Archive for April, 2008

30
Apr
08

LUISTER NA PREKE

Scot McKnight besoek Rustenburg volgende week en ons gaan die klank van die dienste ook op internet beskikbaar stel. Ons doen bietjie van ‘n proeflopie met my laaste preek. Jy kan hier daarna luister. Ek hoor graag jou mening en as dit goed gaan, gaan ons op ‘n meer gereelde basis preke hier plaas.

30
Apr
08

NIE MEER ‘N VAKANSIEDAG NIE

More is dit veertig sedert Paasfees. Veertig dae sedert die kerk Jesus se opstanding gevier het. More vier die kerk oor die hele wêreld die hemelvaart van ons Here Jesus. Tot 1994 was hemelvaartdag ‘n openbare vakansiedag in Suid Afrika, nou nie meer nie. Verskeie Christen-sakemanne hanteer die dag nog steeds soos ‘n vakansiedag. Ek weet ook van ‘n hele paar van ons lidmate wat elke jaar op hierdie dag verlof vat.

In ons eie gemeente was dit vir ons ‘n nuwe uitdaging om die belangrike dag in die kerk te bly vier. Op een of ander manier het ons by ‘n stil nagmaal uitgekom. Op die Donderdag is die kerk van 06:00-08:00 en 18:00-20:00 oop. Elke persoon kan op sy eie tyd inkom aan die hand van ‘n handleiding stil word en wanneer hy/sy reg is vorentoe stap en dan sal een van die leraars vir hom/haar nagmaal bedien. Continue reading ‘NIE MEER ‘N VAKANSIEDAG NIE’

29
Apr
08

PREEK: SONDAG 28 APRIL 2008

Dit gaan nog steeds doller as kop af. Ek is besig met finale reëlings met betrekking tot Scot McKnight se besoek aan Suid Afrika wat Saterdag begin.

Ek het gister in ons gemeente uit Filippense 2:12-18 gepreek.

Ek het voorberei om hierdie aanhaling uit Thabo Mbeki se biografie te gebruik, maar op die laaste oomblik gedink dat die enkele aanhaling dalk al die ander dinge wat ek wil sê kan neutraliseer, met die gevolg dat ek dit nie gebruik het nie.

Ek is baie bewus van Thabo Mbeki se tekortkominge en onvermoë om werklik ‘n staatsman van formaat te wees en sy mislukking as bemiddelaar in Zimbabwe, wat tot gevolg gehad het en steeds tot gevolg het dat baie mense van Zimbabwe baie swaar kry. Tog het hierdie woorde in sy biografie het my laat dink: Continue reading ‘PREEK: SONDAG 28 APRIL 2008′

29
Apr
08

Mighty Men Conference

Ek kon nie self daar wees nie, maar ek sou bitter graag wou. Is hier iets aan die gebeur?

Die reuse tent op ‘n afstand.

Grootste tent in di wêreld.

Al die motors wat geparkeer was. Continue reading ‘Mighty Men Conference’

25
Apr
08

WAAR HET ONS VERKEERD GEGAAN?

Scot McKnight (Hy land volgende Vrydag in Suid Afrika om Pinkster in Rustenburg te kom hou, en ook lesings te gee by twee Universiteite), vestig vanoggend my aandag op hierdie “post” van Dawn Husnick. Nadat ek dit gelees het en bewus daarvan dat ek nie kans kry om te skryf nie, “paste” ek dit hier.

HOMELESS SCHIZOPHRENEC?

In my years in the ER, I saw Jesus daily doing His Kingdom work in and through a group of His followers. It was a true expression of the church. One day stands out beyond all the others and left me radically changed forever. It was the day I saw Jesus face to face…

‘Give us hearts as servants’…was the song they were singing as I left the church service heading off for my second 12 hour shift in row. Weekends in the ER can be absolutely brutal! I was physically and emotionally spent as I walked up to the employee entrance. The sound of ambulances and an approaching medical helicopter were telltale signs that I would be literally, hitting the ground running.

“Dawn…can you lock down room 15?” yelled out my charge nurse as I crawled up to the nurse’s station. (When someone asked for a lock down it was usually a psychiatric or combative case). Continue reading ‘WAAR HET ONS VERKEERD GEGAAN?’

24
Apr
08

SORRY OOR DIE STILTE

Ek vra nederig om verskoning dat ek so stil is, maar ek vat regtig nie grond nie. Die stilte is waarskynlik net vir twee weke waarna ek weer gereeld sal begin skryf.

