Archive for May 15th, 2008

15
May
08

DIE EINDE VAN TWEE BESONDERE WEKE

Ek sal vanmiddag 16:00 lughawe toe vertrek om Scot en Kris McKnight te gaan afsien wanneer hulle teruggaan na die North park University in Chicago. In hierdie twee weke het ek en Renate en Scot en Kris goeie vriende geword en het die Here hom gebruik om weer my geloof te versterk.

Ek het Scot McKnight leer ken toe ek in Augustus/September 2007 vir opleiding in Pittsburgh in die VSA was. Ek het ‘n manier gesoek om vir die mense by die huis en veral ons kinders op hoogte te hou met wat aan die gebeur was. Toe ontdek ek “blogs” en ek begin skryf elke dag hoe dit met ons gaan en wat ons doen.

Op ‘n stadium kom ek toe agter dat hier nogal ‘n redelike “blog-wêreld” is en begin wonder of dit dalk ‘n manier is om die waarheid, die evangelie aan mense te verkondig. . Ek het begin kyk wat ander ouens op hulle blogs doen en toe “google” ek “Christian blogs” en een van die “blogs” waarop ek toe afkom is Scot McKnight se blog, Jesus Creed. Deur sy blog en die kommentaar wat ek so nou en dan gelewer het, het ek hom leer ken.

In November 2007 het ons besluit om hom te nooi om Pinkster in Rustenburg te kom hou, en ek was heeltemal uit die veld geslaan toe hy redelik vinnig instem om wel te kom. Ek moes my huiswerk doen om seker te maak dat hy nie teologies op ‘n wa sal wees wat omstrede sou wees nie. Ons het behoefte gehad aan ‘n Pinkstertyd waar ons positief opgewonde kon raak oor die werk van die Heilige Gees in ons tyd en nie ‘n tyd waar ‘n teologiese stryd gevoer word omdat die prediker een omstrede uitlating na die ander maak nie. Scot was alles wat ons verwag het, en nog meer. Continue reading ‘DIE EINDE VAN TWEE BESONDERE WEKE’




Kalender

May 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie tel nou eintlik?

  • 96,826 hits

 

May 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

RSS JESUS CREED

RSS DING SE STOEP

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS HEILIGE BRANDBOUD

  • Trap September 9, 2009 roelfopperman

RSS FLIPPIEFANUS

  • Ge … November 2, 2009 flippiefanus