verskeie moeilike lewensvaardighede nodig is om ‘n tiener te verstaan en die nodige leiding te gee. Die eerste en seker die belangrikste en die moeilikste, onvoorwaardelike liefde. Ek bly lief vir jou al doen jy wat! Hulle moet dit hoor.
Tweedens geduld by biljoene. Emosionele intelligensie kom hier handig te pas. Dink wat jy vir jou tiener se en hoe jy dit së. As jy skree het jy klaar verloor.
Jy kies en jy dra die verantwoordelikheid is baie moeilik vir ouers om toe te laat (tensy natuurlik lewensgevaarlik). Niks is quickfixes nie…. so probeer weer en weer en weer en weer om jou verhouding met jou tiener te behou al is dit ‘n minder goeie verhouding. Moenie kinderagtig raak nie. Tieners floreer daarop.
Ettienne ek het al met tieners te doen gehad wat wonderlik gebaat het by BOYS TOWN AS die ouers en ander belanrike persone deel uitmaak van sy ervaring. Van die seuns wat regtig moeilike tieners was het selfs oorsese beurse gekry om te studeer. Dit hang af van die seun se gesindheid en die gesin se samewerking. Gee ‘n tiener advies en staan terug hoe moeilik ookal. Probeer dit en laat weet of dit ‘n verskil maak. As julle boys town oorweeg gaan sien ‘n maatskaplike werker wat in julle omgewing werk.