15
Apr
08

SYPAADJIE DEMOKRASIE

Ongeveer ‘n maand terug kry ek dr. Jan du Plessis van INTERSEARCH se nuusbrief van vir Februaurie. Hy gebruik toe die term SYPAADJIE DEMOKRASIE. Die parragraaf lees soos volg:

Manifestation of pavement democracy
The functional decay of Government will inevitably lead to a loss of sovereignty as people take over traditional government functions as their own responsibility. This will be addressed in every city suburb, small town and farming community where people accept responsibility for their own interests, because their environment has become “governmentally empty”. Continue reading ‘SYPAADJIE DEMOKRASIE’

13
Apr
08

LANDMYNE EN GENADE

Ek het die naweek bietjie by die familie in Pietersburg gekuier en kon nie ‘n inskrywing maak nie. (Net te lekker gekuier.)

In my eie Bybel-studie is ek op hierdie stadium besig met ‘n in diepte studie van die Bergpredikasie (Matteus 5-7)

In ‘n groot mate het Jesus dit in die Bergpredikasie teen die Fariseërs. Die Fariseërs het besluit dat hulle die wet van God sal beskerm deur honderde klein wette te maak om te verseker dat mens nie die wet oortree nie. Tog maak Jesus uitsprake wat mens laat wonder watter rol genade in die lewe van die koninkryksmens speel. Is die pad na die koninkryk van die hemel dan nie op die ou end vol landmyne nie?

In Matteus 5:17-20 staan hierdie woorde: Continue reading ‘LANDMYNE EN GENADE’

10
Apr
08

KONINKRYKSMENSE vs. KERKMENSE

Ek het al agtergekom dat heelwat van die mense wat hier lees eintlik nie ‘n baie groot liefde vir die kerk het nie. In sekere gevalle wil dit vir my voorkom asof die mense hulleself ook nie Christene wil noem nie. Ek dink maar aan ‘n inskrywing wat VRYDENKER ‘n paar dae terug gemaak het. Ek het nogal begrip vir mense wat so voel.

Ons moet natuurlik besef dat die koninkryk van God nie gelyk is aan die kerk nie en dat die kerk ook nie gelyk is aan die koninkryk van God nie. Met ander woorde daar is mense wat deel is van die koninkryk van God, maar nie deel is van die kerk nie, en daar is mense wat deel is van die kerk, maar nie deel is van die koninkryk van God nie. Koninkryksmense wat nie deel is van die kerk nie het dikwels in die kerk seergekry of is bitter teleurgestel in die kerk en die manier waarop die kerk funksioneer. Die kerk bestaan egter uit mense, met die gevolg dat die seerkry en die teleurstelling deur mense veroorsaak is. Continue reading ‘KONINKRYKSMENSE vs. KERKMENSE’

09
Apr
08

CARPE DIEM

In die tronk, sonder rede in die tronk. Tog is hierdie man se getuienis “want ek weet dat alles op my redding sal uitloop…” In hierdie omstandighede weet Paulus dat hy ondersteuning van twee oorde kan verwag.

(i) DIe ondersteuning van vriende se gebed. (want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid…)

Paulus het nooit so belangrik of geestelik so volwasse geword dat hy nie meer aanspraak gemaak het op die gebede van sy vriende nie. Hy het altyd geweet dat nie hy of enige iemand anders enige iets kan doen sonder gebed nie.

In die tyd waarin ons lewe het gebed byna oorbodig geraak. Die indruk wat ek soms by mense kry, is dat hulle nie regtig daarvan oortuig is dat gebed ‘n verskil kan maak nie. Het die mense in ons dag dalk so onafhanklik en selfstandig geraak dat ons nie meer God se ondersteuning wat deur gebed verkry word nodig het nie?

(ii) Ondersteuning van die Heilige Gees. (… want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan.)

Die teenwoordigheid van die Heilige Gees is die vervulling van die Here Jesus se belofte dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie en dat Hy aan ons ‘n ander Trooster gaan stuur om vir altyd by ons te wees. Continue reading ‘CARPE DIEM’




Kalender

April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie tel nou eintlik?

  • 95,844 hits

 

April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

RSS DING SE STOEP

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS HEILIGE BRANDBOUD

  • Trap September 9, 2009 roelfopperman

RSS FLIPPIEFANUS

  • Ge … November 2, 2009 flippiefanus